{"id":1290,"date":"2020-11-24T06:57:29","date_gmt":"2020-11-24T04:57:29","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1290"},"modified":"2020-11-24T06:57:29","modified_gmt":"2020-11-24T04:57:29","slug":"dagstuk-24-november-2020-hoor-god-se-stem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1290","title":{"rendered":"Dagstuk 24 November 2020 \u2013 Hoor God se stem"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:  Psalm 29                           Teks wat tref: v2<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 29:2  \u2013 \u201cPrys die Here om die eer van sy Naam!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie Psalm tree ons in die wonderlike teenwoordigheid van ons Here wat sy stem sewe keer laat hoor. Dit vra dat ons Hom sal prys en laat ons in God se teenwoordigheid buig. Hiervoor word die hele skepping opgeroep: Hemelinge, waters van die aarde, seders van die Libanon, weerlig, woestyne, wildsbokke en paleise.  <\/p>\n\n\n\n<p>Niks en niemand kan God se heerlikheid ontkom nie. As God praat is sy stem MAGTIG en vol MAJESTEIT.  Daarom gebruik Dawid God se Verbondsnaam \u201cJAHWE\u201d . Aan die een kant word God beskryf soos in Psalm 29 \u2013 die magtige God wat soos &#8216;n storm \u2013 &#8216;n orkaan sy verskyning op die aarde maak, sodat die weer dreun, die bome oopgekloof word, die weerlig slaan, die woestyn bewe, die wildsbokke skrik, en die mense uitroep: &#8220;Hoe geweldig&#8221;.  En aan die ander kant word God beskryf soos in Genesis 3 waar hy in die gedruis van die aandwind in die Paradys wandel.  \u2013 Daar is Hy die God wat my opsoek.  Hier in Psalm 29 staan ons voor God se GROOTHEID.<\/p>\n\n\n\n<p>Die feit dat God as Koning verskyn beteken dat God magtig is, dat God regeer en dat God waardig is om ge\u00eber te word. God se STEM is SKEPPINGSMAGTIG. Psalm 29 leer ons nie HOE God geskape het nie, maar verkondig dit WIE die skepping tot stand gebring het. <\/p>\n\n\n\n<p>As God sy stem laat weerklink moet daar iets gebeur. In die skepping maar ook in en met my. Dit laat ons God prys en voor Hom buig.  God se stem gee aan my krag.  Daaroor kan ek nooit stilbly nie. Dit lei my om God te aanbid, te eer en te verheerlik.  Dit is om saam met almal in vers 9 uit te roep: &#8211; \u201cHoe geweldig\u201d.  Juig beteken om God te prys, te eer, te loof, te erken en te bely. <\/p>\n\n\n\n<p>Die belofte van krag en se\u00ebn in oorvloed bereik in vers 11 \u0149 ongekende hoogtepunt. God praat die hardste en duidelikste as Christus verskyn.  God se angswekkende verskyning in Psalm 29 bereik \u0149 einddoel.  Dit bewerk vrede.  Christus se liefde maak \u0149 einde aan die bliksemstrale wat my tref.  Christus se opstanding bring lewe, en dit in oorvloed, &#8211; ewige lewe. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit laat my uitsien om in God se teenwoordigheid te tree om Sy stem te hoor. Maak erns daarmee om God se stem te hoor. Sien raak hoe Hy die storms wat jou wil omdop afweer.  <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer<br>\nPs 92<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nHere, baie dankie dat die skepping U grootheid verkondig.  Groots is alles wat U doen,  Here, ondeurgrondelik u gedagtes. Dankie dat U my sterk maak. Dankie dat ek U stem kan hoor. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Psalm 29 Teks wat tref: v2 Ps 29:2 \u2013 \u201cPrys die Here om die eer van sy Naam!\u201d Met hierdie Psalm tree ons in die wonderlike teenwoordigheid van ons Here wat sy stem sewe keer laat hoor. Dit vra dat ons Hom sal prys en laat ons in God se teenwoordigheid buig. Hiervoor word [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1290"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1290"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1290\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1291,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1290\/revisions\/1291"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1290"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1290"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1290"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}