{"id":1067,"date":"2020-08-13T08:13:09","date_gmt":"2020-08-13T06:13:09","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1067"},"modified":"2020-08-13T08:13:17","modified_gmt":"2020-08-13T06:13:17","slug":"dagstuk-donderdag-13-augustus-2020-pas-die-kudde-van-die-opperherder-op-met-die-regte-gesindheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1067","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 13 Augustus 2020 – Pas die kudde van die Opperherder op met die regte gesindheid."},"content":{"rendered":"
1 Petrus 5:1-4
Teks wat tref: 1 Petrus 5:2.
\u201cPas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid;.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Hoeveel keer kry ons nie die beeld van die herder in die Ou en Nuwe Testament nie? In hierdie teksgedeelte word vir ons uitgewys dat Christus Jesus die Opperherder is oor die gemeente en ook oor jou lewe!  So pas die Here sy skape op deurdat Hy sy Heilige Gees vir ons gegee het en gawes vir die gemeente gee.
\nVanoggend leer die Here ons eers hoe die herders na die kudde moet kyk en dan kyk ons DV m\u00f4re hoe die skape ook na die herders moet luister.<\/p>\n\n\n\n
Petrus beskryf die taak van die ouderling baie eenvoudig. Pas as herders die kudde van die Here goed op.  Die gemeente is die kudde van die Here is, dit is sy eiendom.  Rietvallei is nie die gemeente van die kerkraad van Rietvallei nie, dit is die gemeente van Jesus Christus.  Petrus gee glad nie \u0149 opdrag hoe die strukture moet wees nie, maar die gesindheid waarmee die roeping uitgeleef moet word. 3 dinge word gestel oor wat \u0149 dienaar nie moet doen nie en  3 wat \u0149 dienaar moet doen.
\nPas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor di\u00e9 wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ‘n voorbeeld vir die kudde te wees.<\/p>\n\n\n\n
So is hierdie boodskap spesifiek aan die ouderlinge gerig, maar so moet die gesindheid wees by alle gelowiges.  Ons almal staan in God se diens.  Dit sluit aan by 2 Timoteus 2:15.  L\u00ea jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ‘n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.<\/p>\n\n\n\n
Doen dit tot en met die wederkoms van die Opperherder wat die heerlikheid as oorwinnaarskroon gee, \u0149 kroon wat nooit sal vergaan of iemand ooit kan wegvat nie!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\n2 Timoteus 2:14-26 en Titus 1.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nPsalm 23.
\nDie Here is my herder, ek kom niks kort nie.
\nHy laat my rus in groen weivelde.
\nHy bring my by waters waar daar vrede is.
\nHy gee my nuwe krag.
\nHy lei my op die regte paaie
\ntot die eer van sy Naam.
\nSelfs al gaan ek deur donker dieptes,
\nsal ek nie bang wees nie,
\nwant U is by my.
\nIn u hande is ek veilig.
\nU laat my by ‘n feesmaal aansit,
\nterwyl my te\u00ebstanders moet toekyk.
\nU ontvang my soos ‘n eregas,
\nek word oorlaai met hartlikheid.
\nU goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
\nen ek sal tuis wees in die huis van die Here
\ntot in lengte van dae.
\nAmen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
1 Petrus 5:1-4 Teks wat tref: 1 Petrus 5:2. \u201cPas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid;.\u201d Hoeveel keer kry ons nie die beeld van die herder in die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1067"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1067"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1067\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1069,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1067\/revisions\/1069"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1067"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1067"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1067"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}