{"id":1198,"date":"2020-10-09T08:52:04","date_gmt":"2020-10-09T06:52:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1198"},"modified":"2020-10-09T08:52:04","modified_gmt":"2020-10-09T06:52:04","slug":"dagstuk-09-oktober-2020-om-die-ander-wang-te-draai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1198","title":{"rendered":"Dagstuk 09 Oktober 2020 \u2013  Om die ander wang te draai&#8230;&#8230;.."},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:38-48\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v48 <\/p>\n\n\n\n<p>Na die gedeelte in Mt 5:33-37 waar Jesus ons\nteen die handhawing van dubbele standaarde waarsku, volg daar nou \u0149 moeilike\nopdrag. Aanvanklik het Jesus almal se aandag met die aanhaling uit Eks 21:24:\n\u201c\u0149 oog vir \u0149 oog en \u0149 tand vir \u0149 tand.\u201d Dit beteken dat my belange beskerm word\nen dat ek vergoed sal word vir enige verliese wat ek mag beleef. Hierdie opdrag\nmoet in die lig van die regstelsel van die Ou Testament gesien word.&nbsp; Dit\nis ook al die vyfde les waar ons Jesus se toepassing van die Wet hoor.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die doel van die regstelsel in die Ou Testament\nhet verseker dat daar beheer oor moontlike verliese moet wees.&nbsp; Dit het\nvoorkom dat daar aggressie en geweld sou ontstaan as iemand benadeel sou\nword.&nbsp; Op slinkse wyse het die skrifgeleerdes en Farise\u00ebrs die beginsel\nverdraai.&nbsp; Wanneer Jesus opdrag gee dat ons ons nie teen \u0149 kwaadwillige\nmens moet verset nie, maak Hy nie die wetgewing ongedaan nie.&nbsp; As Seun van\nGod is Jesus by uitstek daar om juis reg en geregtigheid te openbaar. Hy is\nregverdig omdat Hy geen sonde het nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is in die mens se aard om te vergeld.&nbsp;\nDit sal ook nooit anders kan wees nie.&nbsp; As iemand my belange sou benadeel\nsal ek dadelik reageer en instinktief optree om te beskerm. Nog veel meer as\ndit oor die behoud en beskerming van lewe gaan.&nbsp; Besittings kan vervang\nword, maar \u0149 lewe nooit nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As Jesus dan beveel dat die ander wang gedraai\nmoet word klink dit asof Hy opdrag gee dat daar maar verlief geneem word as ek\nverlies ervaar.&nbsp; Hierdie moeilike opdrag beteken nie dat ek alles maar\ngelate sal aanvaar nie.&nbsp; Met die Bergpredikasie gee Jesus onderrig sodat\nons die bedoeling van die Wet verstaan.&nbsp; Dit vervang nie die opdragte nie,\nmaar beklemtoon die betekenis daarvan.&nbsp; Dit bly die bedoeling dat ons lewe\nen besittings kan beskerm.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons word toenemend deur die optrede van\nanargiste, moordenaars en korrupte besluite benadeel. Plaasmoorde en\ngewelddadige barbaarse optrede vervul ons met weersin. <\/p>\n\n\n\n<p>In die hantering hiervan herinner Jesus ons wat\nsy liefde beteken. In ons optrede word ons besluite geneem na diepgaande\nworsteling en gebed.&nbsp; Ons bid dat die Heilige Gees ons sal lei om so\nvolmaak soos ons hemelse Vader te wees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Intussen dra ons die families en gesinne wat\nslagoffers van geweld is aan die sorg van ons Vader op.&nbsp; Ons volhard in\ngebed.&nbsp; En wanneer die leiers versaak om die veiligheid en rustige bestaan\nvan landsburgers te verseker, moet ons die leierskap toon om met die liefde van\nChristus \u0149 verskil te maak. Hiervoor is baie wysheid nodig. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons tree daarom met versigtigheid en die liefde\nvan Christus op, en word getroos dat Hy meer as \u0149 oog vir \u0149 oog vra, maar \u0149\nLewe vir \u0149 lewe gegee het. Sy Lewe vir my lewe. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Eks\n21: 12-36<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nons beleef intense spanning en word daagliks onderwerp aan die sinnelose en\nwreedaardige optrede van mense wat geen respek vir lewe en orde toon nie.&nbsp;\nLeer ons om so&nbsp; op te tree dat daar vrede en orde kom.&nbsp; Vertroos\nelkeen in hul leed en nood deur die Heilige Gees wat in ons woon. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:38-48\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v48 Na die gedeelte in Mt 5:33-37 waar Jesus ons teen die handhawing van dubbele standaarde waarsku, volg daar nou \u0149 moeilike opdrag. Aanvanklik het Jesus almal se aandag met die aanhaling uit Eks 21:24: \u201c\u0149 oog vir \u0149 oog en \u0149 tand vir \u0149 tand.\u201d Dit beteken dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1198"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1198"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1198\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1199,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1198\/revisions\/1199"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1198"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1198"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1198"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}