{"id":1116,"date":"2020-09-01T06:45:08","date_gmt":"2020-09-01T04:45:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1116"},"modified":"2020-09-01T06:45:08","modified_gmt":"2020-09-01T04:45:08","slug":"dagstuk-maandag-31-augustus-2020-wie-is-ek-rerig-briewe-wat-ander-kan-lees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1116","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 31 Augustus 2020.  \u201cWie is ek r\u00earig? – Briewe wat ander kan lees!\u201d"},"content":{"rendered":"
Lees: 2 Korinti\u00ebrs 3.
Teks wat tref: 2 Kor. 3:3 en 18.
\u201c3. Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Hoe sien jy jouself?  As jy in die oggend in die spie\u00ebl kyk, wie is dit wat na jou toe terugkyk?
\nSukkel jy dalk ook om werklik te antwoord, maar wie is ek?  Veral in hierdie afgelope tyd nadat ons land getref is met die Covid-19 en ons almal Ingeperk is- Wie is ek nou r\u00earig?  Dalk het die Inperking jou laat dink maar wie is ek r\u00earig by die werk, maak ek hier \u0149 verskil, is ek nodig by die werk, wie is ek as ek nie meer \u0149 werk het nie?  Of daar waar ons nie ons vriende en familie kon sien met besoeke nie – wie is ek wanneer ek alleen is? So het hierdie Inperking ons op baie maniere geraak waarvan ons nie altyd bewus is nie, vrae laat vra oor wie ek is (identiteit) en hoekom is ek hier (doel) en wat moet ek hierdie jaar verder doen (funksie)? <\/p>\n\n\n\n
Daarom fokus ons die volgende 4 weke oor Wie is ek r\u00earig?
\nOns doen dit deur te kyk na die lewens van 4 gelowiges vanuit die Ou Testament en hoe die Here hulle identiteit bepaal en gebruik tot Sy eer!
\n1-4 September          Abraham.
\n7-11 September        Josef
\n14-18 September    Moses
\n21-25 September    Josua<\/p>\n\n\n\n
Vanoggend begin ons hierop te fokus deur die gedeelte vanuit 2 Korinti\u00ebrs 3 as inleiding te gebruik.  In hierdie gedeelte wil Paulus vir die gemeente uitlig dat hy nie getuigskrifte nodig het om vir hulle te s\u00ea wie hy is nie, soos ander predikers.  Die evangelie waarvan hy getuig is self die getuigskrif.  Meer nog, dit is geskryf deur die Heilige Gees op hulle harte en sal nie afgewas kan word (soos ink) en vernietig kan word nie (soos klip) – dit bly vir ewig.  Nie omdat Paulus so goed is nie, hy is bekwaam gemaak deur die Here en kan nie op hom self roem nie.
\nHy bring die evangelie boodskap van die verlossing in Jesus Christus.  In vergelyking met die bediening van die wet, kan hierdie vryheid en verlossing wat Christus bring deur die dood en opstanding, nie eens opweeg teen die vroe\u00ebre nie.
\nDie Heilige Gees verander ons sodat ons hierdie heerlikheid kan raaksien, verstaan en dit uitleef!
\nOns almal weerspie\u00ebl die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem (Moses het sy gesig toegemaak omdat hy nie wou h\u00ea die Israeliete moet sien dat die heerlikheid wat hy uitgestraal het, na \u0149 ruk afneem en weggaan nie). Ons word al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.
\nDie heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
\nBesef dit dan opnuut weer- ek is \u0149 getuigskrif wat deur die Here self geskryf is, sodat ander die evangelie ook in my kan lees! Leef dan hierdie beeld van Christus uit!
\nWie is ek r\u00earig? <\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nEksodus 34:27-35 en Galasi\u00ebrs 1:11-24.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nDankie Here dat U ons \u0149 getuigskrif maak om te getuig van U heerlikheid.  Dankie dat U Heilige Gees ons verander en voortdurend vernuwe sodat ons U heerlikheid  kan uitstraal! Leer ons opnuut weer wie ons r\u00earig is, soos wat U ons sien en maak. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Lees: 2 Korinti\u00ebrs 3. Teks wat tref: 2 Kor. 3:3 en 18. \u201c3. Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense.\u201d Hoe sien jy jouself? As […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1116"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1116"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1116\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1117,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1116\/revisions\/1117"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}