{"id":1228,"date":"2020-10-28T08:07:41","date_gmt":"2020-10-28T06:07:41","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1228"},"modified":"2020-10-28T08:07:41","modified_gmt":"2020-10-28T06:07:41","slug":"dagstuk-28-oktober-2020-iemand-luister","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1228","title":{"rendered":"Dagstuk 28 Oktober 2020 \u2013 Iemand luister"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:7-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v11b<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n7:11 &#8211; &#8230;&#8230;\u201dhoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes\ngee aan di\u00e9 wat dit van Hom vra?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Na die verdoemende woorde van Jesus in die\nvorige vers dat die honde dit wat heilig is sal verskeur en die varke dit met\nhulle pote sal vertrap, is daar geen groter troos dat hulp naby is nie. Ons\nhoef net te vra, te soek en te klop. Die taalgebruik dui ook aan dat daar\nonmiddellike uitkoms sal wees.&nbsp; Dit is niemand anders as die Seun van God\nwat met die nodige gesag hierdie belofte gee.&nbsp; In watter situasie ek my\nook al mag bevind, sal die Here deur sy Heilige Gees my nooit alleen laat\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons ontmoet Jesus hier waar Hy drie keer&nbsp;\ndie versekering gee dat ons nooit in vrees en bewing hoef te lewe nie.&nbsp;\nHyself is my Reisgenoot. Sou Jesus se woorde hier dan beteken dat ek letterlik\nenige iets kan vra en dat ek dit outomaties sal kry?&nbsp; Is dit dan nou\nmoontlik om al my versoeke by die Here af te laai en siedaar kry en net wat ek mag\nbegeer?<\/p>\n\n\n\n<p>Beslis nie. Vir die behoorlike verstaan van die\nBybel geld die beginsel dat ons die konteks waarbinne \u0149 gedeelte geskryf is sal\nbegryp. &nbsp;Indien dit waar is dat God vir my alles wat ek begeer sal gee,\nbestaan die gevaar dat ek dan op enige iets aanspraak mag maak. Al sou dit teen\nGod se wil gaan.&nbsp; In wese is die mens as gevolg van ons sondige aard\ningestel op ons eie begeertes en behoeftes.&nbsp; Daar bestaan inderdaad grense\nvir dit wat ek mag vra.&nbsp; In sy Wet het God die grense vasgestel.&nbsp;\nDaarom kan ek nie verwag om iets te kry wat in&nbsp; stryd is met God se Wil\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is juis \u0149 bewys van God se genade dat Hy\nons versoeke temper om te verseker dat ons sy opdrag om Hom bo alles en ons\nnaaste soos onsself lief te h\u00ea sal uitvoer. Met Jesus se verdere verduideliking\nin vers 9 leer ons die konteks waarbinne ons die gedeelte moet verstaan.&nbsp;\nNet so onvanpas en ongehoord dit sou wees om \u0149 klip in die plek van brood of \u0149\nslang in de plek van \u0149 vis aan iemand in nood te gee, sou dit wees as God bloot\nnet enige versoek sou toestaan. Omdat Hy ons lief het, sal Hy juis seker maak\ndat ons beste belang gedien word.&nbsp; Met die verwysing na ons Vader wat in\ndie hemel is dui Jesus God se Almag en Soewereiniteit aan. As Skepper en\nOnderhouer regeer en bestuur Hy die skepping so dat daar harmonie en vrede sal\nwees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is genade dat God so ons welwese\nverseker.&nbsp; Dit is ook genade dat God ons uitnooi om te vra, te soek en te\nklop. Dit gee ons vrymoedigheid om in elke situasie waarin ek my mag bevind tot\nHom te nader.&nbsp; As Vader, wat goed is, weet Hy wat vir my die beste\nis.&nbsp; As ons binne hierdie liefdesverhouding wat God gee funksioneer,\nverstaan ek dat God ons gebede verhoor deur te verseker dat sy Wil geskied en\ndat Hy ons bo alles versorg en bewaar.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met \u0149 laaste verwysing in vers 12 dui Jesus die\ngesindheid aan waarmee ons moet vra.&nbsp; Ek moet aan die belange van my\nnaaste dink. \u201cAlles wat julle wil h\u00ea dat die mense aan julle moet doen, moet\njulle ook aan hulle doen.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Gebedsverhoring beteken nie dat ek alles wat ek\nbegeer sal ontvang nie, maar dat die Here vir my sal gee wat vir my die beste\nis.&nbsp; Moet nooit ophou om te vra, te soek en te klop nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Kol\n3:1-17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat ons met vrymoedigheid tot U mag nader. Dankie dat U weet wat ons\nelke dag nodig het.&nbsp; Lei my dat ek U liefde sal uitdra . Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:7-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v11b Mt 7:11 &#8211; &#8230;&#8230;\u201dhoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan di\u00e9 wat dit van Hom vra?\u201d Na die verdoemende woorde van Jesus in die vorige vers dat die honde dit wat heilig is sal verskeur en die varke dit met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1228"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1228"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1228\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1229,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1228\/revisions\/1229"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1228"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1228"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1228"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}