{"id":1162,"date":"2020-09-23T09:08:52","date_gmt":"2020-09-23T07:08:52","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1162"},"modified":"2020-09-23T09:08:52","modified_gmt":"2020-09-23T07:08:52","slug":"dagstuk-dinsdag-23-september-2020-luister-saam-na-die-woord-van-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1162","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 23 September 2020  \u201cLuister saam na die Woord van die Here.\u201d"},"content":{"rendered":"
Lees: Josua 8:30-35.
Teksvers 8:35.<\/p>\n\n\n\n
Die inname van die beloofde land was nie \u0149 vinnige taak nie.  Akan wat \u0149 deel van die buit van Jerigo weggesteek het, het ook veroorsaak dat hulle nie aanvanklik die mense van Ai kan inneem nie (hoofstuk 7).
\nMet baie fyn taktiek en met die se\u00ebnende hand van die Here, kon die Israeliete Ai afbrand en die streek in neem.
\nNou eers kom Josua so ver om Moses se opdrag na te kom om \u2018n altaar te bou op Ebalberg en daar brandoffers en maaltydoffers te bring (Duet. 27). Die brandoffers is geoffer om versoening te bring vir hulle sondes, en die maaltydoffers om die gemeenskap met God en mekaar te versterk.  Spesifiek word hier verwys na vreemdelinge wat ook by is- families soos die van Ragab wat hulle ook by die Israeliete geskaar het en nou deel is van Israel.
\nJosua is egter meer as net \u0149 generaal.  Wat sou dit baat dat die volk die land inneem, maar hulle ken nie die Here nie?  Daarom word hier nie net offers gebring nie.  Josua laat die twee groepe van Israel op die twee berghange van Ebal en Gerisim staan en lees vir hulle elke enkele woord voor wat Moses neergeskryf het.
\nEn hoe reageer die volk?  Almal is daar, mans en vrouens en die vreemdelinge, die hele gemeente van Israel.  <\/p>\n\n\n\n
Kom ons staan ook vandag weer stil en luister na die volle Woord van die Here.  Nie net uit \u0149 gewoonte of net die dele wat jy wil hoor nie.  Luister ten volle na die verbond van die Here wat Hy met ons gesluit het.  Die volle evangelie waaraan ons deel het deur Jesus Christus.  Luister aandagtig, kom saam met die hele gemeente op \u0149 Sondag.  Hoor opnuut die onbegryplike wonder dat die Here die verbond met ons gesluit het.  Die se\u00ebninge wat die Here ons laat deel deur die verbond, maar ook die straf vir die wat ontrou is aan die Here.  <\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nDeuteronomium 27 en Deuteronomium 28. <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere van die le\u00ebrskare!  Dankie dat ons U Woord kan hoor en luister na wat U s\u00ea.  Lei ons om nie net aanhoorders te wees nie, maar ook daders van U Woord.  Mag ons dankbaarheid vir dit wat U vir ons gedoen het en nog steeds doen, elke dag toeneem.  Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus.  Amen<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Lees: Josua 8:30-35. Teksvers 8:35. Die inname van die beloofde land was nie \u0149 vinnige taak nie. Akan wat \u0149 deel van die buit van Jerigo weggesteek het, het ook veroorsaak dat hulle nie aanvanklik die mense van Ai kan inneem nie (hoofstuk 7). Met baie fyn taktiek en met die se\u00ebnende hand van die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1162"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1162"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1162\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1163,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1162\/revisions\/1163"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1162"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1162"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1162"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}