{"id":1239,"date":"2020-11-02T08:22:46","date_gmt":"2020-11-02T06:22:46","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1239"},"modified":"2020-11-02T08:22:46","modified_gmt":"2020-11-02T06:22:46","slug":"dagstuk-2-november-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1239","title":{"rendered":"Dagstuk 2 November 2020"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Samuel 1
\nTeks wat tref: v11<\/p>\n\n\n\n
Wat was jou verwagtings vir 2020?  Wat is jou verwagting vir die res van November en Desember?  Ons almal het bepaalde verwagting en vooropstellings.  Hierdie week kyk ons na die lewe van Samuel die laaste rigter asook \u0149 profeet en priester in diens van die Here.
\nIn 1 Samuel kry ons baie vooropstellings en verwagtinge.  Elkana het sekerlik met Hanna getrou met die verwagting dat hulle sou kinders kry, maar dit het nie gebeur nie.  Hanna het teen die jaarlikse offermaaltyd in Silo opgesien, omdat Penina haar sou spot.  Eli sien vir Hanna bid, maar het die vooropstelling dat sy dronk is en stuur haar uit om nugter te word.<\/p>\n\n\n\n
So kan verwagtinge en vooropstellings goed wees.  Ons moet dit ook leef met verwagting.  So kan ons met vrymoedigheid na die Here kom omdat ons die verwagting het dat die Here ons gebede kan verhoor.  Hanna bid tot die Here die Almagtige  (Here van die Le\u00ebrskare), sy het die verwagting en die \u201cvooropstelling\u201d dat die Here alleen haar gebed kan antwoord. Kom na die Here in verwagting.  Hy alleen is die Almagtige, daar is vir God niks ontmoontlik nie.  Mag ons met vrymoedigheid nader in gebed en by die Here afsmeek wat ons nodig het. Fil .4:6 \u201cMoet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  So het Hanna Samuel van die Here afgesmeek, Samuel beteken \u201cdie Here hoor my\u201d en het sy ook in danksegging die Here vir hom gedank (kyk haar lied in 1 Samuel 2). Leer opnuut die Here reg ken deur Sy Woord, dan sal ons ook met die regte verwagtinge en voorveronderstellings tot die Here kan bid.<\/p>\n\n\n\n
Wie is jou Koning en na wie jy toe gaan met jou voornemens en verwagtinge?<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 104 en Filippense 4:2-9.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere die Almagtige, dankie dat U my ken en dat U dit moontlik maak dat ek U ken. Mag ek met die regte verwagtinge en voornemens leef en U nog beter leer ken.  Dankie vir U liefde deur Jesus Christus alleen.  Amen<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
\n072 272 9631<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: 1 Samuel 1 Teks wat tref: v11 Wat was jou verwagtings vir 2020? Wat is jou verwagting vir die res van November en Desember? Ons almal het bepaalde verwagting en vooropstellings. Hierdie week kyk ons na die lewe van Samuel die laaste rigter asook \u0149 profeet en priester in diens van die Here. In […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1239"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1239"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1239\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1240,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1239\/revisions\/1240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1239"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1239"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1239"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}