{"id":1076,"date":"2020-08-14T12:03:01","date_gmt":"2020-08-14T10:03:01","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1076"},"modified":"2020-08-14T12:03:01","modified_gmt":"2020-08-14T10:03:01","slug":"dagstuk-vrydag-14-augustus-2020-onderwerp-jou-onder-die-kragtige-hand-van-god","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1076","title":{"rendered":"Dagstuk Vrydag 14 Augustus 2020 &#8211; Onderwerp jou onder die kragtige hand van God!"},"content":{"rendered":"<p><strong>1 Petrus 5:5-14<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Teks wat tref: 1 Petrus 5:6.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cOnderwerp julle daarom in nederigheid aan die\nkragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Gister se\nopdrag was aan die ouderlinge gerig oor hoe hul na die Opperherder se kudde\nmoet omsien.&nbsp; Die ander kan van die\nmuntstuk is dat wanneer ons s\u00ea ons volg die Opperherder, dan sal ons ook die\ntoesig en leiding van die ouderlinge navolg en aanvaar.&nbsp; Die boodskap word veral aan die jongeres\ngerig.&nbsp; Jongeres wat vol lewenslus en\nwysheid is, maar van hul word veral gevra om nederig te wees.&nbsp; Nie net van ander nie, maar ons almal moet\nteenoor mekaar nederig wees en mekaar help, maak nie saak jou ouderdom of\nposisie nie.<\/p>\n\n\n\n<p>En as ons\nteenoor mekaar nederig moet wees, hoeveel te meer moet ons nie in nederigheid\nons aan die kragtige hand van God onderwerp nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Nie net\ngaan God ons verhoog op die regte tyd nie, maar Hy gee nou ook om vir ons.&nbsp; Daarom het ons die voorreg om ons sorge en\nbekommernisse na Hom te bring. <\/p>\n\n\n\n<p>Wat\nbekommer jou vanoggend?&nbsp; Watter\nbekommernis is vir jou oorweldigend of hou jou terug?&nbsp; Plaas dit voor die Here, want Hy sorg vir\njou!<\/p>\n\n\n\n<p>Regoor die\nw\u00eareld heen beleef gelowiges dieselfde uitdagings en lyding ter wille van\nChristus.&nbsp; Daarom moet jy wakker en\nnugter wees- die duiwel loop rond soos \u0149 leeu wat wil verslind.&nbsp; Ons hoef nie die duiwel te vrees nie, maar\nmoet ook nie op ons self roem en s\u00ea niks sal my aanval of versoek nie.&nbsp; Bly standvastig in die geloof en staan hom\ntee.<\/p>\n\n\n\n<p>God self\nrig ons op en maak ons moedig, sterk en standvastig.&nbsp; Hy skenk ons alle genade, Hy het ons geroep\nen in Christus laat Hy ons deel in sy ewige heerlikheid!<\/p>\n\n\n\n<p>Maak\ndaarom staat op God se werk, self al sluit dit lyding in, Hy kan ons volkome\nvertrou! <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dors vir meer:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Efesi\u00ebrs\n6:10-18 en Openbaring 2:8-11<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gebed<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Enigste\nHere, dankie dat ons al ons bekommernisse na U kan bring.&nbsp; Dankie dat U ons versterk omm die aanslae en\nversoekinge te kan weerstaan en dat ons kan deel in U heerlikheid.&nbsp; Aan U behoort die krag tot in ewigheid. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072 272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1 Petrus 5:5-14 Teks wat tref: 1 Petrus 5:6. \u201cOnderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.\u201d Gister se opdrag was aan die ouderlinge gerig oor hoe hul na die Opperherder se kudde moet omsien.&nbsp; Die ander kan van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1076"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1076"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1076\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1077,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1076\/revisions\/1077"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1076"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1076"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1076"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}