{"id":1138,"date":"2020-09-10T09:18:25","date_gmt":"2020-09-10T07:18:25","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1138"},"modified":"2020-09-10T09:18:25","modified_gmt":"2020-09-10T07:18:25","slug":"danie-potgieter-dagstuk-donderdag-10-september-2020-die-skinker-wat-vergeet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1138","title":{"rendered":"Danie Potgieter: Dagstuk Donderdag 10 September 2020  \u201cDie skinker wat vergeet.\u201d"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Genesis 40
Teksvers: Genesis 40:23.
Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet.<\/p>\n\n\n\n
Het die Here van Josef vergeet?  Hy het die regte ding gedoen deur nie toe te gee aan die versoeking van Potifar se vrou nie, maar nou sit hy in die tronk (interessant het die Hebreeuse woord hier die betekenis van \u0149 ronde huis, dalk iets soos \u0149 fort, steeds nie \u0149 lekker plek om in te wees nie want Josef noem dit \u0149 gat in vers 15, selfde woord wat vir put gebruik is in Genesis 37).  Verklaarders meen dit is nou al omtrent 15-18 jaar nadat Josef deur sy broers verkoop is.
\nDalk het Josef alle hoop verloor om hier uit te kom.  Dan gebeur daar iets wat hom hoop gee.<\/p>\n\n\n\n
Die Farao se hoofbakker en hoofskinker beland in die tronk. Hierdie is twee baie belangrike manne, nie net omdat hulle in die binnekring van die Farao beweeg nie.  Die Farao moet hierde manne met sy lewe vertrou, als moet eers deur hul geproe word voor dit voorgesit word.  Hoekom hulle in die tronk beland het, is nie vir ons seker nie.  In die tronk ontvang hulle tog nog voorkeur behandeling, daarom moet Josef na hulle kyk en staan in hulle diens.
\nEen nag droom hulle en hulle is baie ontsteld oor die drome want hulle weet nie wat dit beteken nie.
\nJosef moedig hulle aan om dit vir hom te vertel omdat God hulle drome se uitleg ken.  Dit is nie Josef wat die drome kan uitl\u00ea nie.  Die Here gee aan Josef die uitleg en dit gebeur presies soos wat dit uitgel\u00ea is.
\nAl wat Josef van die hoof van die skinkers vra is dat die aan hom moet dink wanneer hy uitkom en sy saak voor die Farao stel, dalk kan hy hier uitkom.
\nHy het hoop, hy het nou iemand in die binnekant van die Farao se hof wat sy saak kan stel. Josef se versoek is:  Stel net my saak, moenie my vergeet nie.<\/p>\n\n\n\n
Dan gebeur egter die teenoorgestelde, die hoof van die skinker het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet.
\nHoe erg moes dit nie vir Josef gewees het nie?  Van die hoop wat hy gehad het, het niks gebeur nie.  Daar is van hom vergeet.  Het die Here ook van hom vergeet, al is dit die Here wat vir hom die uitleg van die drome gegee het?<\/p>\n\n\n\n
Hierdie gedeelte wys weer vir ons die woorde van Psalm 146:3.  Moenie op magtiges vertrou nie, nie op \u0149 mens nie; hy kan jou nie red nie.
\nDalk het u ook so teleurstelling gehad die afgelope ruk.  Keer op keer aansoek gedoen vir werk, maar niks gebeur nie.  Nie eers die \u201ckontak\u201d van vriende het gehelp nie.  Waar is die Here nou?
\nMaar die Here vergeet ons nie.  Ons verstaan nie altyd hoekom dit nie wil uitwerk soos ons dit wil h\u00ea nie, maar dit vorm deel van God se raadsplan.  As die Here wil, kyk ons Sondag oggend verder hierna.
\nBly op die Here vertrou. Psalm 146:5.  Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 146 en Artikel 13 NGB.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere my Rots!  Ek wil U naam prys en loof!  Help my om nie my vertroue in mense te plaas nie, maar in U Here. Dankie vir die hoop wat nie teleurstel nie.  Die hoop wat U vir ons gee, ter wille van Jesus Christus. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Genesis 40 Teksvers: Genesis 40:23. Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, hy het van Josef vergeet. Het die Here van Josef vergeet? Hy het die regte ding gedoen deur nie toe te gee aan die versoeking van Potifar se vrou nie, maar nou sit hy in die tronk […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1138"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1138"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1138\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1139,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1138\/revisions\/1139"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1138"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1138"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1138"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}