{"id":1226,"date":"2020-10-27T07:12:08","date_gmt":"2020-10-27T05:12:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1226"},"modified":"2020-10-27T07:12:08","modified_gmt":"2020-10-27T05:12:08","slug":"dagstuk-27-oktober-2020-wees-konsekwent","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1226","title":{"rendered":"Dagstuk 27 Oktober 2020 \u2013  Wees konsekwent"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n7:5 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien\n&#8230;&#8230;\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In die laaste gedeelte van Jesus se\nbergpredikasie begin Matteus 7 met die toepassing van Jesus se onderrig. Ons\nlees dit teen die agtergrond van Matteus 5 waar die betekenis van ons\nburgerskap van God se koninkryk beskryf is.&nbsp; Daarna het ons geleer wat die\nimplikasie hiervan is deurdat ons \u0149 verskil in die w\u00eareld moet maak deur sout\nen lig te wees.&nbsp; In \u0149 w\u00eareld en samelewing gebeur dit maklik dat elkeen na\ndie beste van ons vermo\u00ebns probeer oorleef.&nbsp; In hierdie proses sal mense\nnie skroom om op \u0149 ander te trap om hul eie belange te bevorder nie. Al sou dit\ndubbele standaarde vra, verontskuldigings beteken en huigelagtige optrede verg.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is gewoonlik baie maklik om die foute en\ntekortkominge van ander uit te wys sodat my eie optrede geregverdig kan word.&nbsp;\nOns hoor dikwels in gesprekke dat ander mense so of so maak en is ons vinnig om\ndaarop te reageer.&nbsp; Niemand wil in \u0149 swak lig gestel word nie.&nbsp; My\noptrede teenoor ander moet altyd aan die beginsel van regverdigheid\nvoldoen.&nbsp; Jesus se verduideliking hieroor is baie eenvoudig en\nprakties.&nbsp; As jy iets sou koop en vir een kilogram daarvan betaal, verwag\njy om een kilogram te ontvang.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Maar dit gaan oor veel meer as handeldryf en\nekonomiese eerlikheid.&nbsp; In my optrede moet ek altyd daarmee rekening hou\ndat God alles wat ek doen raaksien.&nbsp; Hy is Alomteenwoordig en Hy verwag\ndat Sy standaarde gehandhaaf word.&nbsp; Ons hoor soms die volgende gesegde:\n\u201cMoenie maak soos ek maak nie, maar maak soos ek s\u00ea.\u201d&nbsp; So asof daar twee\nstelle re\u00ebls bestaan. Solank ek net nie benadeel word nie, is ek maar tevrede.\nAs jy aan die \u201cuitdeel kant\u201d staan maak seker dat jy aan die \u201contvang kant\u201d\ndieselfde sal kry. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons mag redeneer dat hierdie dubbele standaarde\nnie regtig bestaan nie.&nbsp; Met die beeld van die splinter in jou broer se\noog wys Jesus die mens se ware kleure.&nbsp; Ons is maar so geneig om die fout\nby ander te vind, dat die balk in ons eie oog ons blind maak om regverdig op te\ntree.&nbsp; Hiermee leer Jesus ons om gereeld selfondersoek te doen.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Niemand sal iets wat baie kosbaar is vir die\nhonde en varke gooi om te verskeur en te vertrap nie.&nbsp; Jesus waarsku ons\ndat die handhawing van dubbele standaarde en die selfverontskuldigende optrede\npresies hierop neerkom.&nbsp; Om regverdig en met edel inbors te leef is so\nkosbaar dat Jesus daarvoor die woord heilig gebruik.&nbsp; Destyds is honde en\nvarke as onrein beskou. <\/p>\n\n\n\n<p>Met Jesus se afwysing van inkonsekwente optrede\nbesef ons opnuut hoe groot die prys was wat vir ons verlossing betaal is. As\nGod volgens ons standaarde sou meet was daar vir ons geen hoop nie. Deur God se\ngenade is die balk uit ons oog verwyder sodat ons die werklikheid van ons\nverlossing kan raaksien. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n22:34-40 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nweerhou my daarvan om selfsugtig op te tree.&nbsp; Leer my om versigtig te\noordeel en met my optrede teenoor ander U liefde uit te dra.&nbsp; Verwyder die\nbalk uit my oog sodat ek opreg mag lewe.&nbsp; Beskerm ons teen die w\u00eareld wat\nwil verskeur en vertrap. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 7:1-6\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5 Mt 7:5 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien &#8230;&#8230;\u201d In die laaste gedeelte van Jesus se bergpredikasie begin Matteus 7 met die toepassing van Jesus se onderrig. Ons lees dit teen die agtergrond van Matteus 5 waar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1226"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1226"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1226\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1227,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1226\/revisions\/1227"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}