{"id":1107,"date":"2020-08-27T06:38:29","date_gmt":"2020-08-27T04:38:29","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1107"},"modified":"2020-08-27T06:38:29","modified_gmt":"2020-08-27T04:38:29","slug":"dagstuk-27-augustus-2020-gee-asseblief-die-sout-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1107","title":{"rendered":"Dagstuk 27 Augustus 2020 \u2013  Gee asseblief die sout aan"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:13-16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 13<\/p>\n\n\n\n<p>In\nMt 5:1-12 het Jesus in sy preek baie aandag aan die karaktereienskappe van die\ngese\u00ebndes wat in God se koninkryk is, gegee.&nbsp; Die gese\u00ebndes se andersheid\ngaan nou oor in aksie en dade.&nbsp; Opvallend genoeg beteken dit nie allerlei opspraakwekkende wonderdade en buitengewone\noptrede wat deur almal raakgesien word nie.&nbsp; Jesus s\u00ea net: \u201cJulle is die\nsout vir die aarde.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nsou eerder verwag dat die gese\u00ebndes in \u0149 verhewe staat sou lewe en dat hulle\nmet rykdom, voorspoed en \u0149 ho\u00eb agting beloon word.&nbsp; God se gese\u00ebndes is\nvreemd en anders. God se gese\u00ebndes word gestuur om \u0149 verskil te maak.&nbsp; Die\nlekkerste maaltyd sonder genoeg sout smaak eintlik na niks nie.&nbsp; Met\nhierdie beeld leer Jesus ons om bruikbaar te wees.&nbsp; Juis omdat Christus\nons lewe verander het, is ons die sout vir die aarde.&nbsp; Ek word nou wat God\nmy gemaak het.&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus\ngebruik \u0149 aardse voorbeeld om \u0149 geestelike waarheid te verduidelik.&nbsp; Sout\nword gebruik om te voorkom dat iets bederf raak. Dit is een van die beste\npreserveermiddels wat vandag steeds gebruik word. Dan word dit ook tydens \u0149\nmaaltyd gebruik om smaak aan die kos te gee.&nbsp; Met sy kruisdood het\nChristus ons bewaar van die ewige verderf en boonop ook vir ons \u0149 blyplek saam\nmet Hom verseker.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Sout is net effektief as die\nkernbestanddele daarvan reg gevorm is.&nbsp; Ons ontvang dit van God. Jesus s\u00ea:\n\u201cJulle is die sout vir die aarde.\u201d&nbsp; Ons word nie eers later die sout\nnie.&nbsp; Verder beteken die Here se opdrag dat ons die sout is wat die hele\naarde teen verrotting moet beskerm.&nbsp; As gelowiges moet ons God se boodskap\noral verkondig en sy wil op elke plek gehoorsaam. Jy word deur God geroep om \u0149\nverskil te maak.&nbsp; Daarom moet ons altyd seker wees dat ons aan Christus\nverbonde is en dat Hy ons deur sy Heilige Gees stuur om smaak te verleen en om\nverrotting te voorkom. Daarom is dit ons taak om ons stem te laat hoor as\nwetgewing teen God se wil indruis wanneer onreg plaasvind met die wettiging van\naborsie, die laster van God se Naam en die verdringing van die Christelike\nwaardes. <\/p>\n\n\n\n<p>Ongelukkig gebeur dit soms dat ek die\ndoel van my bestaan op die aarde mis.&nbsp; Sout wat verslaan het, is niks meer\nwerd nie. Dit word weggegooi en deur mense vertrap.&nbsp; Daar is baie dinge\nwat daartoe bydrae dat sout kragteloos en smaakloos word.&nbsp; Die\nmeeste&nbsp; daarvan begin met my eie optrede wanneer gemaksug, eiegeregtigheid\nen onbetrokkenheid posvat.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Om sout vir die aarde te wees beteken\ndat ek getrou sal luister na die leiding van die Heilige Gees. Bestudeer God se\nWoord. Maak \u0149 verskil. <\/p>\n\n\n\n<p>Begin vandag daarmee deur op te let of\ndie Here iemand saam met jou aan tafel laat sit vir wie jy die sout kan aangee.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Fil\n2:5-11<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nsoms is dit seer as daar sout op my wonde ingevryf word om te keer dat ek\nverrot. Dan is daar ook weer die vreugde as U my gebruik om smaak aan die kos\nte verleen. Maak my al meer diensbaar in U koninkryk. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:13-16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 13 In Mt 5:1-12 het Jesus in sy preek baie aandag aan die karaktereienskappe van die gese\u00ebndes wat in God se koninkryk is, gegee.&nbsp; Die gese\u00ebndes se andersheid gaan nou oor in aksie en dade.&nbsp; Opvallend genoeg beteken dit nie allerlei opspraakwekkende wonderdade en buitengewone optrede wat deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1107"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1107"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1107\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1108,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1107\/revisions\/1108"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1107"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1107"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1107"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}