{"id":1241,"date":"2020-11-03T10:10:57","date_gmt":"2020-11-03T08:10:57","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1241"},"modified":"2020-11-03T10:10:57","modified_gmt":"2020-11-03T08:10:57","slug":"dagstuk-3-november-2020-die-here-roep-vir-samuel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1241","title":{"rendered":"Dagstuk 3 November 2020.  Die Here roep vir Samuel."},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Samuel 3
\nTeks wat tref: v10<\/p>\n\n\n\n
Hierdie gedeelte waar Samuel geroep word, is sekerlik die bekendste deel wat ons ken van Samuel.  Samuel wat slaap en deur die Here geroep word, maar dink dit is Eli wat hom roep.  Eli wat oud is en nie meer kan sien nie, maar Samuel wat nog \u0149 jong seun is.  In hierdie gedeelte sien ons weer vir verval wat daar in Israel was.  Nie net het die volk telkemale hulle rug op die Here gedraai nie, maar selfs die priesters in diens van die Here was nie meer besig om die Here te dien, maar hulself.  In hierdie tyd lees ons was openbaringe van die Here skaars.  Dit verbaas eintlik nie, want min mense het nog die Here gedien, selfs Samuel het nie die Here geken nie.<\/p>\n\n\n\n
\u0149 Jong seun word groot in die een plek waar jy die Here behoort te ken, maar ken Hom nie.  Alhoewel die volk hulle rug op die Here draai, het die Here nie sy volk vergeet nie.  Die Here roep Samuel in die middel van die nag terwyl die kandelaar nog brand en gee vir Samuel \u0149 boodskap oor die toekoms van Eli se huisgesin.  \u0149 Groot taak word op hierdie jong seun geplaas- hy moet die ouer priester gaan aanspreek oor sy sondes.  Eli het sy seuns aangespreek, maar hulle nie onthef van die priestersamp nie.  Eli het geleef met hierdie gedagte dat hy net vir sy seuns offers moet bring, dan is als weer reg, daarom noem die Here aan Samuel dat geen diereoffer of graanoffer hierdie ongeregtigheid kan versoen nie.  Wat is Eli se reaksie op hierdie boodskap?  In plaas van sy sonde raak te sien en versoening by die Here te soek, antwoord Eli dat die Here mos kan maak net wat Hy wil doen.<\/p>\n\n\n\n
Moenie laat ons soos Eli raak nie.  Mag ons altyd wanneer ons bewus gemaak word van ons sondes die begeerte wys om daarvan te wil bekeer.  Soos wat Christus ook die volk opgeroep het in Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en ges\u00ea: \u201cBekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.\u201d
\nBekeer vandag weer.  Daar is nie vir ons versoening in diere of graanoffers nie, maar in die versoening van Jesus Christus wat geoffer is.  Hoe leef ons dit uit as gelowiges?
\nOns is deur die Here geroep as priesters, profete en konings.
\nAs priesters is ons geroep om \u2019n lewe van dankbaarheid voor God te leef.
\nAs profete om sy Woord te verkondig, dit met woord en daad.
\nAs konings is ons geroep om die skepping te beskerm en te bewaar.<\/p>\n\n\n\n
Gebruik vandag om te lewe tot Sy eer, tot opbou van Sy koninkryk. Met alles wat jy is en het.
\nDie Here is Koning!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 74 en Deuteronomium 18.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere dankie dat U tot ons praat vanuit U Woord. Vergewe ons baie sondes en mag help ons om elke dag daarvan te bekeer en die nuwe lewe te leef wat U vir ons gee in Jesus Christus. Amen<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n072 272 9631<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Samuel 3 Teks wat tref: v10 Hierdie gedeelte waar Samuel geroep word, is sekerlik die bekendste deel wat ons ken van Samuel. Samuel wat slaap en deur die Here geroep word, maar dink dit is Eli wat hom roep. Eli wat oud is en nie meer kan sien nie, maar Samuel wat nog […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1241"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1241"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1241\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1242,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1241\/revisions\/1242"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1241"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1241"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1241"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}