{"id":1221,"date":"2020-10-23T07:41:20","date_gmt":"2020-10-23T05:41:20","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1221"},"modified":"2020-10-23T07:41:20","modified_gmt":"2020-10-23T05:41:20","slug":"dagstuk-23-oktober-2020-maak-oop-jou-oe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1221","title":{"rendered":"Dagstuk 23 Oktober 2020 \u2013 Maak oop jou o\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:22-24\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v23b<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n6:23- &#8230;. \u201cAs die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus verplaas nou die aandag weg van ons harte\nna ons o\u00eb.&nbsp; Nadat Hy in die vorige verse ons&nbsp; op die waarde van\nskatte laat fokus het, volg daar nou \u0149 ernstige&nbsp; vermaning. Dit sluit nou\naan by die&nbsp; waardevolle skat wat jy in jou hart bewaar.&nbsp; Jesus\nwaarsku hier teen dinge wat ons verblind.&nbsp; Dit is skielik nie meer die\ngedrag van die skynheiliges wat onder skoot kom nie, want Jesus konfronteer die\ngelowiges direk. \u201cAs jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig h\u00ea. \u201c (Mt\n6:23)<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus wil God se volgelinge retrospeksie laat\ndoen.&nbsp; Hierdie gedeelte vra \u0149 ondersoek na die dinge waarmee ek my besig\nhou.&nbsp; As iets aan die lig gekom het, beteken dit dat die waarheid se\u00ebvier.\nDie gebruik van lig as simbool van die waarheid word nou verder\nverduidelik.&nbsp; Dit is so maklik dat die mens in sy strewe na rykdom so\nverblind word dat daar nie meer perspektief gehou word nie.&nbsp; In Lk\n11:34-36 word hierdie dwaasheid vergelyk met iemand wat \u2018n lamp opsteek en dit\nonder \u0149 emmer gaan wegsteek.&nbsp; Dit help ook nie om te redeneer dat dit wat\ndie oog nie sien nie, die hart nie seermaak nie. Hierdie verontskuldiging word\ndeur Jesus afgekeur. Die liggaam reageer negatief as die oog sleg\nis.&nbsp;&nbsp; Dit lei tot duisternis en \u0149 lewe sonder God.&nbsp; Dit het\nrampspoedige gevolge. Donker dui hier op die belewenis van absolute&nbsp;\ngodverlatenheid.&nbsp; Met duisternis word die mens se sondige bestaan\naangetoon.&nbsp; Daar bestaan geen middeweg nie.&nbsp; As mens sou ons dikwels\nnog kompromie\u00eb wil aangaan.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met \u0149 verdere verduideliking word dit deur\nJesus afgewys.&nbsp; As gevolg van die sonde en die mens se oordrewe hunkering\nom altyd net te wen, konfronteer Jesus sy volgelinge. Hy weet hoe maklik ons\nafskeep&nbsp; en maar alte graag die prominente plekke inneem.&nbsp; Dan gebeur\ndit maklik dat jy of die een belangriker ag en die ander een afskeep.&nbsp;\nDaar waar jou oog fokus op God verloor tree Mammon na vore.&nbsp; Hierdie\nbenaming is gebruik vir aardse besittings, geld en rykdom. Kortom sluit dit\nalles wat my volle aandag van God aftrek in. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons word gelei om sekere keuses te maak.&nbsp;\nLuister na Jesus se dringende wekroep dat ons ons o\u00eb moet oopmaak. Laat jou lig\nso skyn dat jy \u0149 lamp vir iemand anders op die pad is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps\n123 en Lk 11:34-36<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie vir U Woord as \u0149 Lamp op ons pad.&nbsp; Dankie dat Christus ons van die\nduisternis bevry het. Stuur U Gees om ons pad daagliks te verlig.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:22-24\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v23b Mt 6:23- &#8230;. \u201cAs die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!\u201d Jesus verplaas nou die aandag weg van ons harte na ons o\u00eb.&nbsp; Nadat Hy in die vorige verse ons&nbsp; op die waarde van skatte laat fokus het, volg daar nou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1221"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1221"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1221\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1222,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1221\/revisions\/1222"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1221"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1221"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1221"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}