{"id":1109,"date":"2020-08-28T06:33:47","date_gmt":"2020-08-28T04:33:47","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1109"},"modified":"2020-08-28T06:33:47","modified_gmt":"2020-08-28T04:33:47","slug":"dagstuk-28-augustus-2020-skakel-asseblief-die-lig-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1109","title":{"rendered":"Dagstuk 28 Augustus 2020 \u2013  Skakel asseblief die lig aan."},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:13-16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v14<\/p>\n\n\n\n<p>Enkele\njare gelede het \u0149 geweldige stormwind&nbsp; \u0149 klein kerkie wat hoog bo op \u0149\nbergreeks gebou was, verwoes. Weens \u0149 tekort aan finansies was die gemeente nie\nin staat om dit te herbou nie. \u0149 Ruk daarna het die hoof van die Britse Vloot\ngaan verneem wanneer die gemeente die kerk sou herstel. Toe hy hoor&nbsp; dat\ndaar nie genoeg fondse was nie het hy die predikant meegedeel dat die Vloot die\nkoste sal dra.&nbsp; Hierdie kerkie met sy lig en kerkklok is deur al die skepe\nwat daar verbygevaar het as baken gebruik om behoorlik om die gevaarlike\nbergreeks te vaar. Dit was \u0149 lig vir die w\u00eareld.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met\nhierdie verhaal verstaan ons iets van Jesus se prediking in Mt 5:14. Om dan lig\nvir die w\u00eareld te wees was betekenisvol om die mense se veiligheid en koers te\nverseker. Verder moes die lig God verheerlik.&nbsp; Wanneer Jesus met die skare\npraat dui Hy weer hul andersheid aan. Met hulle optrede beklemtoon Hy die noue\nverband tussen die mense en God. Die optrede wat julle Vader wat in die hemel\nis verheerlik dui op die verhouding met die Here. Julle is onlosmaaklik aan God\nverbind.&nbsp; Ek is God se Ligdraer.&nbsp; Daarom sal ek tussen ander mense\nuitstaan.&nbsp; Daar is \u0149 duidelike verskil tussen ligdraers en diegene wat in\ndie donker skadu bly voortleef.&nbsp; Ons lig skyn in hierdie donker w\u00eareld\nomdat ons deur die krag van die Gees versterk word.<\/p>\n\n\n\n<p>Sonder lig is lewe op\ndie aarde nie moontlik nie. Almal het dit nodig. Net \u0149 kragonderbreking van\nenkele ure is genoegsame bewys dat die mens lig nodig het. Gaan maak seker waar\nGod jou wil gebruik. Ongehoorsaamheid aan hierdie opdrag beteken dat jy\nwonderlike skepping en alles wat dit vertoon verontagsaam. Die treffende beeld\nwat Jesus hier gebruik dat ons optrede daarop neerkom dat ons God se lig onder\n\u0149 maatemmer plaas dwing my tot ware selfondersoek. .&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Sonder\nGod kan daar geen lig skyn nie. Hy is die bron van die lig wat&nbsp; by ons\noptrede hoort. <br>\n\u0149\nLamp wat onder \u2018n maatemmer weggesteek word dien geen doel nie. Dit moet hoog\nop \u0149 staander geplaas word.<\/p>\n\n\n\n<p>As God\nse gese\u00ebndes word ons geroep om \u0149 verskil in die w\u00eareld te maak. Ons verdryf\ndie duisternis waar ons God se Woord verkondig.&nbsp; In Jh 8:12 s\u00ea Jesus dat\nHy die lig vir die w\u00eareld is. \u201cWie My volg, sal nooit in die duisternis lewe\nnie, maar sal die lig h\u00ea wat lewe gee.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Wees\nvoorbereid en gereed om die lig aan te skakel daar waar God jou gebruik!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps\n119: 105-112<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nleer my om nie in iemand anders se lig te staan nie. Dankie dat die Heilige\nGees ons lei om in U lig te lewe. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:13-16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v14 Enkele jare gelede het \u0149 geweldige stormwind&nbsp; \u0149 klein kerkie wat hoog bo op \u0149 bergreeks gebou was, verwoes. Weens \u0149 tekort aan finansies was die gemeente nie in staat om dit te herbou nie. \u0149 Ruk daarna het die hoof van die Britse Vloot gaan verneem wanneer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1109"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1109"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1109\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1110,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1109\/revisions\/1110"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1109"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1109"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1109"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}