{"id":1202,"date":"2020-10-13T08:56:49","date_gmt":"2020-10-13T06:56:49","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1202"},"modified":"2020-10-13T08:56:49","modified_gmt":"2020-10-13T06:56:49","slug":"dagstuk-dinsdag-13-oktober-2020-die-troon-bo-alle-trone","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1202","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 13 Oktober 2020 – Die troon bo alle trone"},"content":{"rendered":"
Psalm 89:1-18.
Teksvers: Psalm 89:7<\/p>\n\n\n\n
Etan die digter besing die liefdesdade en trou van die Here! In besonder besing hy die belofte wat die Here gemaak het aan Dawid deur \u0149 nageslag op sy troon te verseker.
\nVoor Etan verder sing, kan hy nie anders as om eers die Here se troon te besing nie.
\nHy begin met die hemel en die hemelinge wat die Here se wondermag en trou besing.  Baie keer as ons aan die hemel dink, dink ons net aan die Here, maar so is die hemel ook vol van die hemelinge wat die Here geskep. Nie een van die hemelinge kan met die Here vergelyk word nie.  As hulle voor die Here verskyn besef hul ook die Here is die Almagtige God.  Hulle het vir hom heilige ontsag en vrees Hom.<\/p>\n\n\n\n
Verder word die Here se mag oor die aarde ook besing.  Hy het mag en beheer oor die onstuimige see, selfs die seemonster Rahab (ook spotnaam vir Egipte) is niks in vergelyking met die Here nie.  Die hemel en die aarde behoort aan Hom!
\nDie Here het die aarde en al die berge geskape.  Alles getuig van die Here se sterk mag en krag.  Dink \u0149 oomblik aan die grootste berg wat jy al geklim het of die rofste seestorm wat jy al beleef het.  Die Here het dit alles gemaak en is selfs nog groter in krag en mag.<\/p>\n\n\n\n
Anders as mense se trone wat baie keer gebou is op onreg en omkoop en moord is die Here se troon gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou.
\nDit gaan daarom baie goed met ons omdat ons tot die Here kan jubel en kan lewe in sy lig.  Deur Jesus Christus se kruisdood wil ons nie wegvlug van die lig en ons sonde in die donker probeer wegsteek nie.  Ons prys die Here deur te leef in die Lig!
\nOns roem nie in ons self of enige iets anders, as om in die krag en sterkte van die Here te roem nie, moontlik gemaak deur die Heilige Gees wat kragtig in ons werk.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 11 en Openbaring 4<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nDankie Here dat U troon verhewe is bo enige ander troon.  Dankie dat ons voor U troon kan nader om U te eer en te vra dat U ons sal aansien in U genade, omdat Jesus Christus vir ons die oorwinning gegee het.  Lei ons vandag deur U Heilige Gees.
\nAmen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Psalm 89:1-18. Teksvers: Psalm 89:7 Etan die digter besing die liefdesdade en trou van die Here! In besonder besing hy die belofte wat die Here gemaak het aan Dawid deur \u0149 nageslag op sy troon te verseker. Voor Etan verder sing, kan hy nie anders as om eers die Here se troon te besing nie. […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1202"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1202"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1202\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1203,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1202\/revisions\/1203"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1202"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1202"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1202"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}