{"id":1387,"date":"2021-02-03T06:59:43","date_gmt":"2021-02-03T04:59:43","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1387"},"modified":"2021-02-03T06:59:43","modified_gmt":"2021-02-03T04:59:43","slug":"dagstuk-03-februarie-2021-lewe-lig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1387","title":{"rendered":"Dagstuk 03 Februarie 2021 \u2013 Lewe lig"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jh 8:12-20 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: Jh 8:12<\/p>\n\n\n\n<p>Jh 8:12 \u2013 \u201cEk is die lig vir die w\u00eareld. Wie My\nvolg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig h\u00ea wat lewe gee.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie uitspraak van Jesus is dit so\nhelder soos daglig dat Hy aan sy volgelinge hoop gee. Soos wat lig die\nduisternis verdryf, sal daar deur die optrede van gelowiges lewe volg. Die\nkleinste flitslig se strale word in die grootste vertrek sigbaar. \u0149 Enkele\nstraal verbreek die stik donkerte. <\/p>\n\n\n\n<p>Nou verseker hierdie beeld van Jesus gelowiges\ndaarvan dat hul die lig het wat lewe gee.&nbsp; Met die skepping het God beveel\ndat daar lig moet wees. En daar was lig. \u0149 Nuwe begin het aangebreek. Deur God\nse genade en Christus se verlossingswerk ontvang ons lig wat lewe gee. Ons word\nGod se Ligdraers. Dit is genade wat my vrymaak van die magte van die\nduisternis, maar dit bring ook die verantwoordelikheid om die lewendmakende\nkrag van God met my optrede te verkondig.<\/p>\n\n\n\n<p>Die grootheid hiervan laat ons terugdeins. God\ngee aan die mens die vermoe\u00eb om lewend te maak. Ons ontvang die Heilige Gees\nsodat ons nie in algehele duisternis en verlorenheid hoef rond te swerf nie.\nGod het \u0149 doel met my lewe. God gebruik my om lewe te gee.&nbsp; Dan verstaan\nek skielik die sin van alles. Ek moet God se lig lewe. Met my optrede weerkaats\nek God se liefde en genade. Soos wat \u0149 spie\u00ebl gedraai word om die meeste strale\nvan die son te weerkaats, moet ek my optrede so inrig dat ek ander se omstandighede\nverhelder. <\/p>\n\n\n\n<p>Die weerkaatsing van die son se strale kan die\noog verblind.&nbsp; Wanneer ek Jesus volg moet ek seker maak dat ek mense nie\nmet my optrede verblind nie, maar so sigbaar wees dat ander in die lig wat skyn\nhul pad maklik sal vind.&nbsp; Soms mag ek dalk in die pad van God se lig staan\nen met my optrede \u0149 skaduwee maak waarin ander mense moet leef.&nbsp; Daarom\nmoet ons na elke opdrag van ons Here luister.&nbsp; Deur Hom te volg lewe ek\nlig.&nbsp; Dit is ons elkeen se plig. <\/p>\n\n\n\n<p>Neem tyd om die donker kolle in jou eie lewe en\nrondom jou te identifiseer. Laat God se Heilige Gees jou lewe beheer.&nbsp; Dan\nhet jy die Lig wat lewe gee. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>2\nTim 3:10-16<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nleer my om nie in iemand anders se lig te staan nie. Dankie dat die Heilige\nGees ons lei om in U lig te lewe.&nbsp; Dankie dat U die duisternis oorwin het.\nAmen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jh 8:12-20 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: Jh 8:12 Jh 8:12 \u2013 \u201cEk is die lig vir die w\u00eareld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig h\u00ea wat lewe gee.\u201d Met hierdie uitspraak van Jesus is dit so helder soos daglig dat Hy aan sy volgelinge hoop gee. Soos [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1387"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1387"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1387\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1388,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1387\/revisions\/1388"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1387"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1387"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1387"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}