{"id":1216,"date":"2020-10-21T06:30:37","date_gmt":"2020-10-21T04:30:37","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1216"},"modified":"2020-10-21T06:30:37","modified_gmt":"2020-10-21T04:30:37","slug":"dagstuk-21-oktober-2020-wat-eet-ons-vanaand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1216","title":{"rendered":"Dagstuk 21 Oktober 2020 \u2013 Wat eet ons vanaand?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:16-18\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v18<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n6:18 &#8211; &#8230;&#8230;.. \u201cJou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Met die gebed in die vorige verse het Jesus ons\nin sy Vader se teenwoordigheid gebring.&nbsp; Daar is ek veilig. Daar is ek\nrustig. Daar ontvang ek God se beloning. Ek is so kosbaar vir die Here dat Hy\nbesorgd is oor selfs elke ete.&nbsp; Iets so gewoon as my eetgewoontes is deel\nvan God se versorging van sy kinders.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met \u0149 verdere afkeurende verwysing na die\noptrede van die skynheiliges, leer Jesus ons wat dit beteken om opreg en eerlik\nte wees.&nbsp; Hy is steeds besig om ons voor te berei om as burgers van sy\nkoninkryk te leef.&nbsp; Dit raak ons siel, liggaam en gees.&nbsp; Soos die\ndigter in Psalm 139 skryf is God met al my we\u00eb bekend.&nbsp; My sit, staan of\nwaarheen ek gaan is in Sy hande.&nbsp; Ook die manier waarop ek voedsel en\nversorging van Hom ontvang.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit was \u0149 redelike algemene gebruik om vir \u0149\ntydperk te vas. Dit is ook in die Ou Testament vir die Here se volk\nvoorgeskryf.&nbsp; Daar is geglo dat die afwesigheid van voedsel jou aan die\nHere se getroue en onverdiende versorging sou herinner.&nbsp; Dit kon ook help\nmet \u0149 reinigingsproses vir die liggaam.&nbsp; Dit was \u0149 tyd van afsondering van\nalles om jouself aan die Here te wy. Die skynheiliges het die bedoeling\nverkeerd verstaan en verdraai. Weereens het hulle die Here se opdrag\nmisken.&nbsp; Christus het hulle by twee vorige kere al daarop gewys dat God\ndie bedoeling van ons harte raaksien en beoordeel.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Pleks daarvan dat hulle nader aan God lewe,\nfokus die skynheiliges op hulleself deur hulle gesigte te mismaak.&nbsp;&nbsp;\nDaarmee laat hulle die blydskap en dankbaarheid om deur God gevoed en versorg\nte word, verdwyn.&nbsp; Letterlik lyk dit amper of hulle hul neuse optrek vir\ndie kos wat voorgesit word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus leer ons die ware betekenis van vas.\nWanneer jy jou hare en gesig was, dui dit daarop dat jy jou deeglik voorberei\nom moontlik saam met iemand aan tafel aan te sit.&nbsp; Dan word die maaltyd \u0149\nfeestelike byeenkoms.&nbsp; Christus&nbsp; gebruik dikwels die beeld van \u2018n\nmaaltyd om ons verhouding&nbsp; met God te beskryf.&nbsp; Daar is geen groter\nbeloning as om saam met God aan die tafel van die uitverkorenes te kan sit nie.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie gedeelte wys Jesus vir ons baie\nduidelik watter gedrag by God se kinders pas. Of jy nou sit, staan, loop of\neet&nbsp; &#8211; doen dit tot God se eer.&nbsp; In Lukas 5:33-39 leer Jesus ons meer\noor die gesindheid wanneer ek vas.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons sien uit na die Bruilofsmaal van die Lam\nvan God waarmee Christus ons volkome gered en gevoed het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lk\n5:33-39<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U ons van elke dag se brood voorsien. Dankie dat ons U versorging in\nalles kan sien.&nbsp; Lei my deur U Gees om na die Bruilofsmaal uit te sien.\n&nbsp;Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:16-18\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v18 Mt 6:18 &#8211; &#8230;&#8230;.. \u201cJou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.\u201d Met die gebed in die vorige verse het Jesus ons in sy Vader se teenwoordigheid gebring.&nbsp; Daar is ek veilig. Daar is ek rustig. Daar ontvang ek God se beloning. Ek is so kosbaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1216"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1216"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1216\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1217,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1216\/revisions\/1217"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}