{"id":1321,"date":"2020-12-08T07:13:42","date_gmt":"2020-12-08T05:13:42","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1321"},"modified":"2020-12-08T07:13:42","modified_gmt":"2020-12-08T05:13:42","slug":"dagstuk-08-desember-2020-niemand-is-regverdig-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1321","title":{"rendered":"Dagstuk 08 Desember 2020 \u2013 Niemand is regverdig nie"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Romeine 3:9-26 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v10,22<\/p>\n\n\n\n<p>Rm 3:10 \u2013 \u201cDaar is nie een wat regverdig is\nnie. &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p><a>Mense se opinies is\nnogal belangrik. Ek hoor graag dat mense wat oor my praat, mooi dinge van my\nsal s\u00ea. <\/a>Niemand\nsal ooit \u0149 getuigskrif skryf waarin die persoon waaroor dit gaan as inherent\nsleg beskryf word nie.&nbsp; Paulus gebruik harde woorde om ons toestand te\nbeskryf. Dit geld vir almal sonder uitsondering. Woorde wat ons nie graag wil\nhoor nie.&nbsp; Met die aanhalings uit Psalm 14 gee Romeine 3 nie \u2018n goeie en\ngunstige beskrywing van die mens nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nafstootlike optrede van die mense vervul ons met weersin \u2013 afgedwaal, ontaard,\nkele is \u0149 oop graf, tonge wat bedrieg, giftige woorde en vergieting van bloed.\nOns sien oral die spore van verwoesting. Ons beleef dat mense nie vir God\nontsag het nie. Die mens is totaal verdorwe. Daar is geen mens wat onskuldig en\nvlekkeloos voor God is nie. En as \u0149 mens nie onskuldig voor die Here is nie, is\njy skuldig voor Hom. Daar is nie \u0149 ander moontlikheid nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie waarheid laat ons besef hoe verlore ons\nwerklik is.&nbsp; Dit laat ons sonder hoop en vreugde. Die somber beeld dwing\nmy om te luister na God se beoordeling van die mens. Elkeen word geroep om te\nantwoord op die vraag wat God van my dink?&nbsp; Na hierdie harde veroordeling\nluister ons nou verder wat God vanaf vers 21 vir my doen.<\/p>\n\n\n\n<p>God\nopenbaar sy liefde deur my te verlos uit hierdie ellendige posisie en my uit\ndie greep van die Satan te bevry. En omdat God ewig regverdig en waaragtig is,\nvernietig Hy die<\/p>\n\n\n\n<p>sonde\ndeur die sterwe en opstanding van sy Seun Jesus Christus. Ons deel in hierdie\nvreugde wanneer ons ons vertroue op Christus stel.&nbsp; God het Hom as offer\ngegee wat versoening bewerk het vir die wat glo.&nbsp; Elkeen wat hierdie\nvryspraak hoor word bemoedig. Teenoor die verdoemende woorde waarmee Paulus die\nmens se toestand aan die begin van Romeine 3 beskryf het, breek daar nou hoop\naan.&nbsp; God se genade is veel groter en laat ons deel in die heerlikheid van\nHom. Christus beheers nou my optrede en Hy skenk nuwe lewe. <\/p>\n\n\n\n<p>As\ndaar nou weer \u0149 getuigskrif van my gegee word, sien God nie my sondige bestaan\nraak nie. Christus getuig dat ek vrygespreek is. Mense se opinies is nogal\nbelangrik. Ek hoor graag dat mense wat oor my praat, mooi dinge van my sal s\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis veel belangriker dat jy vandag hoor wat God van jou s\u00ea!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Openbaring\n21:1-8<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nterwyl ons daagliks oorgelewer is aan die onreg en gevolge van die sonde gebeur\ndit maklik dat ons hoop verloor.&nbsp; Ons smag daarna om van die ellende\nverlos te word.&nbsp; Dankie dat U my beoordeel op grond van die\nverlossingswerk van Christus.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Romeine 3:9-26 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Teks wat tref: v10,22 Rm 3:10 \u2013 \u201cDaar is nie een wat regverdig is nie. &#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;.\u201d Mense se opinies is nogal belangrik. Ek hoor graag dat mense wat oor my praat, mooi dinge van my sal s\u00ea. Niemand sal ooit \u0149 getuigskrif skryf waarin die persoon waaroor dit gaan as inherent sleg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1321"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1321"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1321\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1322,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1321\/revisions\/1322"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1321"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1321"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1321"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}