{"id":1120,"date":"2020-09-02T08:18:38","date_gmt":"2020-09-02T06:18:38","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1120"},"modified":"2020-09-02T08:18:38","modified_gmt":"2020-09-02T06:18:38","slug":"dagstuk-woensdag-02-september-2020-abram-se-sonde-word-uitgewys","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1120","title":{"rendered":"Dagstuk Woensdag 02 September 2020  \u201cAbram se sonde word uitgewys\u201d"},"content":{"rendered":"
Lees: Genesis 12:10-20
Teks wat tref: Genesis 12:10
Daar was hongersnood in die land, ‘n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar ‘n heenkome te vind.<\/p>\n\n\n\n
Gister het ons gekyk hoe Abram geluister het na die Here en getrek het na die land Kana\u00e4n.  Hy het vir die Here altare opgerig en Hom aanbid.  Daar was hongersnood in die land en skielik is hier nou niks meer te sien van Abram se geloofsvertroue nie. Hy trek na Egipte om by die broodmandjie van die Midde Ooste \u0149 heenkome te vind.
\nDie Bybel beskryf nie net die gedeeltes wat persone goed laat lyk en waar hul volhard in hul geloof nie.  Hier word nie net vir ons Abram se ongeloof beskryf nie, maar ook die sonde wat hy doen vir sy eie voordeel.  Wat het hy gedoen toe hulle in Egipte aankom?
\nHy vrees vir sy eie lewe en vra van sy vrou Sarai dat hul moet voorgee dat hul net broer en suster is (ln Genesis 20:12 lees ons dat hul halfbroer en suster is, maar nou moet sy wegsteek dat hul getroud is, \u0149 halwe waarheid) want hy is bang vir sy lewe.  Dit wat Abram gevrees het gebeur toe ook, die Egiptenare sien toe hoe mooi Sarai is en haar skoonheid word tot aan die farao vertel.  Die Farao neem haar as een van sy vroue en beloon Abram ryklik vir sy suster (Word Abram beloon vir sy sonde?).  Die Here duld nie hierdie sonde nie en tree op. \u201cMaar die Here het die farao en sy huis met swaar plae getref oor Sarai die vrou van Abram.\u201d Hy het \u0149 ander plan vir Abram en Sarai en bring hul sonde in die lig.  Die farao is kwaad oor hierdie bedrogspul en stuur hulle weg.
\nSo het die Here die omstandighede gebruik van \u0149 hongersnood om die swakpunte wat daar was in Abram uit te wys en hom terug te roep om voluit in geloof te vertrou. <\/p>\n\n\n\n
Hoe het die Inperking jou geraak?  Was dit \u0149 beproewing wat ook jou swakpunte na vore gebring het? Gaan jy aanhou om in hierdie sonde te volhard of is dit nie nou die geleentheid om met hierdie sondes te breek en hulp te soek nie?
\nSo leer ons nie net uit Abram se regte voorbeelde nie, maar ook uit die verkeerde voorbeeld om nie dit self na te volg nie.  Dit wys ons ook weer op die genade van die Here, dat dit Hy is wat sondaars uitkies en hulle versterk met die Heilige Gees sodat hul kan volhard in die geloof.  Christus het gekom om vir ons te sterf, die ewige lewe moontlik te maak, want self kan ons nooit nie.
\nWanneer beproewings oor jou pad kom, moenie jou hulp en uitkoms dadelik by ander plekke gaan soek nie, maar kom soek dit by die Here.
\nRomeine 5:3-6. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en di\u00e9 hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nJakobus 1:2-8 en Romeine 5:1-11.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere ons Here.  Vergewe ons ons oortredings, veral waar ons nie altyd op u vertrou nie, maar ons hulp by die w\u00eareld soek.  Help ons om vas te staan in hierdie genade waaraan ons deel het in Christus Jesus. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Lees: Genesis 12:10-20 Teks wat tref: Genesis 12:10 Daar was hongersnood in die land, ‘n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar ‘n heenkome te vind. Gister het ons gekyk hoe Abram geluister het na die Here en getrek het na die land Kana\u00e4n. Hy het vir die Here altare […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1120"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1120"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1120\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1121,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1120\/revisions\/1121"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1120"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1120"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1120"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}