{"id":1300,"date":"2020-11-27T06:46:40","date_gmt":"2020-11-27T04:46:40","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1300"},"modified":"2020-11-27T06:46:40","modified_gmt":"2020-11-27T04:46:40","slug":"dagstuk-27-november-2020-n-voorspoedige-reis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1300","title":{"rendered":"Dagstuk 27 November 2020 \u2013 \u0149 Voorspoedige reis"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:\u00a0 Ps 107:1-9\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v7<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 107:7 \u2013 \u201cHy het\nhulle op die regte pad gebring en by \u0149 bewoonde stad laat uitkom.&nbsp; \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dalk het jy al die frustrasie, vrees, spanning en\nverwyt beleef as jy op pad iewers heen verdwaal. Jy het dalk die verkeerde\nafrit geneem. Of die paaie het verander sedert jy laas daar was. Of jy was\nhardkoppig en wou nie na die aanwysings luister nie?<\/p>\n\n\n\n<p>In Psalm 107 ontmoet ons verskillende groepe wat ook\nverdwaal het.&nbsp; Die huidige omstandighede waarin ons leef, laat my ook voel\ndat ek besig is om te verdwaal.&nbsp; Ons het koers verloor en \u2018n gevoel van\nonsekerheid het begin posvat. In Psalm 107 luister ons na die digter se\nbelewenis.&nbsp; Hy wil die Here vir sy goedheid loof.&nbsp; Die volk Israel is\nuit ballingskap verlos \u2013 dit beklemtoon God se heerskappy en verlossing op alle\nterreine en in alle omstandighede.&nbsp; Daar is geen mens of situasie wat van\nGod se regeermag of beskikking uitgesluit is nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons is soms soos iemand wat in die woestyn reis of op\ndie see vaar. Ons is soms platgetrek deur donker omstandighede. Ons beleef die\nverpletterende gevolge van die sonde wat ons lewens verskeur.&nbsp; Dan kom\nneem die Here die stuur oor en bring Hy my op die regte pad om by \u2018n bewoonde\nstad uit&nbsp; te kom!&nbsp;&nbsp; Kom ons probeer die beeld verstaan met \u2018n\nbekende Afrikaanse idioom \u2013 Wat beteken dit wanneer ons iemand \u0149 voorspoedige\nreis toewens?&nbsp; Net alles van die beste om by jou bestemming uit te\nkom!&nbsp;&nbsp; Maar hier is dit die magtige God wat jou \u2018n voorspoedige reis\ntoewens.&nbsp; Nie net toewens nie, maar ook verseker.<\/p>\n\n\n\n<p>God bevry ons deur Christus se kruisdood en laat ons\nop \u0149 gelyk pad loop om die bewoonde stad te betree.&nbsp; Ons is elkeen na ons\neindbestemming op pad.&nbsp; In Ps 107 herinner die digter ons aan die Here se\ndade van trou.&nbsp; God gee weer hoop met bewyse uit die verlede. Wanneer ek\nsien hoedat Christus oor alles heers en hoe Hy sy liefde aan die kruis\nbeklemtoon het, laat dit ons met vertroue op ons lewenspad vertrek.&nbsp; Daar\nis geen einde aan God se liefde nie.&nbsp; So oorspan Ps 107 elke terrein van\nons lewe. Dit beklemtoon God se Almag, Soewereiniteit, Voorsienigheid, Liefde\nen Heerskappy.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As al hierdie waarhede in Christus saamtrek, is ek van\n\u0149 voorspoedige reis verseker.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer<\/p>\n\n\n\n<p>Op 21:1-8<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat\nek deur U Heilige Gees gelei word op my lewenspad. Dankie dat U my uit my\nellende gered het.&nbsp; Dankie dat U my op die\nregte pad bring.&nbsp; Ek\nwil U loof vir U troue liefde en al U wonderdade.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:\u00a0 Ps 107:1-9\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v7 Ps 107:7 \u2013 \u201cHy het hulle op die regte pad gebring en by \u0149 bewoonde stad laat uitkom.&nbsp; \u201d Dalk het jy al die frustrasie, vrees, spanning en verwyt beleef as jy op pad iewers heen verdwaal. Jy het dalk die verkeerde afrit geneem. Of die paaie het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1300"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1300"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1300\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1301,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1300\/revisions\/1301"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1300"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1300"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1300"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}