{"id":1214,"date":"2020-10-20T07:35:51","date_gmt":"2020-10-20T05:35:51","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1214"},"modified":"2020-10-20T07:35:51","modified_gmt":"2020-10-20T05:35:51","slug":"dagstuk-20-oktober-2020-ons-vader-weet-alles","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1214","title":{"rendered":"Dagstuk 20 Oktober 2020 \u2013 Ons Vader weet alles"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:5-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v8b<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 6:8-&#8230;..\u201d want julle Vader weet wat julle\nnodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat Jesus nog \u0149 keer die skynheilige optrede\nvan die Farise\u00ebrs en skrifgeleerdes afgewys het, gee Hy aandag aan ons\nverhouding met sy Vader.&nbsp; Deur gebed beleef ons die nouste en intiemste\noomblikke saam met God.&nbsp; Teenoor die optrede van ander stel Jesus dit nou\nduidelik wat belangrik is.&nbsp; Ons moet nie fokus op wat ander mense kan\nraaksien nie. Jesus beklemtoon dat ons Vader my sien.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit beteken dat God van elke aspek van my\nbestaan weet. Ons Here ken ons hartseer, vreugde, woorde, gedagtes en wense.\nNog voordat ek iets s\u00ea, en lank voordat enige gedagte by my opgekom het, weet\nGod dit reeds.&nbsp; Die skynheilige gebede op die straathoeke en die\nstortvloed van woorde wat mense soms gebruik het geen waarde nie. Dit is \u0149\nharde veroordeling wanneer Jesus dit afwys. Wanneer jy jou verbeel dat jy\nbelangrik is of dat jou gebede God sal be\u00efnvloed, sal jy gee beloning ontvang\nnie. <\/p>\n\n\n\n<p>Die aantal woorde van my gebed is ook nie vir\nGod belangrik nie.&nbsp; God wat ons harte ken en met ons we\u00eb bekend is wil nie\nen kan nie be\u00efndruk word met ons eiegeregtigheid nie. Ons Vader verlang \u0149\nopregte hart en nederige gesindheid.&nbsp; Met ons gebedslewe moet dit duidelik\nword dat ek my vertroue volkome in die Here stel. &nbsp;Mt 6:8-&#8230;..\u201d want\njulle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die gesindheid waarmee ek bid is vir die Here\nbelangriker as die woorde wat ek gebruik.&nbsp; My gebed weerspie\u00ebl iets van\ndie mate waarin ek in afhanklikheid van God leef.&nbsp; Waar Jesus in Mt 5:1-12\ndie karaktertrekke van die kinders van God beskryf het,&nbsp; is dit treffend\ndat Hy juis nou in die bergpredikasie aandag gee aan gebed.&nbsp; Gebed is\ndaarom nie die nakoming van wettiese re\u00ebls of openbare optrede nie, maar eg\ndeel van my daaglikse lewe.&nbsp; Deur na jou kamer te gaan en die deur toe te\nmaak verseker dat jy in stilte oomblikke saam met God kan verkeer.&nbsp; Vir\nHom is dit die belangrikste.&nbsp; Nie wat ander mense dink of watter opinies\nander mense van jou het nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierna leer Jesus ons watter woorde wel\nbelangrik is.&nbsp; My gebed begin en eindig met God se Koninkryk.&nbsp; In\naansluiting by die se\u00ebnbedes waarmee die bergpredikasie begin het, en waar\nJesus ons geleer het wat dit beteken om erfgename van God se Koninkryk te wees,\nfokus die Onse Vader op God se Almag, Wil, Naam en Koninkryk.&nbsp; Daarna kry ons\nbehoeftes aandag en sluit die gebed af met die bede dat God al die eer\nkry.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons Here Jesus Christus se lewe is die grootste\nbewys daarvan dat ons Vader alles weet wat ons nodig het. In daardie vertroue\nkon Hy die Kruis oorwin en sit Hy nou saam met die Heilige Gees aan God se\nregterhand om steeds vir ons te bid.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Laat dit die gesindheid bepaal waarmee ons bid.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ef\n1:15-23<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nVader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word, laat<\/p>\n\n\n\n<p>u\nkoninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die<\/p>\n\n\n\n<p>aarde.\nGee ons vandag ons daaglikse brood, en vergeef ons ons skulde,<\/p>\n\n\n\n<p>soos\nons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie,<\/p>\n\n\n\n<p>maar\nverlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die<\/p>\n\n\n\n<p>krag\nen die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:5-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v8b Mt 6:8-&#8230;..\u201d want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.\u201d Nadat Jesus nog \u0149 keer die skynheilige optrede van die Farise\u00ebrs en skrifgeleerdes afgewys het, gee Hy aandag aan ons verhouding met sy Vader.&nbsp; Deur gebed beleef ons die nouste en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1214"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1214"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1214\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1215,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1214\/revisions\/1215"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}