{"id":1219,"date":"2020-10-22T06:36:50","date_gmt":"2020-10-22T04:36:50","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1219"},"modified":"2020-10-22T06:36:50","modified_gmt":"2020-10-22T04:36:50","slug":"dagstuk-22-oktober-2020-gaan-bere-dit-in-die-kluis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1219","title":{"rendered":"Dagstuk 22 Oktober 2020 \u2013 Gaan b\u00eare dit in die kluis."},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:19-21\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v21 <\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n6:21-&#8230;.\u201dWaar jou skat is, daar sal jou hart wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In\nsy wese is die mens \u0149 versamelaar en word daar gewoonlik streng maatre\u00ebls\ngetref om kosbare skatte veilig te hou.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nhuidige astronomiese misdaadsyfers, vlaag van geweld, aanvalle en korrupsie\nnoodsaak elke landsburger om oor ons eiendom,&nbsp; besittings en kosbare lewe\nte waak.&nbsp; Hoe ho\u00ebr die waarde van die skatte, hoe groter is die risiko. <\/p>\n\n\n\n<p>Om\nJesus se opdrag in Mt 6: 19 te verstaan moet ons die konteks waarbinne dit\ngeskied begryp.&nbsp; In die vorige verse het Jesus duidelik aangetoon dat die\nmens selfgesentreerd leef en meestal net aan homself dink.&nbsp; Die\nskynheiliges wou alle aandag op hul sogenaamde voorbeeldige gedrag vestig.\nDaarom basuin&nbsp; hulle dit uit wanneer hul armes help (6:2), gebruik hulle \u0149\nstortvloed van woorde as hulle bid (6:7) en loop hulle met lang gesigte rond as\nhulle vas (6:16)<\/p>\n\n\n\n<p>As\nJesus die opdrag gee dat ons nie skatte op aarde bymekaar moet maak nie, raak\nHy een van die mens se diepste wroeginge aan.&nbsp; Die skatte waarna verwys\nword dui op baie meer as blote materi\u00eble besittings.&nbsp; Ons heg baie waarde\naan aardse besittings en die dinge wat ons op aarde bymekaar gemaak het, is\ngewoonlik van groot waarde.&nbsp; Allereers vergeet ons dat alles van God kom\nen dat dit wat ek ontvang het net maar genade is.&nbsp; Met hierdie opdrag wil\nJesus ons op die dinge wat belangrik vir ons lewe is laat fokus.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die\nskatte op aarde het geen permanente waarde nie.&nbsp; Ons weet maar alte goed\nhoe maklik mot en roes dit verniel en was al heel moontlik die slagoffer van\nmisdadige optrede.&nbsp; Dit is nie Jesus se bedoeling dat ek niks mag besit\nnie.&nbsp; Inteendeel is dit juis ons opdrag om my besittings, kennis en gawes\naan te wend om my naaste se welstand en belange te bevorder.&nbsp; Jesus\nwaarsku dat ek met die regte gesindheid sal optree en dat liefde my optrede sal\nbepaal.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis belangriker om skatte te versamel waarvan die waarde nooit sal verminder\nnie. Aardse skatte is onderworpe aan gunstige rentekoerse, effekte beurse en\nbehoorlike bestuur.&nbsp; Daarteenoor word hemelse skatte deur Christus\nbewaar.&nbsp; Boonop skenk Hy dit aan ons. &nbsp;Die kosbaarste skat wat alle\nander dinge in waarde ver oortref, is dat ons deur Christus van die dood bevry\nis.&nbsp; Dat ek mag deel h\u00ea aan die ewige lewe en God se nabyheid kan\nervaar.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer\nek weer die waarde hiervan bereken, sal my hart op geen ander plek kan wees\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Rm\n8:31-39 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat daar niks is wat my van U liefde kan skei nie. Lei&nbsp; my om te\nweet dat alles wat ek ontvang het net uit U hand kom.&nbsp; Heilige Gees,\ndankie dat ons teen mot, roes en misdadigers beskerm word.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:19-21\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v21 Mt 6:21-&#8230;.\u201dWaar jou skat is, daar sal jou hart wees.\u201d In sy wese is die mens \u0149 versamelaar en word daar gewoonlik streng maatre\u00ebls getref om kosbare skatte veilig te hou.&nbsp; Die huidige astronomiese misdaadsyfers, vlaag van geweld, aanvalle en korrupsie noodsaak elke landsburger om oor ons eiendom,&nbsp; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1219"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1219"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1219\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1220,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1219\/revisions\/1220"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1219"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1219"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1219"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}