{"id":1057,"date":"2020-08-07T06:28:23","date_gmt":"2020-08-07T04:28:23","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1057"},"modified":"2020-08-07T06:28:23","modified_gmt":"2020-08-07T04:28:23","slug":"dagstuk-07-augustus-2020-laat-die-here-jou-huis-bou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1057","title":{"rendered":"Dagstuk 07 Augustus 2020 \u2013 Laat die Here jou huis bou."},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Ps 127:1-5\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v1<\/p>\n\n\n\n<p>Koning Salomo was nie net bekend vir sy\nwysheid, insig en ongelooflike rykdom nie. Hy neem verantwoordelikheid om die\ntempel van die Here te bou.&nbsp; Hiervoor het Dawid hom deeglik voorberei.\nSalomo word deur die Heilige Gees gelei om met groot onderskeidingsvermo\u00eb en\ndeeglike beplanning die tempel en sy koninklike paleis te voltooi.&nbsp; Dit\nneem hom ongeveer twintig jaar vir die twee bouprojekte.&nbsp; Hy maak gebruik\nvan plaaslike arbeid en voer die beste hout, goud en boumateriaal van ver lande\nin.&nbsp; Logisties bly hierdie een van die grootste projekte en konings en\nvername mense stroom daarheen om dit te aanskou. Sonder God sou Salomo nooit\nsuksesvol gewees het nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In die lig hiervan begin Psalm 127 by die\nHere.&nbsp; Met hierdie vertrekpunt is dit duidelik dat God die Argitek en\nBoumeester moet wees.&nbsp; Die woordkeuse in vers 1 stel dit onomwonde dat\ndaar geen ander moontlikheid bestaan nie.&nbsp; Sonder God is al die inspanning\ntevergeefs.&nbsp; Sonder God se beskerming is daar geen veiligheid nie.&nbsp;\nGeen menslike poging sal sukses behaal nie. Al staan jy vroeg op en gaan slaap\nlaat, sal dit niks baat nie.&nbsp; Die huidige omstandighede waarin ek myself\nbevind weerspie\u00ebl iets hiervan. Lang ure, uitgerekte vergaderings en beplanning\ntot laatnag, is so deel van my bestaan dat ek letterlik nie meer lig sien\nnie.&nbsp; Die Prediker roep uit dat daar van alles niks kom nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Beter beplanning en haarfyn tydsberekening neem\nnie die moeite weg nie.&nbsp; Ons swoeg en sweet en jaag na niks. Tog is daar \u0149\nander moontlikheid. \u201cVir di\u00e9 wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle\nslaap.\u201d&nbsp; Onverdiend. Sonder enige bydrae en inspanning van my af. My beste\npogings is nutteloos.&nbsp; Net God se genade bring vreugde.&nbsp; Daarby word\nnog meer gevoeg.&nbsp; Die bouwerk vlot en die Here gee boonop kinders om in\ndie huise te baljaar.&nbsp; Kinders is \u0149 geskenk van die Here en \u0149 groot\nnageslag was \u0149 bewys van de Here se se\u00ebn. Met nog \u0149 beeld verseker die Here ook\ndat die stad veilig sal wees.&nbsp; Die krygers wat gereed en deeglik\nvoorbereid is met \u0149 pylkoker wat gevul is, het in oorlogstaal oorwinning\nverseker. Die wat God liefhet kry nie net \u0149 huis nie maar geniet die Here se\nbeskerming.&nbsp; Met die Here aan jou kant is jy so goed bemagtig dat jy in\ndie stadspoort kan onderhandel.&nbsp; Deur Christus se opstanding het die Here\nmy bemagtig sodat my dienswerk nie tevergeefs is nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Moenie op jou eie insigte staatmaak nie, en\nlaat die Here die bouwerk doen.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Jes\n66:1,2 en Mt 7:24-29<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nlei my om op die regte fondament te bou. Stuur U Heilige Gees om my van my\neiegeregtigheid te laat afsien.&nbsp; Neem my lewe in U hande.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Ps 127:1-5\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v1 Koning Salomo was nie net bekend vir sy wysheid, insig en ongelooflike rykdom nie. Hy neem verantwoordelikheid om die tempel van die Here te bou.&nbsp; Hiervoor het Dawid hom deeglik voorberei. Salomo word deur die Heilige Gees gelei om met groot onderskeidingsvermo\u00eb en deeglike beplanning die tempel en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1057"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1057"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1057\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1058,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1057\/revisions\/1058"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1057"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1057"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1057"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}