{"id":1136,"date":"2020-09-09T09:06:52","date_gmt":"2020-09-09T07:06:52","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1136"},"modified":"2020-09-09T09:06:52","modified_gmt":"2020-09-09T07:06:52","slug":"dagstuk-woensdag-9-september-2020-die-here-is-by-josef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1136","title":{"rendered":"Dagstuk Woensdag 9 September 2020  \u201cDie Here is by Josef.\u201d"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Genesis 39
Teksvers: Genesis 39:2.<\/p>\n\n\n\n
Op een slag het Josef alles verloor wat hy gehad het.  Hy het geval van sy pa se gunsteling, tot \u0149 ander man se slaaf.  Hy is weg van sy land en familie en is \u0149 vreemdeling in \u0149 ander land.  Op een oogwink kan ons lewens drasties verander.  Vandag kan jy nog werk h\u00ea of \u0149 suksesvolle besigheid, en m\u00f4re het jy niks.  Vandag kan jy gesond wees en m\u00f4re is jy dodelik siek.  Vandag iemand van aansien en m\u00f4re het jy nie eers een vriend nie.  Wie is jy dan?  Waarin vind jy jou troos en anker in hierdie omstandighede?  <\/p>\n\n\n\n
Die Heilige Gees maak vir ons duidelik dat die Here saam met Josef was.  Of hy in \u0149 ander land is- die Here is daar. Of hy nou \u0149 slaaf is- die Here is saam met hom. Of hy in die tronk is- die Here is daar.  Daarom kan die Here vir ons s\u00ea dat nadat Josef verkoop is as slaaf, het dit baie goed gegaan met Josef.  Nie oor die aardse omstandighede nie of sy posisie wat hy beklee het nie- Omdat die Here saam met Josef was.  In ons moeilike omstandighede vra ons dalk waar is die Here?  Josef kon ook vra waar was die Here toe sy broers hom verkoop het, maar die Here wys vir ons dat hy self die sonde van ander mense ten goede laat meewerk (Rom. 8:28).<\/p>\n\n\n\n
Verder gee Josef ook nie toe aan die versoeking wat oor sy pad kom nie.  Potifar se vrou wil hom verlei om iets afskuweliks te doen, nie net een keer nie, maar dag na dag. Josef bly getrou, al word hy onskuldig in die tronk gegooi vir iets wat hy nie gedoen het nie.  Die Here het Josef nie vergeet nie en Josef het ook nie die Here vergeet nie.  Self in die tronk het Josef die Here se troue liefde beleef en ook sy kant gebring deur voluit die situasie aan te pak waarin hy beland het.<\/p>\n\n\n\n
Laat ons daarom nie toegee aan die w\u00eareld en die versoekings wat daar vir ons gestel word nie.  Self al word die versoeking herhaaldelik vir ons gestel, by getrou!
\n\u201cMaar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie.\u201d (1 Petrus 3:14).
\nIs ons bereid om hierdie uit te leef?  Ons kan dit veral doen omdat ons weet, ons doen dit nie uit ons self nie, maar deur die krag van die Heilige Gees.  Die w\u00eareld kan ons vals beskuldig, maar die Here spreek ons vry en gee vir ons die erfenis van die ewige lewe.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\n1 Petrus 3:14-22  (Hier sien ons veral die voorbeeld van Christus wat onskuldig gelei het) en Spreuke 2:16-22.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nWonderbare Here, skenk ons U wysheid sodat ons nie sal toe gee aan die versoeking van die w\u00eareld nie, maar sal weet hoe om U te dien.  Vertroos ons wanneer ons ook deur moeilike tye gaan en mag ons altyd raaksien dat U by ons is. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Genesis 39 Teksvers: Genesis 39:2. Op een slag het Josef alles verloor wat hy gehad het. Hy het geval van sy pa se gunsteling, tot \u0149 ander man se slaaf. Hy is weg van sy land en familie en is \u0149 vreemdeling in \u0149 ander land. Op een oogwink kan ons lewens drasties verander. […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1136"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1136"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1136\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1137,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1136\/revisions\/1137"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1136"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1136"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1136"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}