{"id":1325,"date":"2020-12-10T06:49:30","date_gmt":"2020-12-10T04:49:30","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1325"},"modified":"2020-12-10T06:49:30","modified_gmt":"2020-12-10T04:49:30","slug":"dagstuk-10-desember-2020-dink-aan-die-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1325","title":{"rendered":"Dagstuk 10 Desember 2020 \u2013 Dink aan die toekoms"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Romeine 5:1-11\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v1<\/p>\n\n\n\n<p>Rm 5:1 \u2013 \u201c<a>Daarom is daar\nnou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus<\/a>.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Paulus se Brief aan die Romeine vertoon baie\nooreenkomste met die verloop van \u0149 hofsaak.&nbsp; Vanaf hoofstuk 5 lewer die\nregter uitspraak. Hierdie beslissing is bepalend vir alles wat nog voorl\u00ea. Daar\nis aangetoon dat die mens bo alle redelike twyfel nie as regverdig beskou kan\nword nie. (Rom 3:10)&nbsp; Almal verwag dat die Regter die doodsvonnis gaan\naankondig.&nbsp; In plaas van die verwagte en byna logiese doodsvonnis\nbeklemtoon Paulus dat daar nou vrede tussen God en die mense is.&nbsp;\n&nbsp;&nbsp;&nbsp; &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Meteens verdwyn die somber en\ndonker verlede met \u0149 blik op die toekoms. Vrede beteken die afwesigheid van\nalles wat die mens van God vervreem het. Deur Jesus Christus het ons nou weer\nhoop om deel te h\u00ea aan die heerlikheid van God.&nbsp; Ons kan die toekoms\ntegemoet stap met die sekerheid dat ek nie meer in vyandskap met God leef\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>God skenk aan ons sy\nondeurgrondelike liefde. God het ons vrygespreek en skenk aan ons vrede, vrye\ntoegang en ewige vreugde.&nbsp; Die vreugde is so kosbaar dat dit drie maal\nherhaal word. In vers 2, 3 en 11 beskryf Paulus hierdie opgewondenheid met die woordjie\n\u201cverheug\u201d wat absolute vreugde en opgewondenheid&nbsp; by ons bewerk.&nbsp; Dit\nlei tot hoop en ons word daardeur bemoedig om getrou te bly.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met\nons oog op die toekoms gerig beleef ons wel steeds elke dag swaarkry,\nontberings, verdrukking en lyde. Dit is soos \u0149 louteringsproses. Ons word deur\ndie Heilige Gees gelei om \u0149 bepaalde leefstyl te openbaar. In swaarkry moet ons\nvolhard.&nbsp; Deur volharding groei ons geloof en dit kweek hoop.&nbsp; Die\nHeilige Gees stort God se liefde en vreugde in ons harte uit.&nbsp; Daarom\nverdwyn die donker somber verlede telkens wanneer ons s\u00f3 aan die toekoms dink. <\/p>\n\n\n\n<p>In\ndie eerste elf verse van Romeine 5 wys die Heilige Gees ons op al die voordele\nwat die gelowige nou reeds geniet omdat hy deur die geloof in Christus\ngeregverdig is. Wanneer \u0149 mens in die Here en in sy werke roem, verheerlik jy\ndie Here. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nroem in die hoop op die heerlikheid van God. Dit is om met sekerheid en\nuitbundige vreugde uit te sien na die dag wanneer jy die heerlikheid van God\nkan sien en self in die heerlikheid kan deel.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom\nis daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm\n98<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nek wil U met my hele hart prys. Ek wil&nbsp; van u magtige reddingsdade\nvertel.&nbsp; U naam wil ek besing, o Allerhoogste.&nbsp; Dankie vir die vrede\nen vreugde wat U aan ons skenk. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Romeine 5:1-11\u00a0\u00a0 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v1 Rm 5:1 \u2013 \u201cDaarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.\u201d Paulus se Brief aan die Romeine vertoon baie ooreenkomste met die verloop van \u0149 hofsaak.&nbsp; Vanaf hoofstuk 5 lewer die regter uitspraak. Hierdie beslissing is bepalend vir alles wat nog voorl\u00ea. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1325"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1325"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1325\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1326,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1325\/revisions\/1326"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1325"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1325"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1325"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}