{"id":1188,"date":"2020-10-07T07:12:38","date_gmt":"2020-10-07T05:12:38","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1188"},"modified":"2020-10-07T07:12:38","modified_gmt":"2020-10-07T05:12:38","slug":"dagstuk-07-oktober-2020-christus-verander-die-seer-van-begeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1188","title":{"rendered":"Dagstuk 07 Oktober 2020 \u2013  Christus verander die seer van begeer"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5: 27-32\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v30<\/p>\n\n\n\n<p>Na Jesus se waarskuwing aan die einde van Mt\n5:26 dat daar aan geregtigheid voldoen moet word, gee Hy \u0149 verdere toepassing\noor wat dit beteken om aan die Wet te voldoen. Die Farise\u00ebrs het talle re\u00ebls en\nregulasies rakende egbreuk ingestel. Jesus leer dat gehoorsaamheid reeds in ons\nhart begin. Dit beteken dat Hy ons hele lewe in \u0149 verhouding met Hom stel soos\nPaulus in 2 Kor 3:6 skryf: \u201cons is bedienaars van \u0149 nuwe verbond, nie van die\nletter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Christus het ons gesindheid verander en gee die\nbeginsels waarbinne ons moet leef. Die drastiese optrede om jou oog uit te haal\nen jou hand af te kap as dit jou laat struikel is belangrik sodat jou hele\nliggaam nie in die hel beland nie. Jesus hou rekening met die mens se sondige\naard. Omdat Hy die mens se hart ken, weet Hy wat die gevolge van die sonde\nis.&nbsp; Dit raak ons hele lewe. In die vorige verse het Hy opdragte gegee\nsodat ons versoenend en in liefde kan optree. Nou hoor ons wat dit beteken om\nkuis te lewe.&nbsp; Dit begin met die ingesteldheid van jou hart.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met Jesus se opdrag leer Hy ons ook om te\nverstaan dat Hy ons van sonde red en verlos. Deur bewus te wees van ons sondige\naard word ons Here se genade sigbaar. Met elkeen van die Tien Gebooie word ons\nvan ons sondige bestaan bewus. Ons stry daarteen met die afkap en weggooi van\ndie ledemate wat ons laat struikel, maar Christus het die finale oorwinning\ngeskenk sodat sy kinders nie verlore sal gaan nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In dieselfde lig moet ons dan nou ook egskeiding\nen elke ander oortreding van die sewende gebod om nie egbreuk te pleeg\nnie&nbsp; beoordeel en verstaan.&nbsp; Die gebrokenheid van die mens het \u0149\nimpak op elke lewensterrein. Dit is Christus wat die sonde weg geneem het sodat\nons in \u0149 verhouding met God kan staan.&nbsp; Terwyl ons hierdie geweldige\nliefde nie kan verstaan nie, mag ons daarom nooit ander veroordeel nie, maar\neerder biddend saam met mekaar worstel. <\/p>\n\n\n\n<p>As ons Mt 6:31 saam met Mt 19 lees waar Jesus\nonderrig gee oor egskeiding, word dit duidelik dat die Farise\u00ebrs Jesus wou\ntoets. Dan wys Hy vir hulle wat God se bedoeling is en veroordeel Hy die\nhardheid van hulle harte.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In elke situasie waarin ek my mag bevind, en in\ndie hantering van die opdrag om kuis te lewe en God te gehoorsaam, besef ons\nmaar net weer ons gebrokenheid. Dit is alleen net God se liefde en Christus se\ngenade wat ons met die inwoning van die Heilige Gees dra.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt\n19:1-12<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U my hart ken en my bewaar. Dankie dat U liefde my dra. Lei ons deur\nU Gees om gehoorsaam te wees. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5: 27-32\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v30 Na Jesus se waarskuwing aan die einde van Mt 5:26 dat daar aan geregtigheid voldoen moet word, gee Hy \u0149 verdere toepassing oor wat dit beteken om aan die Wet te voldoen. Die Farise\u00ebrs het talle re\u00ebls en regulasies rakende egbreuk ingestel. Jesus leer dat gehoorsaamheid reeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1188"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1188"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1188\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1189,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1188\/revisions\/1189"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1188"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1188"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1188"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}