{"id":1233,"date":"2020-10-30T06:50:15","date_gmt":"2020-10-30T04:50:15","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1233"},"modified":"2020-10-30T06:50:15","modified_gmt":"2020-10-30T04:50:15","slug":"dagstuk-30-oktober-2020-wees-waaksaam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1233","title":{"rendered":"Dagstuk 30   Oktober 2020 \u2013 Wees waaksaam"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:21-29\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v21<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n7: 21 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d Nie elkeen wat vir My s\u00ea: \u2018Here, Here\u2019, sal in die koninkryk\nvan die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die\nhemel is. \u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Vanaf Mt 7:21 begin Jesus met die slotgedagtes\nvan sy Bergpredikasie.&nbsp;&nbsp; Die vermaning waarmee Hy reeds in Mt 7:13\nbegin het, word nou herhaal. Dit is God se bedoeling dat niemand uitgesluit sal\nword nie.&nbsp; Met die verwysing in v22 na daardie dag beklemtoon Jesus dat\nelke mense sal reageer op die onderrig waarmee Hy in die bergprediksie besig\nis.&nbsp; Daar sal \u0149 dag aanbreek wanneer die gelowiges se optrede getoets\nword.&nbsp; God se erfgename word opgeroep om met dade bewys te lewer dat hulle\naan Hom gehoorsaam is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>My geloof is oneindig meer as lippediens.&nbsp;\nDestyds het die skynheiliges geglo dat God hul gebede sal verhoor as hulle sy\nNaam twee maal gebruik. Hulle probeer ook daarop aanspraak maak dat God hul\noptrede raaksien en daarom soek hulle erkenning in die samelewing. Daar het\nwedywering ontstaan oor wie in Jesus se Naam gepreek het, bose geeste uitgedryf\nhet en wonders gedoen het. <\/p>\n\n\n\n<p>Hiermee wou hulle God be\u00efndruk en vir hulleself\n\u0149 ereposisie verwerf.&nbsp; Van ons Here Jesus Christus se mees verdoemende\nwoorde volg nou: \u201cEk het julle nooit geken nie. Gaan weg van my af, julle wat\ndie wet van God oortree.\u201d Later waarsku Jesus in Mt 24:24 dat daar vals\nchristusse en vals profete na vore sal kom. Elkeen wat die wet van God oortree\nsal nooit die koninkryk van die hemel be\u00ebrwe nie.&nbsp; Vir God se\nuitverkorenes het Christus aan ons Here se geregtigheid om die sonde te straf\nvoldoen, sodat ons vrye toegang kan h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar dan beteken dit nie dat ons nou\nselftevrede mag raak nie.&nbsp; Laastens verduidelik Jesus watter gesindheid en\noptrede God van sy kinders verlang. Die verwysing in Mt 7:24 dat elkeen wat\nhierdie woorde van Hom hoor verwys na die onderrig waarmee Hy reeds in Mt 5:2\nbegin het.&nbsp; Teenoor die valse gerustheid waarna Jesus in die vorige verse\nverwys het, verwag Hy nou \u0149 lewe van toegewyde afhanklikheid aan God.&nbsp; Ons\nlewe op aarde voor God word vergelyk met die bouwerk wat \u0149 verstandige man\naangepak het.&nbsp; Met hierdie kosbare beeld word ons vertroos en vermaan. Dit\nis algemeen bekend dat bouwerk op \u0149 vaste fondament gedoen sal word.&nbsp;\nHierdie fondament is Christus.&nbsp; Met inagneming van moontlike storms en ongure\nweer, sterk winde en vloedwaters word die gebroke w\u00eareld waarin ons woon\naangedui.&nbsp; Ons ken elkeen die aanslae van die Satan en die aanvalle van\ndie w\u00eareld wat ons daagliks beleef en trotseer.&nbsp; Leef dan voorbereid en\nslaan ag op Jesus se waarskuwing.<\/p>\n\n\n\n<p>God neem nie noodwendig altyd elke storm in my\nlewe weg nie, maar Hy stuur sy Heilige Gees sodat die bouwerk op rots gedoen\nword.&nbsp; As winde van verandering en vloedgolwe van die seer van die w\u00eareld\nons meesleur en wil oorweldig, kan ons by God skuil. God laat vaar nooit die\nwerke van Sy hande nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons lewe voor God is die bouwerk in sy\nKoninkryk.&nbsp; In Mt 5-7 het Christus die mense geleer wat God van ons\nverwag.&nbsp; Met die aanhoor hiervan was die skare verbaas oor sy onderrig,\n\u201cwant Hy het hulle geleer soos \u0149 man met gesag.\u201d&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Mag Christus se woorde jou raak met elke\nbesluit wat jy maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Jes\n66:1,2 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U my ken.&nbsp; Dankie dat U my deur&nbsp; Christus se woorde\nleer.&nbsp; Dankie dat U my deur die Heilige Gees bewaar.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van\nBlerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:21-29\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v21 Mt 7: 21 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d Nie elkeen wat vir My s\u00ea: \u2018Here, Here\u2019, sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. \u201d Vanaf Mt 7:21 begin Jesus met die slotgedagtes van sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1233"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1233"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1233\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1234,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1233\/revisions\/1234"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1233"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1233"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1233"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}