{"id":1051,"date":"2020-08-05T07:53:07","date_gmt":"2020-08-05T05:53:07","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1051"},"modified":"2020-08-05T07:53:07","modified_gmt":"2020-08-05T05:53:07","slug":"dagstuk-05-augustus-2020-wat-wil-die-here-he-moet-jy-vir-hom-doen-deel-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1051","title":{"rendered":"Dagstuk 05 Augustus 2020 \u2013 \u201cWat wil die Here h\u00ea moet jy vir Hom   doen?\u201d (Deel 2)"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 1 Kon 3: 16-28\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v28<\/p>\n\n\n\n<p>Koning Salomo was een van die\nmees invloedryke konings van die volk Israel. Hy het bekendheid verwerf toe die\nHere in \u0149 droom aan hom verskyn het en Salomo gekies het om aan die Here gehoorsaam\nte wees. (1 Kon 3:5,9). Hiervoor beloon God hom deur aan hom wysheid, insig en\nrykdom te skenk.&nbsp; Op \u0149 keer moet hy hierdie wysheid en insig gebruik om\nuitspraak te lewer in \u0149 saak waar lewe of dood ter sprake is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Reeds in Salomo se tyd is dat\nhartseer dat prostitute al naby die volk se aanbiddingsplekke hul dienste saam\nmet die aanbidding van afgode aangebied het. Nietemin word Salomo se insig\nvereis om regspraak te lewer.&nbsp; Die koningin van Skeba het Salomo se\nwysheid besing.&nbsp; Hier wend twee vroue hul na hom.&nbsp; Inderdaad \u0149\nvreemde en komplekse situasie. Maar God se wil geld vir almal op elke plek,\nongeag jou stand, posisie of rykdom. <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie is \u0149 toets vir Salomo\nse insig.&nbsp; Ons kan aflei dat die twee vroue moontlik vriendinne was. Hulle\nwoon in dieselfde huis en binne drie dae na mekaar word \u0149 baba vir elkeen\ngebore.&nbsp; Daar word vertel dat hulle alleen in die huis was. Niemand anders\nnie, net hul&nbsp; twee.&nbsp; Dit beteken dat daar geen ander ooggetuies was\nwat in hierdie saak kon getuig nie.&nbsp; Onder normale omstandighede sou die\ngetuienis van ander hierdie saak vergemaklik.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die vroue verskyn voor die\nkoning en stry met mekaar.&nbsp; Beskuldigings word heen en weer\nrondgeslinger.&nbsp; Elkeen het \u0149 teenargument gereed. Dit is die een se woord\nteen di\u00e9 van die ander. Die een se hart krimp ineen en die ander een eis wraak.&nbsp;\nIn afwagting om hul saak te wen staan die vroue gereed terwyl Salomo by homself\nredeneer.&nbsp; Hiermee bewys Salomo sy insig.&nbsp; Hy gaan nie oorhaastig \u0149\nbesluit neem nie. In die beoordeling van sake moet ons ook leer om geduldig\nalles te oorweeg. Ouers ken hierdie situasie maar al te goed as hul \u0149 geskil\ntussen kinders moet oplos.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dan gee Salomo \u0149 vreemde\nopdrag.&nbsp; \u201cBring vir my \u0149 swaard!\u201d&nbsp; By die reeds bestaande hartseer\nbeveel hy dat die kind wat lewe in twee stukke gesny moet word en dat elke vrou\n\u0149 helfte moet kry.&nbsp; Ons roep dadelik uit dat dit wreed is.&nbsp; Salomo\nkry die oplossing in die optrede van die vroue. Hy&nbsp; sien as\u2019t ware hul\nharte raak.&nbsp; Die hart is die setel van ons lewe.&nbsp; Die moeder wat\neerder wil h\u00ea dat die kind moet bly lewe word deur Salomo raakgesien. Sy begeer\neerder dat \u0149 kind moet bly lewe as dat nog een moet sterwe.&nbsp; In die sesde\ngebod beskerm God die lewe wat Hy geskenk het. So weet Salomo watter vrou die\nkind moet kry. <\/p>\n\n\n\n<p>Salomo tree in diens van die\nHere op deur aan Hom gehoorsaam te wees.&nbsp; Almal hoor van sy uitspraak en\nkry ho\u00eb agting vir die koning.&nbsp; God vra dat ek ook vandag na sy uitsprake\nsal luister.&nbsp; Christus het met sy sterwe en opstanding ons elkeen ook \u0149\nkoning, priester en profeet gemaak. Rig jou lewe so in dat jou woorde en dade\nvan gehoorsaamheid getuig.&nbsp; Maak seker dat jy genoeg tyd saam met God\nspandeer dat jy met wysheid die vraagstukke van elke dag kan aanspreek.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Heb\n4:12-16 en Jak 2:1-13<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nleer my om mense nie op hul uiterlike te beoordeel nie. Laat U Heilige Gees my\nbesluite rig. Dankie dat U die bedoelings en gedagtes van my hart deur Christus\nverander om in U koninkryk diensbaar te wees.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 1 Kon 3: 16-28\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v28 Koning Salomo was een van die mees invloedryke konings van die volk Israel. Hy het bekendheid verwerf toe die Here in \u0149 droom aan hom verskyn het en Salomo gekies het om aan die Here gehoorsaam te wees. (1 Kon 3:5,9). Hiervoor beloon God hom deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1051"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1051"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1051\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1052,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1051\/revisions\/1052"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1051"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1051"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1051"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}