{"id":1389,"date":"2021-02-05T06:26:37","date_gmt":"2021-02-05T04:26:37","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1389"},"modified":"2021-02-05T06:26:37","modified_gmt":"2021-02-05T04:26:37","slug":"dagstuk-05-februarie-2021-lig-van-die-morester","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1389","title":{"rendered":"Dagstuk 05 Februarie 2021 \u2013 Lig van die M\u00f4rester"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Openbaring 22:16-21 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v16

Op 22:16 \u2013 \u201cEk, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder M\u00f4rester.\u201d

Terwyl ons daagliks leef in die lig wat God se Woord vir ons gee, is ons maar al te bewus van die baie skaduwees en talle donker plekke wat ons omring.\u00a0 \u00a0Heimlik begeer ons \u2018n plek waar die magte en kragte van die duisternis nie meer vrees kan bring nie. In ons soeke hierna bewerk God keer op keer \u2018n uitkoms.\u00a0 Hy bring ons by ons eindbestemming.\u00a0 Hierdie eindbestemming bring vreugde en blydskap.

Vir die volk Israel het God \u0149 vuurkolom gegee sodat hulle deur die woestyn koers kon hou.\u00a0 Vir die manne uit die ooste is daar \u0149 ster wat hul na Jesus in Bethlehem lei. Vir seevaarders het die sterre aan die hemelruim rigting gegee. Vir ons is daar die M\u00f4rester waarvan Johannes skryf aan gelowiges wat destyds vervolg is en baie ontberinge verduur het.

Reeds in Numeri 24:17 is daar \u0149 verwysing na hierdie ster: \u201cDaar kom ‘n ster uit Jakob, daar staan ‘n heerser in Israel op. Hy verpletter die voorkop van Moab, hy vernietig al die opstandiges.\u201d Die helder m\u00f4rester is die helderste ster in die hemelruim net voor die daglig deurbreek. Dit is anders as die ander sterre. Die verskyning van die M\u00f4rester bevestig dat die nag (duisternis) amper verby is.\u00a0
Daarom bring die beeld van die M\u00f4rester vir ons elkeen geweldig troos.\u00a0 Dit is die bewys dat selfs die donkerste nag ook verbygaan.\u00a0 Ons word bemoedig. Met die M\u00f4rester kom daar die hoop van \u2018n nuwe dag.\u00a0 Sonder die ster sou ons sekerlik verdwaal. As Jesus in Op 22:16 na Homself as die M\u00f4rester verwys,\u00a0 verseker Hy ons dat Hy my sal kom haal.\u00a0
Van Hom straal daar Ewige lig uit. Na sy bekendstelling in Jh 8:12 dat Hy die lig vir die w\u00eareld is, ontmoet ons Hom weer in Openbaring 22:16 as ons Verlosser.
Jy is dalk in die greep van die sonde vasgevang sonder enige hoop. Jy het menslik gesproke \u0149 punt bereik waar jy geen lig meer sien nie. Werkloosheid, honger, onsekerheid, en die vrees vir die onbekende hang soos \u0149 donker wolk oor jou kop. Daar is uitkoms.

Wanneer Jesus as M\u00f4rester op die horison verskyn, weet ek dat alle donker verdwyn.\u00a0\u00a0

Dors vir meer:
Op 21:22-27

Gebed
Vader, rig ons o\u00eb op die helder M\u00f4rester. Dankie dat ons in die Lig wat van U afstraal kan leef. Amen

Petrus van Blerk
0824560235

<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Openbaring 22:16-21 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v16 Op 22:16 \u2013 \u201cEk, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder M\u00f4rester.\u201d Terwyl ons daagliks leef in die lig wat God se Woord vir ons gee, […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1389"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1389"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1389\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1390,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1389\/revisions\/1390"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1389"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1389"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1389"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}