{"id":1149,"date":"2020-09-16T08:36:11","date_gmt":"2020-09-16T06:36:11","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1149"},"modified":"2020-09-16T08:36:11","modified_gmt":"2020-09-16T06:36:11","slug":"dagstuk-woensdag-16-september-2020-ek-is-wat-ek-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1149","title":{"rendered":"Dagstuk Woensdag 16 September 2020  \u201cEk is wat Ek is.\u201d"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Eksodus 3:1-20
Teksvers: Eksodus 3:14
Toe s\u00ea God vir Moses: \u201cEk is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete s\u00ea: \u2018Ek is\u2019 het my na julle toe gestuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Moses alleen in die woestyn met sy skape.
\nNee, nie alleen nie, selfs nie in die woestyn nie.
\nDie Here is altyd orals teenwoordig. Hy is alomteenwoordig. Hy is persoonlik teenwoordig.
\nIn besonder maak die Here Hom aan Moses bekend deur die brandende bos.
\nDie Here is soos die vuur in die doringbos. Die vuur brand, maar brand nie uit nie.
\nDit hou aan brand. So gaan die teenwoordigheid van die Here nie weg of verby nie. Hy bly, Hy is altyd teenwoordig \u2013 die heilige, almagtige en genadige God.
\nIn sy heiligheid is Hy soos vuur tot wie \u2019n mens nie kan nader nie. In sy almag beheer Hy die natuur (vuur in die doringbos), die lewens van enkelinge (Moses, Aaron en die farao) en van volkere (vs 8). <\/p>\n\n\n\n
In Sy genade nader Hy tot die mens en openbaar Homself as die God wat teenwoordig is, wat die nood van sy volk sien en hulle hulproep hoor. Sy almagtige, heilige en genadige teenwoordigheid beteken uitkoms en redding vir sy volk. Nie net Moses en die volk nie, maar ook vandag vir ons.<\/p>\n\n\n\n
\u201cEn as hulle vra: \u201cWat is sy Naam?\u201d
\n\u201cEk is wat Ek is\u201d, antwoord God.
\n\u201cS\u00ea: \u201cEk is\u201d het jou gestuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Ek is\u2026.jou God, s\u00ea Hy vir ons deur sy Seun.
\nIn Jesus Christus het die teenwoordigheid van die heilige, almagtige en genadige God vir ons verlossing gebring. Verlossing uit genade \u2013 van sonde en van die dood.
\nVerlossing om in die teenwoordigheid van God te lewe.
\nDie Here, die Heilige Gees is nou en ewig by ons (Joh. 14:16).
\n\u201cEK is wat Ek is\u201d het Homself aan ons geopenbaar sodat sy lewende teenwoordigheid elke oomblik vir ons \u2019n werklikheid sal wees. In die verlede, hede en toekoms.
\n\u201cUit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge, tot in ewigheid.\u201d \u2013 Rom. 11:36.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nJohannes 14:15-31 en Openbaring 1:7-8.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nLiefdevolle Hemelse Vader. Baie dankie dat ons weet dat U vandag, gister en tot in ewigheid dieselfde is. Ons weet presies waar ons staan met U in alle tye, deur alle omstandighede, maak nie saak wat gebeur nie. Help ons om ons o\u00eb op U gerig te hou, maak nie saak hoe onstabiel die w\u00eareld rondom ons is nie. Amen<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Eksodus 3:1-20 Teksvers: Eksodus 3:14 Toe s\u00ea God vir Moses: \u201cEk is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete s\u00ea: \u2018Ek is\u2019 het my na julle toe gestuur.\u201d Moses alleen in die woestyn met sy skape. Nee, nie alleen nie, selfs nie in die woestyn nie. Die Here is altyd orals teenwoordig. Hy […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1149"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1149"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1149\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1150,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1149\/revisions\/1150"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1149"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1149"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1149"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}