{"id":1152,"date":"2020-09-17T08:52:58","date_gmt":"2020-09-17T06:52:58","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1152"},"modified":"2020-09-17T08:52:58","modified_gmt":"2020-09-17T06:52:58","slug":"dagstuk-donderdag-17-september-2020-moses-gaan-nie-alleen-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1152","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 17 September 2020 \u201cMoses gaan nie alleen nie.\u201d"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Eksodus 4:1-17
\nTeksvers: Eksodus 4:12
\nToe s\u00ea God vir Moses: \u201cEk is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete s\u00ea: \u2018Ek is\u2019 het my na julle toe gestuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Die Here maak duidelik Homself aan Moses bekend.  Herinner vir Moses wie Hy is en waartoe hy in staat is.  Wat is Moses se reaksie hierop?  Jy verwag amper die antwoord van \u201cJa Here, hier is ek, stuur my.\u201d  Maar dit is nie die antwoord wat die Moses vir die Here gee nie.  Moses het dink net aan al die verskonings en probleme wat hy dalk mag ondervind, nog voor hy vertrek het vanaf die berg Horeb.
\n\u201cS\u00ea nou die mense wil my nie glo nie?  Hoe moet ek hul oortuig dit is die Here wat my gestuur het?
\nHere, ek kan nou nie eintlik goed praat nie, U weet dit is al van lankal af so.\u201d
\nMoses s\u00ea vir die Here, asseblief nie ek nie, gebruik iemand anders.
\nLewe ons ook nie so baie kere met hierdie selfde gedagtes en gevoelens nie.  Asseblief Here, stuur asseblief iemand anders, net nie ek nie.  Laat iemand anders die persone in my wyk ondersteun wat deur \u0149 moeilike tyd gaan.  Laat iemand anders asseblief die Evangelie verkondig aan hierdie persone wat U oor my pad gebring het.  Laat iemand anders asseblief hierdie paadjie stap waarop U my geplaas het.<\/p>\n\n\n\n
Daarna s\u00ea die Here vir hom: \u201cWie het aan die mens ‘n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet s\u00ea.\u201d Maar Moses antwoord: \u201cAsseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders.\u201d
\nToe word die Here kwaad vir Moses.  Die Here het alreeds vir Aaron gereed gemaak om Moses te help.  Moses moes nooit dit alleen aanpak nie.  Dit is al reeds genoeg dat die Here saam met Moses is, maar hy stuur vir Aaron ook.  Hy stuur later sy skoonpa Jetro om vir Moses te help en wysheid te gee.<\/p>\n\n\n\n
Dit is genoeg dat die Here vandag saam met jou is, Hy persoonlik deur die Heilige Gees.  Jesus Christus het reeds die pad vir jou gestap.  Verder nog,  Hy stuur vir jou \u0149 hele geloofsfamilie om die pad saam met jou te stap.  Antwoord gehoorsaam aan die oproep van die Here, jy is nie alleen nie!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 23 en Efesi\u00ebrs 4:1-16<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere Almagtige.  Dankie dat U die Here is wat vir my \u0149 mond gegee het, mag ek met vrymoedigheid  praat en U naam grootmaak.  Dankie dat U my gevul het met U Heilige Gees.  Mag ek vandag in geloofsgehoorsaamheid uitgaan op die pad wat U my lei.  Ek vra dit in Jesus se Naam.  Amen<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Eksodus 4:1-17 Teksvers: Eksodus 4:12 Toe s\u00ea God vir Moses: \u201cEk is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete s\u00ea: \u2018Ek is\u2019 het my na julle toe gestuur.\u201d Die Here maak duidelik Homself aan Moses bekend. Herinner vir Moses wie Hy is en waartoe hy in staat is. Wat is Moses se reaksie […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1152"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1152"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1152\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1153,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1152\/revisions\/1153"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1152"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1152"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1152"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}