{"id":1085,"date":"2020-08-17T08:06:18","date_gmt":"2020-08-17T06:06:18","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1085"},"modified":"2020-08-17T08:06:18","modified_gmt":"2020-08-17T06:06:18","slug":"dagstuk-17-augustus-2020-om-aan-die-here-se-voete-te-sit-maak-my-van-god-afhanklik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1085","title":{"rendered":"Dagstuk 17 Augustus 2020 \u2013  Om aan die Here se voete te sit maak my van God afhanklik"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v3<\/p>\n\n\n\n<p>Na die roeping van die\neerste dissipels aanskou hulle hoe Jesus in Galilea rondgaan en siekes met\nallerhande kwale en pyne, geestelik versteurdes en verlamdes gesond maak. Dit\nhet tot gevolg dat groot menigtes Hom volg. (Mt 4:23-25) Toe Jesus die menigte\nmense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy\ndissipels na Hom gekom, en Hy het hulle geleer. <\/p>\n\n\n\n<p>Daarna volg Jesus se\nBergrede wat as een van die kragtigste preke in die ganse geskiedenis van die\nw\u00eareld bekend word. Heel eerste leer Jesus ons om van God afhanklik te wees.\n(Mt 5:3) Hierdie gese\u00ebndes ontvang ook die koninkryk van die hemel. Daarna volg\nnog sewe geestelike eienskappe wat bedoel is vir elke ware volgeling van ons\nHere. Die Jode het Hom as \u0149 aardse Koning gesien wat vir hul eie gewin\nvoordelig sou wees. Hier is die bedoeling dat hulle wat hulle nou al onderwerp\naan Jesus se heerskappy, deel het&nbsp; aan die koninkryk van God. Hierdie\npreek van alle preke is vandag steeds net so geldig soos destyds toe die eerste\nhoorders na Jesus geluister het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wat beteken dit om van\nGod afhanklik te wees? Allereers is dit nodig dat die Here ons leer om aan Hom\ngehoorsaam te wees. Dit druis in teen die beskouing dat ek in alles sover\nmoontlik onafhanklik wil wees.&nbsp; Dit is ons aard om net te maak soos ek\ngraag wil. My stel re\u00ebls moet geld. Om van God afhanklik te wees beteken dat ek\nmyself sal prysgee. Te dikwels maak my geld, mag, posisie, aansien en beskouing\ndit moeilik om aan die voete van die Here te gaan sit. Ek moet erken dat ek\nsonder God niks kan doen nie. Ek het God elke oomblik nodig. Sonder Hom is ons\nin geestelike armoede gedompel. Ons moet word wat Christus van ons\nverwag.&nbsp; Ons moet Hom as Koning erken en sy onderdane wees.&nbsp; Met\nJesus se hele lewe verkondig Hy dat Hy na die aarde gekom het om te dien en nie\nom gedien te word nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In Mt 5:3 leer Jesus\nons om te dien. Sy opdrag is so in stryd met wat ons wil.&nbsp; Met sy\nkruisdood en opstanding het Jesus ten volle aangetoon wat dit beteken om van\nGod afhanklik te wees. Toe Hy die dood in die o\u00eb staar lei die Heilige Gees Hom\nom te weet dat Hy van sy Vader afhanklik is en so die dood sal oorwin.&nbsp;\nJesus is die Koning wat ons versterk om nooit bang te wees nie. Selfs wanneer\ndie w\u00eareld se aanslae met mag teen ons aangerol kom, wanneer Covid 19 ontwrig\nen lewens neem, my finansies nie meer klop nie en ek uitsigloos voortbeur, gee\nHy vir ons krag. <\/p>\n\n\n\n<p>Elkeen wat so leef\nontvang boonop \u0149 beloning. Jesus verkondig met sekerheid dat die koninkryk van\ndie hemel aan hulle behoort. Dit klink vir ons na \u0149 vreemde opdrag. Dit is\nbetekenisvol dat die preek van ons Here Jesus Christus juis met hierdie\neienskap begin. As jy nie van God afhanklik is nie, staan jy alleen teen die\naanslae van die w\u00eareld.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons lees more verder\nwat dit beteken om aan die Here se voete te sit. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Luk 10:38-42 en Rm\n10:10,11<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, leer my om al\nminder op myself te fokus en in afhanklikheid van U te leef.&nbsp; Verbreek die\nbande van ongeregtigheid, selfsug en hoogmoed sodat ek deel het aan die\nkoninkryk van die hemel. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 5:1-12\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v3 Na die roeping van die eerste dissipels aanskou hulle hoe Jesus in Galilea rondgaan en siekes met allerhande kwale en pyne, geestelik versteurdes en verlamdes gesond maak. Dit het tot gevolg dat groot menigtes Hom volg. (Mt 4:23-25) Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1085"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1085"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1085\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1086,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1085\/revisions\/1086"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1085"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1085"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1085"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}