{"id":1131,"date":"2020-09-07T08:52:42","date_gmt":"2020-09-07T06:52:42","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1131"},"modified":"2020-09-07T08:52:42","modified_gmt":"2020-09-07T06:52:42","slug":"dagstuk-maandag-7-september-2020-josef-die-witbroodjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1131","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 7 September 2020  \u201cJosef die witbroodjie?\u201d"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Genesis 37:1-11
Teksvers: Genesis 37:3-4.<\/p>\n\n\n\n
Waaraan dink jy as jy aan die lewe van Josef dink?  Dink jy dadelik aan die bedorwe brokkie, die klikbek wat stories aandra?  Of dink jy aan die gesegde, slegte goed gebeur met goeie mense, deurdat sy broers hom as slaaf verkoop het en hy later ook in die tronk gegooi is?
\nOf staan dit vir jou uit dat Josef was en slim was en die gawe gehad het om drome uit te l\u00ea?<\/p>\n\n\n\n
Josef word aan ons bekend gestel as op sewentienjarige ouderdom.  Die feit dat hy deur sy pa voorgetrek word met besondere klere is nog \u2018n negatiewe ding wat oor hom vertel word, hoewel dit natuurlik sy pa se skuld was.  Dit verklaar die begin van die afkeer wat sy broers aan hom gekry het.  Omdat hulle geweet het dat Jakob liewer vir Josef was as vir hulle kon hulle niks goeds oor hom s\u00ea nie.  Jakob self was voorgetrek deur sy ma Rebekka.  Hier sien ons hoe \u0149 verkeerde gebruike voortgesit word in die volgende geslag.
\nAs ouers moet ons versigtig wees dat ons nie die verkeerde voorbeelde van ons eie grootword jare oordra na ons kinders nie.  Ons moet ook versigtig wees dat ons nie een kind bo die ander moet voortrek nie, nie net het dit \u0149 slegte uitwerking op die ander kind\/ers, maar ook op die kind wat voorgetrek word.
\nWat het Josef gedoen, hy was \u0149 klikbek wat slegte stories by sy pa oor sy broers aangedra het.<\/p>\n\n\n\n
Ten spyte van die negatiewe is daar iets anders van Josef wat uitstaan en wat in sy hele lewensverhaal \u0149 rol speel.  God gee aan hom die gawe om drome te kan uitl\u00ea en self ontvang hy ook drome.
\nTwee keer kry hy \u0149 droom met dieselfde boodskap, sy broers en ma(wat reeds oorlede is) en pa gaan voor hom buig.  Hier word dit deur God vasgemaak dat Josef \u0149 man van aansien gaan word en dat sy familie voor hom gaan buig.  Niemand kon indink watter pad die Here eers met hulle almal gaan stap voordat dit sou gebeur nie. <\/p>\n\n\n\n
Sy drome verdiep die afkeur wat sy broers vir hom het.  Nie net die drome nie (kon Josef self sy drome bepaal?), maar die manier waarop Josef dit ook vir sy broers vertel.  Selfs sy pa was nie baie be\u00efndruk met die drome nie en het hom berispe.
\nDeur hierdie drome wys God dat in die donker dade en optrede van mense, bewerk God die toekoms en bring so hoop vir die hele nageslag van Jakob.<\/p>\n\n\n\n
Wat leer ons uit hierdie eerste gedeelte van Josef se lewe?  Wees versigtig hoe ons omgaan met die genadegawes wat ons ontvang.  Gebruik jy die oorwinnaars kleed waarmee die Here jou gekleed het om by ander te spog en hulle kwaad maak van jaloesie?  Wil ons nie ook baie kere teenoor ander Christene hoogmoedig wees en maak asof ons beter is as hulle nie?  Deur Christus se bloed is ons duurgekoop om verlos te wees van ons sondes. Hierdie gawe maak dat ons nederig in dankbaarheid hiervan getuig, want ons weet ons het dit nie verdien nie.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nJesaja 61:8-11 en Kolossense 3:5-17.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nAllerhoogste en Almagtige! Dankie dat u soveel genade en se\u00ebninge vir ons gee.  Dankie dat U ons kleed met \u0149 oorwinnaars kleed.  Mag ons nooit jaloers wees op die se\u00ebninge wat U aan ander gee nie, of selfs spog oor die se\u00ebninge wat U aan ons gegee het nie.  Als wat ons is en het, is net uit U genade. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Genesis 37:1-11 Teksvers: Genesis 37:3-4. Waaraan dink jy as jy aan die lewe van Josef dink? Dink jy dadelik aan die bedorwe brokkie, die klikbek wat stories aandra? Of dink jy aan die gesegde, slegte goed gebeur met goeie mense, deurdat sy broers hom as slaaf verkoop het en hy later ook in die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1131"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1131"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1131\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1132,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1131\/revisions\/1132"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1131"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1131"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1131"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}