{"id":1296,"date":"2020-11-25T07:36:44","date_gmt":"2020-11-25T05:36:44","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1296"},"modified":"2020-11-25T07:36:44","modified_gmt":"2020-11-25T05:36:44","slug":"dagstuk-25-november-2020-eer-god-se-naam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1296","title":{"rendered":"Dagstuk 25 November 2020 \u2013 Eer God se Naam"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:\u00a0 Ps 115\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v1,18<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 115:1 \u2013 \u201cNie aan ons nie Here, nie aan ons\nnie, maar aan u Naam kom die eer toe&#8230;.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Waar ons gister na Psalm 29 kon luister en God\nse stem gehoor het, konfronteer Psalm 115 ons met God se Naam.&nbsp; Met\npragtige kontrasterende beelde tref die digter vergelykings tussen die lewende\nGod en dooie afgode.&nbsp; God se\u00ebn sy volk drie maal.&nbsp; Drie maal word\nbeklemtoon dat God beskerm.&nbsp; Vanuit die hemel is God in die w\u00eareld\nwerksaam!&nbsp; Ons leer wat dit beteken dat God in BEHEER is terwyl alles\nrondom my wankelrig is. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons hele lewe moet\nhierdeur beheers word. Alles wat ons dink, s\u00ea en doen moet daarop gemik wees om\nGod te verheerlik. Ons woorde en dade moet duidelik maak hoe goed en betroubaar\nons God is.&nbsp; Die doel waarvoor God ons geskep het, is om Hom in alles\ngroot te maak en te eer.&nbsp; Die leefwyse wat hier voorgehou word, bring\noneindige vreugde. <\/p>\n\n\n\n<p>Die ontstaan van Psalm\n115 is onbekend. Dit is asof die gelowiges wat Psalm 115 sing die Here smeek\ndat Hy weer sy mag sal vertoon soos destyds toe Hy Israel uit Egipte na die\nbeloofde land gebring het. Ons hoor die smekinge dat die Here moet optree, want\ndit voel dat die Here nie meer bestaan nie(v2).&nbsp; Vandag se gebeure laat\nons soortgelyke vrae vra. Gelowiges trek swaar. Ons land is onveilig en in\nchaos.&nbsp; \u0149 Groot deel van die bevolking is moedeloos en gefrustreerd met\ndie Covid 19 pandemie.&nbsp; Dit is nie ons naam wat op die spel is nie, maar\ndie Naam van God wanneer die w\u00eareld spottend vra: \u201cWaar is hulle God nou?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In antwoord hierop\nbeklemtoon Ps 115 drie waarhede. God se liefde, trou en genade het ons bewaar\nsodat ons nie tot niet sal gaan nie.&nbsp; Deur God se genade is ons in\nChristus uitverkies. Ons het kinders van God geword wat op sy beskerming kan\nreken. Teenoor God se vyande wat Hom teenstaan, is ons nou Christus se\nvolgelinge wat al die Here se se\u00ebninge beleef.&nbsp; Laastens herinner die\nHeilige Gees ons aan God se absolute soewereiniteit in vers 3.&nbsp; God is in\ndie hemel en alles wat Hy wil, doen Hy. <\/p>\n\n\n\n<p>Die digter verskuif ons\naandag na die nuttelose bestaan van afgode wat geen antwoorde kan bied nie om\nGod se Soewereiniteit te beklemtoon. Daarom kan ons seker wees dat Hy ook die\neer van sy Naam sal handhaaf in ons lewe.&nbsp; Hy het belowe om ons met alles\nte versorg wat ons nodig het en Hy sal die kwaad van ons afweer of tot ons\nbeswil beskik. <\/p>\n\n\n\n<p>Kyk na alles wat die\nHere in jou lewe gedoen het. Sy trou en liefde&nbsp; is inderdaad werklik. Mag\nons daarom nooit ophou om Hom te loof omdat Hy die eer van sy Naam daardeur\nhandhaaf nie. Wanneer jy oor alles in jou lewe nadink kry net God se Naam\nalleen die eer. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer<\/p>\n\n\n\n<p>Jes 42:1-9<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, U is die lewende God en doen alles wat U\nwil.&nbsp; Dankie dat U my liefhet en bewaar. Lei my om U elke dag te volg en\ndie roem van u Naam te verkondig.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:\u00a0 Ps 115\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v1,18 Ps 115:1 \u2013 \u201cNie aan ons nie Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe&#8230;.\u201d Waar ons gister na Psalm 29 kon luister en God se stem gehoor het, konfronteer Psalm 115 ons met God se Naam.&nbsp; Met pragtige kontrasterende beelde tref die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1296"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1296"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1296\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1297,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1296\/revisions\/1297"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1296"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1296"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1296"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}