{"id":1230,"date":"2020-10-29T07:33:31","date_gmt":"2020-10-29T05:33:31","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1230"},"modified":"2020-10-29T07:33:31","modified_gmt":"2020-10-29T05:33:31","slug":"dagstuk-29-oktober-2020-watter-pad-is-die-beste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1230","title":{"rendered":"Dagstuk 29 Oktober 2020 \u2013 Watter pad is die beste?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:13-20\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v13<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n7:13 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d Gaan deur die nou poort in.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Vanaf Mt 7:13 gee Jesus&nbsp; \u0149 aantal algemene\nriglyne waarvolgens die burgers van sy Koninkryk moet leef.&nbsp; Dit is \u0149\ngepaste samevatting van die hele bergpredikasie wat reeds in Mt 5 begin het.&nbsp;\nJesus is steeds besig om vir ons te leer wat dit beteken om van God afhanklik\nte wees en fokus laastens op \u0149 aantal toepassings.&nbsp; Na die aanhoor van Sy\nwoorde word ons gelei om keuses te maak.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>God se kinders leef radikaal anders as die\nSkrifgeleerdes en skynheiliges waarteen Jesus herhaaldelik gewaarsku het. Almal\nhet Jesus se onderrig gehoor en moet nou daarop reageer. Jesus konfronteer ons\nnou en verwag \u0149 antwoord van jou.&nbsp; Baie mense luister maar net na Jesus se\nboodskap en stap onaangeraak verder aan.&nbsp; Die keuse waartoe Jesus ons\ngelei het raak jou eindbestemming.&nbsp; God wil verseker dat Sy kinders die\nkoninkryk van die hemel be\u00ebrwe (Mt 5:3)<\/p>\n\n\n\n<p>Vandaar Jesus se dringende waarskuwing dat ons\ndeur die nou poort moet ingaan.&nbsp; Die pad daarheen is moeilik en nie almal\nbereik daardie bestemming nie. Inteendeel beklemtoon Jesus dat hulle wat dit\nkry, maar min is.&nbsp; Hiermee spoor Hy ons aan om te volhard en doelgerig\nvolgens God se Woord te lewe.&nbsp;&nbsp; Dit verg groot inspanning en\nopoffering en daar sal struikelblokke wees. Om Jesus te volg vra \u0149 radikaal\nander leefwyse.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is \u0149 keuse om nie maar net saam met die\nstroom te beweeg en oral gemaklik in te skakel nie.&nbsp; As kind van God is jy\nanders en sal dit in jou lewenswe\u00eb duidelik sigbaar wees.&nbsp; Dit sal beteken\ndat mense soms spottend en verkleinerend na jou optrede en besluite sal\nverwys.&nbsp; Wees verseker dat jy in die spervuur van aanvalle sal wees as jy\ndie belange van God se Koninkryk verdedig.&nbsp; Staan op as die Here se Naam\ngelaster word. Reageer as wetgewing God se eer aantas. <\/p>\n\n\n\n<p>As Christene is ons geroep om sigbaar te wees.\nIn \u0149 verwarde w\u00eareld sal daar vals profete wees wat die mense mislei. Dit is\ndie Satan se belangrikste werk. Op ons reis na die nou poort sal hulle in\nskaapsklere na ons toe kom maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.&nbsp;\n\u201cAan hulle vrugte sal julle hulle ken.\u201d&nbsp; Deurdat die mens se optrede\nsigbaar is, word dit moontlik om hul motiewe te beoordeel.&nbsp; Druiwe groei\nnie aan \u0149 doringstruik en vye aan dissels nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie waarskuwing leer Jesus ons om seker\nte maak dat ons&nbsp; op&nbsp; die nou pad bly.&nbsp; Ons word ook vertroos dat\ndie slegte bome uitgekap en in die vuur gegooi sal word. Ons word vir ons reis\nversterk as ek weet dat Jesus die pad na sy Vaderhuis met sy verlossingswerk\naan die kruis vir ons voorberei het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Op watter pad loop jy vandag?<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Heb\n12:1-3<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndaar is soveel besluite wat ek daagliks moet neem. Maak my o\u00eb oop sodat ek U\nWoord my padkaart sal maak. Dankie dat U my nooit alleen laat. &nbsp;Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:13-20\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v13 Mt 7:13 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d Gaan deur die nou poort in.\u201d Vanaf Mt 7:13 gee Jesus&nbsp; \u0149 aantal algemene riglyne waarvolgens die burgers van sy Koninkryk moet leef.&nbsp; Dit is \u0149 gepaste samevatting van die hele bergpredikasie wat reeds in Mt 5 begin het.&nbsp; Jesus is steeds besig om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1230"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1230"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1230\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1231,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1230\/revisions\/1231"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1230"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1230"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1230"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}