{"id":1374,"date":"2021-02-01T06:19:54","date_gmt":"2021-02-01T04:19:54","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1374"},"modified":"2021-02-01T06:19:54","modified_gmt":"2021-02-01T04:19:54","slug":"dagstuk-01-februarie-2021-lewende-lig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1374","title":{"rendered":"Dagstuk 01 Februarie 2021 \u2013 Lewende Lig"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jh 8:12-20 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: Jh 8:12<\/p>\n\n\n\n<p>Jh 8:12 \u2013 \u201cEk is die lig vir die w\u00eareld.\nWie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig h\u00ea wat lewe\ngee. \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Op treffende wyse gebruik Jesus in\nJohannes 1 en 8 beelde om ons verhouding met Hom te beskryf. Al hierdie beelde\nis opvallend want dit vertel iets van Jesus se Persoon en optrede en dit word\ndeur die Here Self gebruik.&nbsp; Christus se bedoeling hiermee was om ons te\nleer hoe om Hom te volg. Dit alles bepaal ons verhouding met Hom.<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus se beskrywing in Jh 8:12 word\nreeds in die verhaal van God se skepping gehoor.&nbsp; Ons lees in Gen 1:1 dat\nGod die hemel en die aarde geskep het. Die Almagtige God se stem word gehoor\n&#8211;&nbsp; \u201cLaat daar lig wees. En daar was Lig.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In die eerste woorde van die Bybel is God se bedoeling\nreeds duidelik. Die Almagtige skep en gee lig. Dit is \u0149 getuienis oor God, oor\nsy grootheid, mag, en sy majesteit. Omdat Hy alles gemaak het, behoort alles\naan Hom en voer Hy heerskappy oor alles wat bestaan. Hy het aan alles plek en\norde gegee, en Hy hou alles in stand. <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Christus dan in Jh 8:12 s\u00ea dat Hy die lig vir die\nw\u00eareld is, word dit duidelik dat ek hieraan deel het deur Hom. Christus se\nbegin is by God Self.&nbsp; Christus is daar sodat ons verlos kan word.&nbsp;\nOmdat Hy die Woord is, kan Hy vir ons verlossing bring.&nbsp; As Seun van God\nhet Hy alle mag en gesag in die hemel en op die aarde.<\/p>\n\n\n\n<p>Die beeld wat Jesus\ngebruik sluit aan by die gebeure wat in Johannes 8 afspeel. Daar was\nfeesvieringe en Jesus bevind Hom saam met \u2018n klompie mense in die tempel se\nvoorhof.&nbsp; Tydens die huttefees het die volk kerse gebrand om hulle aan die\nvuurkolom te herinner wat tydens die uittog uit Egipte aan hulle gegee is. Te\nmidde hiervan s\u00ea Jesus dat Hy die Lig vir die w\u00eareld is&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Kom ons kyk nou na die betekenis\nhiervan.&nbsp; Lig is altyd positief en gee rigting en leiding. Lig dui op God\nse teenwoordigheid. Lig laat groei en lewe. Ons besef maar al te goed hoe\nhopeloos ons sonder lig is. \u0149 Kragonderbreking wat enkele ure duur,&nbsp; maak\nons hopeloos verward en moedeloos. \u2018n Lewe sonder Christus is ondenkbaar. <\/p>\n\n\n\n<p>Waar Christus se lig skyn, is daar sekere radikale gevolge.\nAs Christus die lig van my lewe is, sal dit my gesindheid en lewensuitkyk\nradikaal verander.&nbsp; Met die volgende dagstukkie leer ons meer wat dit\nbeteken om in die lig of in die donker te lewe.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm 27<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U\nmy lamp helder laat skyn en lig gee as dit donker is om my. U woord is die lamp\nwat my die weg wys, die lig op my pad. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235\n<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jh 8:12-20 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: Jh 8:12 Jh 8:12 \u2013 \u201cEk is die lig vir die w\u00eareld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig h\u00ea wat lewe gee. \u201d Op treffende wyse gebruik Jesus in Johannes 1 en 8 beelde om ons verhouding met Hom te beskryf. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1374"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1374"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1374\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1375,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1374\/revisions\/1375"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1374"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1374"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1374"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}