{"id":1261,"date":"2020-11-13T08:03:51","date_gmt":"2020-11-13T06:03:51","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1261"},"modified":"2020-11-13T08:03:51","modified_gmt":"2020-11-13T06:03:51","slug":"dagstuk-12-november-2020-gaan-huis-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1261","title":{"rendered":"Dagstuk 12 November 2020 \u2013 Gaan huis toe"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte:  Lk 17:11-19                            Teks wat tref: v19<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 17:19 \u2013 \u201cEn vir hom s\u00ea Hy: Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Op hul reis na Jerusalem het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan.  Alhoewel dit \u0149 korter roete was, het die Jode hierdie pad vermy uit vrees vir kontak met die Samaritane.  By \u0149 sekere dorp kom tien melaatse mans Jesus tegemoet en pleit dat Hy Hom oor hulle sal ontferm.  Hulle het moontlik al van Jesus se talle wonderwerke gehoor en sien hierdie geleentheid as hul laaste kans op genesing.  Oral waar Jesus gegaan het, is siekes genees, bose geeste uitgedryf en dooies opgewek.  <\/p>\n\n\n\n<p>Melaatses is destyds uit die dorpe verban en moes letterlik vanaf die ashope leef.  Hulle is as onrein beskou en het geen regte of voorregte geniet nie.  Om te oorleef het hul in groepe versamel. Toe Jesus in die buitewyke van die dorp verskyn, weet hulle onmiddellik wie Hy is.  Die aanspreekvorm Jesus, Here toon dat hulle Hom erken en herken.  Daarmee betoon hulle tegelyk respek en onderdanigheid.  Hulle uitroep getuig van geloof dat Jesus hulle kan genees. Sonder dat hulle Hom al ontmoet het, pleit hulle dat Jesus Hom oor hulle sal ontferm.  Hulle maak nie aanspraak op enige voorkeur behandeling of beroem hulle nie daarop dat Jesus na hulle moet luister op grond van hul benarde posisie nie. Hulle het niks om vir Jesus in ruil aan te bied nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Hulle rig \u0149 opregte versoek dat hulle genees wil wees.  Dan sou hulle weer kon huis toe gaan en met hul geliefdes en families verenig word. Sonder \u0149 opspraakwekkende genesingswonder waarmee Jesus die skare kon be\u00efndruk stuur Hy die melaatses na die priesters. Dit was destyds die gebruik dat die priesters die melaatses rein verklaar waarna hul weer in die samelewing opgeneem kon word.  Inderdaad \u0149 vreemde opdrag. Indien hulle met hul melaatsheid by die priesters aankom, sou hulle dadelik weer verban word.  Jesus begelei die melaatses tot \u0149 geloofsdaad.  Hulle moet net aan Hom gehoorsaam wees. Op pad na die priesters het hulle gesond geword.  <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ons in \u0149 situasie is waar dit lyk dat daar nie uitkoms is nie, moet ons die Here blindelings vertrou en gehoorsaam.  Soms klink God se plan vir ons vreemd.  Hy verrig steeds wonders. Die melaatses word nie net genees nie maar ontvang ook redding. Hierdie redding kom net van God en daarom buig die een voor Jesus in aanbidding.  Hy gee aan God die eer. Daarby stuur Jesus hom terug huis toe om by sy geliefdes te wees.  <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus het ons van veel meer as melaatsheid kom genees.  As ek soms in wanhoop op grond van moeilike omstandighede en kwelvrae my letterlik op die ashoop buite die dorp bevind, kom red Jesus my. Nog veel meer. Hy het vir my \u0149 woonplek in die hemel voorberei.  <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer<br>\nJh 14:1-14 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nJesus, Here, ontferm U oor ons.  Maak my dankbaar vir die redding en genesing wat ek ontvang het.  Leer my om onvoorwaardelik te vertrou. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 17:11-19 Teks wat tref: v19 Lk 17:19 \u2013 \u201cEn vir hom s\u00ea Hy: Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.\u201d Op hul reis na Jerusalem het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Alhoewel dit \u0149 korter roete was, het die Jode hierdie pad vermy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1261"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1261"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1261\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1262,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1261\/revisions\/1262"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1261"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1261"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1261"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}