{"id":1122,"date":"2020-09-03T11:10:43","date_gmt":"2020-09-03T09:10:43","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1122"},"modified":"2020-09-03T11:10:43","modified_gmt":"2020-09-03T09:10:43","slug":"dagstuk-donderdag-03-september-2020-god-maak-jou-deel-van-sy-genadeverbond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1122","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 03 September 2020  \u201cGod maak jou deel van Sy genadeverbond.\u201d"},"content":{"rendered":"
Lees: Genesis 15.
Teks wat tref: Genesis 15:8-10.
\u0149 Groot aantal jare het verloop en Abram het begin te twyfel in die Here se verbond.  Hy sien dan nog nie dat Hy \u0149 eie seun het nie, sy erfgenaam is die seun wat hy by die Egiptiese slavin gekry het.  Hy is terug in die land Kana\u00e4n, maar hy het geen grondgebied wat hy sy eie kan noem nie.  Waar is die Here dan?
Voel jy ook soms so?  Waar is die Here dan?  Het Hy vergeet van jou en van Sy beloftes?
Die Here het Abram geantwoord (die woord van die Here het tot Abram gekom) en Abram het toe in die Here geglo.  So het ons nodig om in tye van twyfel weer na die woord van die Here te luister.<\/p>\n\n\n\n
Maar die Here bevestig Sy beloftes ook met \u0149 verbond aan Abram.  Abram moet \u0149 vers, \u0149 bok en \u0149 skaapram en \u0149 tortelduif en \u0149 jongduif neem.  Abram weet waaroor dit hier gaan, dit is die seremonie vir die sluiting van \u0149 verbond (\u0149 ooreenkoms of kontrak) en hy berei ook als voor.
\nHy sny die diere (behalwe die klein vo\u00ebls) middeldeur en l\u00ea die twee helftes teenoor mekaar.
\nIn daardie dae het die partye wat \u2019n verbond gesluit het, tussen die helftes van
\ndie diere deurgeloop. Daarmee het elke party ges\u00ea: \u201cAs ek nie die verbond nakom nie, sal ek soos hierdie diere in stukke opgesny word.\u201d
\nHier gebeur egter iets fantasties! God gaan alleen deur die diere.  Abram stap nie self deur die diere nie.  Hiermee s\u00ea die Here dat Hy ons, wat sy verbond met ons ongehoorsaamheid verbreek het, sal red.
\nDit is dan ook presies hoe die Nuwe Verbond gesluit is. Jesus het mens geword om vir ons sondes te betaal. Hy is vir ons sondes, self onskuldig, stukkend geslaan, gespot en het aan die kruis die ergste beleef toe Hy uitgeroep het: \u201cMy God, my God, waarom het U my verlaat?\u201d (Mark. 15:33).  God het alleen die verbond se bepalings nagekom omdat ons self nooit dit kan doen nie.  Dit is vir ons die grootste teken van genade wat daar is en so word dit vir ons bevestig deur die sakrament van die nagmaal en die doop.  Ons kan niks vir God bied nie, God bied vir ons alles!<\/p>\n\n\n\n
Leef vandag as \u2019n verloste kind van God, wat deel het aan hierdie genadeverbond omdat Christus se bloed vir jou gevloei het.  Leef daarom in lojaliteit, toewyding en gehoorsaamheid aan die Here.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nHebre\u00ebrs 9 en Matteus 26:26-30.
\nhttps:\/\/www.kruispad.net\/wat-is-n-verbond-in-die-bybel\/ <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere dankie dat U, U verbond met ons gesluit het.  Dankie dat U seun Jesus se bloed vir ons gevloei het, sodat ons kan deel in die Nuwe Verbond.  Mag ons nooit hierdie verbond as goedkoop sien nie, maar dat U duur betaal het sodat ons kan deel in die ewige lewe.  Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Lees: Genesis 15. Teks wat tref: Genesis 15:8-10. \u0149 Groot aantal jare het verloop en Abram het begin te twyfel in die Here se verbond. Hy sien dan nog nie dat Hy \u0149 eie seun het nie, sy erfgenaam is die seun wat hy by die Egiptiese slavin gekry het. Hy is terug in die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1122"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1122"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1122\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1123,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1122\/revisions\/1123"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1122"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1122"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1122"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}