{"id":1053,"date":"2020-08-06T07:10:34","date_gmt":"2020-08-06T05:10:34","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1053"},"modified":"2020-08-06T07:10:34","modified_gmt":"2020-08-06T05:10:34","slug":"dagstuk-06-augustus-2020-jy-is-myne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1053","title":{"rendered":"Dagstuk 06 Augustus 2020 \u2013 Jy is Myne"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Hooglied 2:1-16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v16a<\/p>\n\n\n\n<p>Die wysheid wat Salomo van die\nHere ontvang het, lei daartoe dat die hele volk ho\u00eb agting vir hom kry. Hy\nbe\u00efndruk met sy regspraak en onder sy bewind beleef die volk groot voorspoed.\nIn Hooglied 3:11 sing die vroue van Sion oor die dag van Salomo se huwelik, die\ndag van sy grootste vreugde. In Hooglied word liedere oor die liefde opgeteken\nen word dit aan Salomo opgedra.&nbsp; Alhoewel hy na alle waarskynlikheid nie\ndie skrywer van die boek Hooglied was nie, luister ons na wysheid wat vir die\nverhouding tussen man en vrou geld.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit word uit sewe liedere\nsaamgestel met waardevolle lesse vir elke man en vrou. Hoofstuk 2 begin met\nliefdestaal waar die bemindes met treffende beelde die skoonheid en\naangetrokkenheid van en vir mekaar verklaar.&nbsp; Die vrou is veel meer as \u0149\naffodil en lelie. Sy staan uit. Die man sien haar skoonheid en eienskappe raak.\nVir haar is hy soos \u0149 appelboom tussen die wilde bome. Hy staan uit. Sy sien\nuit na die man se versorging. Hy voorsien skaduwee en voedsel. Die verdere\nbeelde en vergelykings is treffend om hul verliefdheid en aangetrokkenheid tot\nmekaar te beskryf. Hulle het \u0149 intense verlange om vir ewig bymekaar te wees. <\/p>\n\n\n\n<p>Die man spring oor die berge\nen wip oor die rante in pure opgewondenheid en hy is haastig om haar te sien.\nIn afwagting op sy aankoms berei sy haar voor om haar gesig vir hom te wys en\nhaar strelende stem te laat hoor. Die liefde tussen man en vrou word met\nhierdie beelde beskryf om die teerheid en wonderlike samesyn van huweliksgenote\nte verduidelik. Dit is \u0149 besondere diepgaande verhouding tussen man en\nvrou.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Tog is alles nie net maanskyn\nen rose nie en kan ons ook die praktiese raad in vers 15 ter harte neem. Dit is\ngewoonlik die kleinste menigsverskille en iets wat totaal onbeduidend en\nbetekenisloos is wat spanning in \u0149 huwelik veroorsaak. Dink gerus waaroor \u0149\nargument gaan en waar dit begin het?&nbsp; Werk elke dag aan die kommunikasie\nen respek vir mekaar in jul huwelik. <\/p>\n\n\n\n<p>Na alles word hierdie\nverhouding in vers 16 bese\u00ebl met \u0149 liefdesverklaring: &#8211; Jy is myne.&nbsp; In verbondenheid\naan mekaar is die man en vrou op mekaar aangewese en neem hul\nverantwoordelikheid om dit wat hul saam met mekaar deel en ontvang het ewig te\nkoester.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Toe Christus aan die kruis\nsterwe hoor ons ook sy laaste woorde waarmee Hy uitroep dat ons aan Hom behoort\nen dat Hy ons ewig liefhet. Die huwelik word meermale in die Bybel met die\nverhouding tussen die Here en sy kerk vergelyk. God het jou so lief dat Hy\nuitroep: \u201cJy is Myne\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ef\n4:21-33<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U my liefhet. Maak my ywerig en opgewonde om in U diens te mag\nstaan.&nbsp; Verwyder die lastige klippie in my skoen wat die oorsaak van onmin\nen hartseer is.&nbsp; Maak my al meer deel van U. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Hooglied 2:1-16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v16a Die wysheid wat Salomo van die Here ontvang het, lei daartoe dat die hele volk ho\u00eb agting vir hom kry. Hy be\u00efndruk met sy regspraak en onder sy bewind beleef die volk groot voorspoed. In Hooglied 3:11 sing die vroue van Sion oor die dag van Salomo se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1053"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1053"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1053\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1054,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1053\/revisions\/1054"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1053"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1053"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1053"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}