{"id":1323,"date":"2020-12-09T07:02:41","date_gmt":"2020-12-09T05:02:41","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1323"},"modified":"2020-12-09T07:02:41","modified_gmt":"2020-12-09T05:02:41","slug":"dagstuk-09-desember-2020-dink-aan-die-verlede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1323","title":{"rendered":"Dagstuk 09 Desember 2020 \u2013 Dink aan die verlede"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Romeine 4:1-12 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v3 <\/p>\n\n\n\n<p>Rm 4:3 \u2013 \u201c\u00c4braham het in God geglo, en God het\nhom vrygespreek.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Paulus se Brief aan die Romeine vertoon baie\nooreenkomste met die verloop van \u0149 hofsaak.&nbsp; In die eerste sewe hoofstukke\nword ons posisie voor God met \u0149 klagstaat vergelyk.&nbsp; In Romeine 3:10&nbsp;\nhoor die mens dat daar nie een is wat regverdig is nie. Die meeste hoorders was\nvertroud met die geskiedenis van hul stamvader Abraham.&nbsp; Met verwysing na\nAbraham lei Paulus hul om \u2018n les uit die verlede te leer. <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Paulus van Abraham se regverdiging deur\ndie geloof getuig, beklemtoon&nbsp; hy die groot genade van God. Dit is\ndieselfde genade wat die Here ook aan elkeen bewys wat nou in Jesus Christus\nglo. Deur hieraan te dink word ons in ons eie lewens deur die Gees gelei om dit\nvandag te gebruik wanneer ons oor ons posisie voor God besin.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In Abraham se optrede leer ons watter dinge vir\nons geloofslewe belangrik is.&nbsp; Ons ontvang geloof as deel van God se\ngenade. Ons word herinner aan al God se beloftes. Ware geloof fokus op die\nheerlikheid van God. En ons kan in ons daaglikse stryd slegs staande bly deur\nte steun op die krag van God.<\/p>\n\n\n\n<p>Hieruit is dit duidelik dat die mens homself\nnooit sal kan red nie.&nbsp; Die mens het geen verweer as die klagstaat van ons\noortreding aan die Regter oorhandig word nie.&nbsp; Die werklikheid is dat geen\nmens in staat is om die wet volmaak te gehoorsaam nie. Die mens wat dink dat hy\nmet goeie gedrag en gehoorsaamheid aan die wet aanspraak kan maak op\nverlossing, is besig om sy skuld te vermeerder. In die eerste vyftien verse van\nRomeine 4 sien ons dat Abraham nie geregverdig is omdat hy besny is of omdat hy\ndie wet gehoorsaam het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur aan die verlede te dink word ons gelei om\nop God se beloftes te vertrou. Abraham se naam word verander toe die Here aan\nhom \u0149 nageslag skenk.&nbsp; Op ho\u00eb ouderdom word \u0149 kind vir Sarai gebore.\nAbraham se geloof word versterk en beloon.&nbsp;&nbsp; Uit hierdie nageslag is\nChristus volgens God se bevel en belofte gebore. <\/p>\n\n\n\n<p>Omdat Abraham deur sy geloof in God versterk\nis, was hy vas oortuig dat God in staat is om te doen wat Hy beloof het. Hy is\nAlmagtig. So versterk God se optrede in die verlede ons geloof in die hede.\nVertrou op die Here terwyl ons daagliks die stryd aanpak en teen die sonde\nstry.&nbsp;&nbsp; Die Here maak self sy beloftes waar.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Heb\n11:1-12<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nbaie dankie vir soveel bewyse van U genade en liefde in die verlede.&nbsp; Dit\ngee ons moed vir die hede sodat ons steeds op U kan vertrou vir die toekoms.\nAmen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Romeine 4:1-12 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v3 Rm 4:3 \u2013 \u201c\u00c4braham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.\u201d Paulus se Brief aan die Romeine vertoon baie ooreenkomste met die verloop van \u0149 hofsaak.&nbsp; In die eerste sewe hoofstukke word ons posisie voor God met \u0149 klagstaat vergelyk.&nbsp; In Romeine 3:10&nbsp; hoor die mens [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1323"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1323"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1323\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1324,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1323\/revisions\/1324"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1323"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1323"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1323"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}