{"id":1200,"date":"2020-10-12T10:26:43","date_gmt":"2020-10-12T08:26:43","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1200"},"modified":"2020-10-12T10:26:43","modified_gmt":"2020-10-12T08:26:43","slug":"dagstuk-maandag-12-oktober-2020-die-here-se-trou-en-liefdesdade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1200","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 12 Oktober 2020 -Die Here se trou en liefdesdade!"},"content":{"rendered":"
Psalm 89:1-3.
Teksvers: Psalm 89:2-3
Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte.
Ek s\u00ea: \u201cU liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Hierdie week kyk ons meer in diepte na Psalm 89.  Hierdie psalm kan jy nie vinnig in een dagstukkie weergee nie.
\nWat leer die Here ons in hierdie eerste 3 verse?
\nIn die opskrif van die psalm sien ons al iets anders.  Dit word ongelukkig nie so deurgegee in die 83 Vertaling nie.  Die 53 vertaling begin dat hierdie \u0149 \u201conderwysing\u201d is.  \u0149 Psalm wat nie net geskryf is om die Here te loof en te prys nie, maar om die volk ook iets te leer, om hulle te onderrig.  Psalm 89 moet daarom ook so gelees word dat dit \u0149 psalm vol wysheid is.
\nDit is onbekend wie presies Etan die Esragiet is wat hier genoem word, dit is heel moontlik een van die vier wyse manne waar daar na verwys word in 1 Kon. 4:31, of dalk \u0149 ander Etan wat later geleef het.<\/p>\n\n\n\n
Die oproep van die psalm is dat jy altyd sal sing van die Here se liefdesdade en sy trou verkondig aan die volgende geslagte.
\nDie digter wys dan deur die res van die psalm hoekom die Here se liefde (Hebreeus enkelvoud) en trou altyd stand sal hou.  Nie net op die aarde nie, maar ook in die hemel.
\nWat beteken die Here se liefdesdae en trou?  Die Hebreeuse woord wat vir liefdesdade gebruik word, is nie so maklik om te vertaal nie.  Kyk gerus na ander vertalings, party sal praat van die goedertierenhede of goedheid van die Here. Hierdie Hebreeuse woord word altyd gebruik in \u0149 persoonlike konteks, twee partye wat mekaar ken.  Hoe wonderlik is dit dat ons in \u0149 persoonlike verhouding met die Here kan leef en kan deel in sy goedheid!
\nVerder word daar getuig van die Here se trou.  Die Hebreeus woord vir trou kom van die woord wat krag beteken.  Ander vertalings gebruik die woord waarheid.  Dit het vir ons die betekenis dat daar krag l\u00ea in die Here se beloftes, dit is waarheid en net soos die Here bly dit altyd dieselde.<\/p>\n\n\n\n
Van watter liefdesdade en trou wil jy vandag sing van die Here?  Wil jy dit ook vertel en bekend maak aan die komende geslagte?  Leer jy jou kinders of jou kleinkinders van die goedheid en trou van die Here?<\/p>\n\n\n\n
Kom ons kyk m\u00f4re verder na die trou en liefde van die Here vanuit Psalm 89.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 92 en Klaagliedere 3:22-24.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nDankie Here dat ons U trou en liefde ook weer vandag kan beleef.  Dankie dat ons dit kan uitjubel en vertel vir almal, ook vir die komende geslagte.  Dra ons ook hierdie week deur U trou en liefde
\nAmen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Psalm 89:1-3. Teksvers: Psalm 89:2-3 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek s\u00ea: \u201cU liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.\u201d Hierdie week kyk ons meer in diepte na Psalm 89. Hierdie psalm kan jy nie vinnig […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1200"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1200"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1200\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1201,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1200\/revisions\/1201"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1200"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1200"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1200"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}