{"id":1089,"date":"2020-08-19T08:50:22","date_gmt":"2020-08-19T06:50:22","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1089"},"modified":"2020-08-19T08:50:22","modified_gmt":"2020-08-19T06:50:22","slug":"dagstuk-19-augustus-2020-waar-kan-ek-tuis-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1089","title":{"rendered":"Dagstuk 19 Augustus 2020 \u2013 Waar kan ek tuis wees?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12                          Teks wat tref: v 5<\/p>\n\n\n\n<p>Die huidige w\u00eareld het nie plek vir sagmoedige mense nie!  Daarom verkondig Christus dat hulle \u0149 nuwe aarde ontvang.  Hy is steeds besig om die karaktertrekke van die burgers van sy Koninkryk te beskryf. Hy begin elke keer met die woord \u201cgese\u00ebnd\u201d wat beteken dat die ontvangers seker kan wees van God se guns, genade en beskerming. Gese\u00ebnd kan ook vertaal word met tevrede wees en om sonder sorge elke oggend te ontwaak.  <\/p>\n\n\n\n<p>Ons gebruik die woord sagmoedig vir \u0149 persoon wat alles maar gelate aanvaar en deur die gebeure van elke dag rondgeslinger word.  Gedienstig, gedwee. Die spreekwoord sagmoedige Neelsie dui gewoonlik op iemand wat maar met alles tevrede is en nie werklik indruk maak nie. Dit is iemand wat konflik liefs vermy en sonder beslistheid optree.  Ons sou nie dink dat iemand met hierdie karaktertrek plek in God se koninkryk sal h\u00ea nie. Ons sou eerder die manhaftige optrede van \u0149 held verwag. Ons w\u00eareld het al hoe minder plek vir mense met geduld, vredemakers en mense wat vriendelik optree.  Dit is juis hulle wat vertrap word.  <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is juis hier waar Jesus ons nooi om dieper te kyk.  Met hierdie karaktertrek word die gese\u00ebndes se andersheid uitgelig. As ek vertrap word en dit dikwels voel dat ek elke keer die onderspit delf teenoor mense wat verkeerd doen en geen liefde vir ander het nie, oorweeg ek ook om dieselfde te doen. Met krag en mag sal alles kan verander.  Heimlik dink ons ook daaraan.  Ek sal myself laat geld en my stem laat hoor.  Al veroordeel ons sodanige optrede, lyk dit soms of dit die enigste oplossing is. <\/p>\n\n\n\n<p>Met sy eie lewe en optrede het Jesus vir ons kom wys wat dit beteken om sagmoedig te wees. As Koning daal Hy na die aarde neer en neem die gestalte van \u0149 dienskneg aan. Hy word beledig, verneder en verkleineer en vee die spoeg weg as die soldate in sy gesig spoeg en Hom bespot. Hiermee wys Hy vir ons wat dit beteken om sagmoedig te wees. Hy leer ons wat sy Vader se verwagting van ons is.  Ons is hier om te dien en te sorg dat God al die eer ontvang.  God vra van my gehoorsaamheid.  Dit gaan nie oor my nie maar my diensbaarheid in God se koninkryk.  <\/p>\n\n\n\n<p>Om sagmoedig te wees beteken dat ek die aanslae en onreg van die w\u00eareld verduur. Dit voel dat dit nooit sal ophou nie.  Jesus leer ons dat ons in \u0149 gebroke w\u00eareld leef.  Daarom word ons vertroos dat die sagmoediges die nuwe aarde ontvang. Miskien het jy dit ook al oorweeg om te s\u00ea dat jy nou genoeg gehad het en soos die w\u00eareld sal reageer. Of \u0149 mens kan die Here vertrou en Hom volg. Die oorwinning kom nie deur mag en krag nie, maar deur die liefde van Christus. <\/p>\n\n\n\n<p>In Mt 5:3 het Christus ons verseker dat di\u00e9 wat weet hoe afhanklik hulle van God is, die koninkryk van die hemel het. Met sy opstanding uit die dood het Christus my verseker dat ek die nuwe aarde sal ontvang.  <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<br>\nMt 5:38-48<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nHere, dankie dat die aanbreek van die nuwe aarde met Christus se dood en opstanding verseker is. Lei my om met Jesus se deernis en omgee \u0149 verskil te maak in \u0149 w\u00eareld waar alles vertrap word. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12 Teks wat tref: v 5 Die huidige w\u00eareld het nie plek vir sagmoedige mense nie! Daarom verkondig Christus dat hulle \u0149 nuwe aarde ontvang. Hy is steeds besig om die karaktertrekke van die burgers van sy Koninkryk te beskryf. Hy begin elke keer met die woord \u201cgese\u00ebnd\u201d wat beteken dat die ontvangers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1089"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1089"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1089\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1090,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1089\/revisions\/1090"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1089"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1089"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1089"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}