{"id":1087,"date":"2020-08-18T07:20:34","date_gmt":"2020-08-18T05:20:34","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1087"},"modified":"2020-08-18T07:20:34","modified_gmt":"2020-08-18T05:20:34","slug":"dagstuk-18-augustus-2020-treur-tot-troos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1087","title":{"rendered":"Dagstuk 18 Augustus 2020 \u2013 TREUR tot TROOS"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v4<\/p>\n\n\n\n<p>Ons lees verder in Mt\n5:1-12 oor hulle wat deur die Here gese\u00ebn word. Dit is te verstane dat ek van\nGod afhanklik moet wees omdat Hy alles voorsien en omdat Hy van alles weet. \u0149\nKoning moet immers onderdane h\u00ea wat lojaal is. Om van my te verwag om te treur\nklink vreemd. Ons het tog al geleer dat as jy lag die w\u00eareld saam met jou sal\nlag en as jy huil jy alleen sal wees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met\ndie tweede karaktertrek&nbsp; in vers 4 waarmee die lewe van Christene beskryf\nword, sluit dit nou aan by die vorige karaktertrek.&nbsp; Om van die Here\nafhanklik te wees laat my besef hoe dikwels ek al van Hom af weggedraai\nhet.&nbsp; Dit is daaroor dat die gelowige moet treur.&nbsp; In die\noorspronklike taal waarin die Nuwe Testament geskryf is, word verskillende\nwoorde vir treur gebruik. Dit kan wees dat ek hartseer is oor die verlies van \u0149\ngeliefde. In Mt 5:4 beteken dit dat ek berou het oor my ongeregtighede.&nbsp;\nEk besef dat ek my Vader teleurgestel het, en nie aan Hom gehoorsaam was\nnie.&nbsp; Die treurendes is mense wat besef dat hul optrede die Here verdring\nhet.&nbsp; Ons mag oor baie dinge hartseer wees maar die treurendes is hulle\nwat besef dat hul optrede die Here bedroef het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\noptrede word gewoonlik gesien wanneer ek besef hoe my optrede God se eer steel,\nof wanneer die mens die skepping verwoes, of wanneer die gevolge van moord en\ndoodslag mense se lewe vernietig of wanneer God se Naam misbruik word.&nbsp;\nDit is wanneer die gebrokenheid van die samelewing my tot stilstand dwing.\nWanneer die wreedheid van gesinsgeweld gevoel word. Wanneer woorde nie gebruik\nkan word om my stukkende binneste te genees nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Dan\neers verstaan ons wat dit beteken dat die Here troos sal gee.&nbsp; Di\u00e9 troos\nvind plaas wanneer &nbsp;ek deur die Heilige Gees gelei word om vorentoe te\nkyk. In die donkerste oomblikke breek daar weer \u0149 helder ligstraal deur. Dan\nerken ek dat God alles beheer in Jesus Christus se opstanding, hemelvaart en\nwederkoms.&nbsp; Dit is wanneer God alles nuut maak sodat daar niks meer is om\noor te treur nie.&nbsp; Op hierdie pad sal daar nog dikwels omstandighede en\ngebeure wees wat my laat treur. Di\u00e9 teleurstelling van \u0149 lang vriendskap wat\ndeur \u0149 misverstand vernietig is. Die onregverdige werkgewer wat my benadeel\nhet. Die optrede van \u0149 lewensmaat wat ontrou geraak het. Die kerk wat nie meer\nhaar roeping uitleef nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Met\ntalle voorbeelde in die Bybel word ons wel vertroos. Die profete huil oor die\nverval van die volk. Dan bewerk die Here uitkoms. Die dissipels word oor hul\ngeloof vervolg. Maar nooit word die Here se stem stilgemaak nie.&nbsp; Ons Here\nJesus Christus word onskuldig ter dood veroordeel sodat ons verlos kan word.\nChristus se opstanding is sekerlik die enkele mees troosvolle boodskap vir alle\ntye.&nbsp; Ek vind my troos daarin dat Jesus se liefde alles oorwin. Hy stuur\ndie Heilige Gees, die groot Trooster, aan elkeen wat opreg treur. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps\n116 en Sag 8:1-13 <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nlei my dwalende gedagte om oor die dinge wat u eer beroof het te treur.&nbsp;\nDankie dat die Heilige Gees my droefheid en seer wegvat.&nbsp; Dankie vir die\nenigste Troos, Jesus Christus in my lewe. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v4 Ons lees verder in Mt 5:1-12 oor hulle wat deur die Here gese\u00ebn word. Dit is te verstane dat ek van God afhanklik moet wees omdat Hy alles voorsien en omdat Hy van alles weet. \u0149 Koning moet immers onderdane h\u00ea wat lojaal is. Om van my te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1087"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1087"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1087\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1088,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1087\/revisions\/1088"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1087"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1087"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1087"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}