{"id":1212,"date":"2020-10-19T07:51:19","date_gmt":"2020-10-19T05:51:19","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1212"},"modified":"2020-10-19T07:51:19","modified_gmt":"2020-10-19T05:51:19","slug":"dagstuk-19-oktober-2020-is-jy-links-of-regs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1212","title":{"rendered":"Dagstuk 19 Oktober 2020 \u2013 Is jy links of regs?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:1-4\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v3b<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 6:3 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d moet\njou <a>linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie<\/a>.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus\nis steeds besig om vir ons te leer wat dit beteken om van God afhanklik te wees\nen deel te h\u00ea aan sy Koninkryk. Hy skram nie daarvan weg om moeilike\nvraagstukke aan te spreek nie.&nbsp; Teenoor die gebruike wat die godsdienstige\nleiers die mense opgel\u00ea het bring Jesus se onderrig \u0149 nuwe bedeling wat die\nsamelewing drasties verander.&nbsp; Wel wetende dat die mens se optrede dikwels\ndie goedkeuring van ander soek en dat dit \u0149 sekere aansien kan bewerk, waarsku\nHy dat ons niks mag doen om deur die mense raakgesien te word nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Sodanige\noptrede word afgewys en daar sal boonop geen beloning van ons Vader in die\nhemel ontvang word nie.&nbsp; Dit is so teenstrydig met ons verwagtinge.&nbsp;\nOns ontvang graag erkenning wanneer ons aan iemand goed doen. Ons hoor dikwels\ndat die verloop van gebeure en die gunstige afloop van \u0149 situasie te danke is\naan die hulp van iemand besonders.&nbsp; Ons hoor van \u0149 ruim skenking wat\ngemaak is, van die donateurs wat geweldig be\u00efndruk was met die sukses wat\nbehaal is danksy die tydige hulpverlening en van die tyd wat afgestaan is om \u0149\ndoelwit te bereik.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Sonder\nom te veralgemeen gebruik Jesus \u0149 voorbeeld&#8230;&#8230;&#8230;. \u201cas jy die armes help,\nmoet dit nie uitbasuin nie.\u201d&nbsp; Hiermee l\u00ea Hy \u0149 beginsel vas.&nbsp; Dit is\nskynheilige optrede om die lof van mense te verkry.&nbsp; Daarna leer Hy ons\nwatter optrede sy liefde die beste sal dra.&nbsp; As ek aan iemand sou goed\ndoen en weet dat ek nie van hulle lof sal ontvang nie, is dit gewoonlik maklik\nom na die w\u00eareld te draai om lof te verwerf.&nbsp; Dit was meestal die geval\ndat die ontvanger van \u0149 weldaad nooit in staat sal wees om dieselfde te kan\nterug gee nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis Jesus se bedoeling dat ons nie w\u00eareldse standaarde sal toepas nie maar dat\nons&nbsp; optrede eerder deur liefde gedryf sal word.&nbsp; Dit sluit nou aan\nby Jesus se preek in Mt 5:2-12 oor die mense wat werklik gelukkig is.&nbsp;\nHulle leef, doen en gee anders. <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus\nvra hier tegelyk dat ons vrygewig en eerlik sal wees. Om net met een hand te\ngee beteken letterlik dat die ander hand nie die maat en hoeveelheid kan beheer\nof bepaal nie.&nbsp; In \u0149 Westerse w\u00eareld waarin wins, aandele, suksesvolle\nsakebestuur, groei en die beskerming van bates dikwels voorop geplaas word,\nbeveel Jesus die teendeel.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hy\nvra ons harte veel meer as ons hande.&nbsp; Dit is radikale optrede.&nbsp; Dit\nvra moed en dapperheid om in volle vertroue te gee en te weet dat die Here sal\nbeloon.&nbsp; Om met die linkerhand te gee sonder dat die regterhand daarvan\nweet,&nbsp; getuig van oorgawe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Terwyl\nons die risiko van sodanige optrede weeg, voorsien Jesus \u0149 waarborg.&nbsp; In\ndie sakew\u00eareld sal \u0149 waarborg my van verlies vrywaar. Nou kom God en Hy sien\nwat verborge is.&nbsp; Daarvoor sal Hy jou beloon.&nbsp; Waak daarteen om boek\nte hou van die hulp, op finansi\u00eble en elke ander terrein, en vertrou God om jou\nte beloon. <\/p>\n\n\n\n<p>Toe\nChristus aan die kruis gesterf het en die dood oorwin het,&nbsp; is die\ngrootste offer gebring om my te red.&nbsp; As Christus alles sou opskryf en\nmeet sal ek geen kans staan om te leef nie.&nbsp; Met sy oopgetrekte hande\nontvang ek die grootste beloning. <\/p>\n\n\n\n<p>Gaan\nbewys hierdie liefde en gee so dat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand\ndoen nie!&nbsp; Gee met jou hart.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>2\nKor 6: 1-13<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat ons elke dag soveel liefde en genade ontvang. Leer my om my hande\noop te vou sodat ek vrygewig kan gee. Dankie dat U ook my hande oopmaak sodat\nek U genade ontvang.&nbsp; Dankie dat U my hart ken. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 6:1-4\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v3b Mt 6:3 &#8211; &#8230;&#8230;\u201d moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.\u201d Jesus is steeds besig om vir ons te leer wat dit beteken om van God afhanklik te wees en deel te h\u00ea aan sy Koninkryk. Hy skram nie daarvan weg om moeilike vraagstukke aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1212"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1212"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1212\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1213,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1212\/revisions\/1213"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1212"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1212"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1212"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}