{"id":1061,"date":"2020-08-11T08:25:38","date_gmt":"2020-08-11T06:25:38","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1061"},"modified":"2020-08-11T08:25:38","modified_gmt":"2020-08-11T06:25:38","slug":"dagstuk-dinsdag-11-augustus-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1061","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 11 Augustus 2020"},"content":{"rendered":"<p><strong>Wat moet jy doen as die einde naby is?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>1 Petrus 4:7-11<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Teks wat tref: 1 Petrus 4:7<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cDie einde van alles is naby. Daarom moet\njulle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die einde\nvan alles is naby!&nbsp; Dit is vir ons \u0149\ngroot troos, die einde is in sig!&nbsp; Dit\ngee ons hoop en spoor ons aan om met nuwe ywer te werk te gaan.&nbsp; As ons hoor die einde van alles is naby, gaan\nsit ons nie in sak en as en wag dat als moet nou verbygaan nie.&nbsp; Nee, ons werp dan juis alles in die stryd!<\/p>\n\n\n\n<p>Totdat die\neinde daar is, moet jy jou toespits om selfbeheers en nugter te wees. Jy leef\nnog steeds deur die Gees!&nbsp; Laat ons in\nhierdie tyd veral ons self beheer, veral voordat ons iets s\u00ea of doen.&nbsp; Ons kan so maklik inval by die persone om ons,\nmaar val ons volkome in by wat God wil?<\/p>\n\n\n\n<p>Wees ook\nnugter, nie net om jou nie oor te gee aan drank of ander middels nie.&nbsp; Nugter beteken dat jy jouself in \u0149 posisie\nsit waar jy self bepaal waarmee maak ek my program vol en wat is my prioriteite\n(gemeet aan God se Woord).&nbsp; Ek reageer\nnie net op die krisis in die w\u00eareld of wat ander van my wil h\u00ea nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Saam met\ndit is daar drie aksiestappe wat ek moet uitleef:<\/p>\n\n\n\n<ol><li>&nbsp;Jy moet\naanhou om mekaar hartlik lief te h\u00ea!&nbsp; Ook\nnou moet ons oogmerk wees om nie net vir myself uit te kyk nie, maar my dade\nmoet na buite gerig wees op ander en hoe kan ek vir hul tot voordeel wees.<\/li><li>Wanneer ek lief is vir ander, dan is dit\nselfsprekend dat ek ook gasvry sal wees.&nbsp;\nDie Here het vir jou \u0149 plek in sy Vaderhuis gegee, is daar dan plek vir\nander by jou huis?&nbsp; Gasvryheid beteken\nnie net om ander in jou huis te ontvang nie, maar dat ek bereikbaar is vir\nander, veral vir ander in die gemeente.&nbsp;\nSo kan ons nog steeds gasvry wees teenoor mekaar.<\/li><li>Gebruik jou genadegawe wat God vir jou deur\ndie Heilige Gees gee, vir die onderlinge diens in die gemeente.&nbsp; Hierop kan jy jou veral toel\u00ea in die\nInperking tyd.&nbsp; Dit doen jy nou sodat God\nvir ander sigbaar word deur jou uitlewing van jou gawes sodat God verheerlik\nkan word!<\/li><\/ol>\n\n\n\n<p>Laat ons\nnou opnuut gehoorsaam wees aan Christus se opdrag in Matteus 5:16. \u201c Laat julle\nlig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader\nwat in die hemel is , verheerlik.\u201d&nbsp; So\nkan ons die voorbeeld van Christus volg wat gekom het, nie om die aandag op Hom\nte trek nie, maar sodat die Vader verheerlik kan word.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dors vir meer:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>1\nKorinti\u00ebrs 12:8-11 en Matteus 5:13-16.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gebed<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Here ons\nVader, lei ons dat ons U kan verheerlik deur ons optrede en dade.&nbsp; Dankie dat U ons roep en vir ons U Gees gee\nom mekaar te kan opbou om U te verheerlik.&nbsp;\nAmen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072 272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat moet jy doen as die einde naby is? 1 Petrus 4:7-11 Teks wat tref: 1 Petrus 4:7 \u201cDie einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.\u201d Die einde van alles is naby!&nbsp; Dit is vir ons \u0149 groot troos, die einde is in sig!&nbsp; Dit gee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1061"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1061"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1061\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1062,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1061\/revisions\/1062"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1061"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1061"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1061"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}