{"id":1284,"date":"2020-11-20T09:34:14","date_gmt":"2020-11-20T07:34:14","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1284"},"modified":"2020-11-20T09:34:14","modified_gmt":"2020-11-20T07:34:14","slug":"dagstuk-20-november-2020-saul-se-sonde-stapel-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1284","title":{"rendered":"Dagstuk 20 November 2020  Saul se sonde stapel op."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Samuel 22:6-23
Teks wat tref: 1 Samuel 22:17-18.<\/p>\n\n\n\n
Saul se sonde raak al hoe meer.  Waarin is hierdie sonde van hom gesetel?  In sy eie selfsugtige begeertes. Hy beleef dat Dawid meer liefde en aansien onder die volk beleef.  Van Dawid sing die mense: Saul het duisend verslaan, Dawid tienduisend.  Saul is jaloers en afgunstig op Dawid.  Saul beleef nie Dawid se oorwinning as \u0149 oorwinning vir hom en die volk nie.  Saul soek alleen die aandag en eer. Al is Dawid sy skoonseun, wil hy laat niks in sy pad staan om hom dood te maak nie.  Jonatan het vir Dawid gewaarsku van sy pa se plan en Dawid kon vlug vir sy lewe.  So het Dawid gekom by Agimelek in Nob en die priester het hom versorg en Goliat se swaard gegee.  Saul is woedend toe hy dit verneem.  Nou wil hy nie meer net vir Dawid doodmaak nie, maar die hele priester gemeenskap.  So vererger sonde as ons nie daarvan bekeer nie.  Dit begin met \u0149 klippie wat van \u0149 berg afrol en spoedig vererger dit tot \u0149 rotsstorting en dan is dit al hoe moeiliker om dit te keer.  Niemand van die volk waag dit om hul hand te lig teen die priesters van die Here nie.  Dit is die punt waar Saul moes besef, hierdie opdrag wat ek gegee het is baie verkeerd.  Maar wat doen Saul toe?  Hy soek verder na iemand wat saam met hom sal meedoen aan die sonde en vind dit in Do\u00ebg die Edomiet.  Do\u00ebg wat hoop op \u0149 aardse beloning van grondgebied.
\nHieruit sien ons weereens hoe belangrik is dit om nie toe te gee aan die selfvernietigende krag van jaloesie, jaloesie wat jou stroop van alle redelikheid.  Maak dood hierdie vlammetjie van haat as dit kop wil uitsteek in jou lewe.  Lewe vanuit die liefde wat daar vir ons is in Jesus Christus.  Streef daarna om die vrug van die Gees uit te leef.  Want deur Jesus Christus se kruisdood is daar nou vir vrede.  Ons kan laat gaan en vergewe, want soveel meer is van ons vergewe in Jesus Christus.  Moenie met die vlam van sonde gaan speel nie, dit gaan jou doodbrand.     <\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nGalasi\u00ebrs 5:13-26 en Romeine 12.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere dankie dat ek vrygemaak is van die slaweband van die sonde.  Lei my om nie toe te gee aan my sondige begeertes nie, maar om te leef volgens die vrug van die Heilige Gees. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n072 272 9631<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Samuel 22:6-23 Teks wat tref: 1 Samuel 22:17-18. Saul se sonde raak al hoe meer. Waarin is hierdie sonde van hom gesetel? In sy eie selfsugtige begeertes. Hy beleef dat Dawid meer liefde en aansien onder die volk beleef. Van Dawid sing die mense: Saul het duisend verslaan, Dawid tienduisend. Saul is jaloers […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1284"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1284"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1284\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1285,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1284\/revisions\/1285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1284"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1284"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1284"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}