{"id":1101,"date":"2020-08-26T08:11:30","date_gmt":"2020-08-26T06:11:30","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1101"},"modified":"2020-08-26T08:11:30","modified_gmt":"2020-08-26T06:11:30","slug":"dagstuk-25-augustus-2020-gaan-maak-vrede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1101","title":{"rendered":"Dagstuk 25 Augustus 2020 \u2013  Gaan maak vrede"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12                          Teks wat tref: v 9<\/p>\n\n\n\n<p>Na elke nuusberig lyk dit onmoontlik dat daar ooit vrede sal wees.  Elke berig vertel van oorlog, vervolging en vernietiging.  Die mens se lewe is niks werd nie.  En wanneer daar pogings aangewend word om te verseker dat vrede wel moontlik is, word dit met terreuraanvalle en geweldsmisdade verdring.  Sal ons in Suid-Afrika vrede kan h\u00ea as plaasmoorde en aanvalle op weerlose mense voortduur? Hierdie omstandighede en die spanning wat in huise ontstaan, laat min vooruitsigte vir \u0149 vredevolle bestaan tussen ouers, kinders en ander. <\/p>\n\n\n\n<p>Alvorens ons kan verstaan waarom Jesus die vredemakers gese\u00ebnd noem, moet ons allereers weet wat met vrede bedoel word.  Is dit bloot net \u0149 situasie sonder oorlog, konflik en spanning? Beteken dit dat ek alles maar sal verduur net om die vrede te bewaar?  As die teenwoordigheid van vrede van die mens se optrede afhang sal ons dit nooit bereik nie. Dink maar net aan jou optrede tydens \u0149 geskil. Niemand gee graag toe nie.  Ek sal nie maklik erken dat ek verkeerd opgetree het nie.  <\/p>\n\n\n\n<p>Vrede word eers reg verstaan as ek besef dat my optrede my verhouding met die Here beskryf.  Daar is net harmonie as my optrede altyd God se eer soek.  Vrede kan ook vertaal word met die woord guns. My optrede moet in ooreenstemming met God se wil wees. . Enige iets anders sou opstand teen die Here wees.  Vrede is veel meer as die afwesigheid van oorlog.  <\/p>\n\n\n\n<p>Eers wanneer die Heilige Gees in my woon sodat ek God se liefde en genade beleef en verstaan kan ek \u0149 vredemaker wees.  Eers wanneer ek bely dat Jesus met sy kruisdood en opstanding my verhouding met God herstel het besef ek dat vrede beteken dat ek met God versoen is.  Die sonde bestaan nie meer nie.  Die vyand is platgeslaan. Die stryd is deur Jesus gewen. Ek is nou kind van God en nie meer vyand nie.  <\/p>\n\n\n\n<p>Die beeld wat Jesus gebruik om die vredemakers se posisie met God te beskryf is treffend. Die ho\u00eb premie wat op vredemakers geplaas word, dui daarop dat God my kosbaar ag.  Christus het as Oorwinnaar uit die stryd getree sodat ek die volle troos en versorging van my Vader kan beleef.  Vrede is net moontlik teen \u0149 geweldige ho\u00eb prys.  <\/p>\n\n\n\n<p>Daardeur word die opdrag om \u0149 vredemaker te wees vasgel\u00ea. Op grond daarvan word ek nou geroep om die versoening verder uit te dra. Ons is nie geroep om net op aarde geskille by te l\u00ea nie, maar om te verseker dat God se liefde verkondig word.  Vrede beteken nie dat ek alles maar gelate sal aanvaar nie en maar net niks doen \u201cter wille van vrede nie\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>Om \u0149 kind van God genoem te word, is troosvol en bring vrede.  Gebruik elke geleenthede om God se vrede oral te proklameer.  Soms sal dit nodig wees om in \u0149 geveg betrokke te raak. Soms sal ek my lewe op die spel moet plaas.  Maak seker dat God se eer altyd beskerm word.  <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<br>\nKol 3:1-17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nHere, leer my om te erken dat ek met my optrede nie altyd vrede bevorder nie.  Leer my om minder aan myself te dink en so op te tree dat ek U eer soek. Vader, skenk aan ons vrede om in hierdie bose w\u00eareld staande te kan bly. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12 Teks wat tref: v 9 Na elke nuusberig lyk dit onmoontlik dat daar ooit vrede sal wees. Elke berig vertel van oorlog, vervolging en vernietiging. Die mens se lewe is niks werd nie. En wanneer daar pogings aangewend word om te verseker dat vrede wel moontlik is, word dit met terreuraanvalle en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1101"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1101"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1101\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1102,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1101\/revisions\/1102"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1101"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1101"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1101"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}