{"id":1048,"date":"2020-08-04T07:34:02","date_gmt":"2020-08-04T05:34:02","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1048"},"modified":"2020-08-04T07:34:02","modified_gmt":"2020-08-04T05:34:02","slug":"dagstuk-04-augustus-2020-wat-wil-jy-he-moet-ek-vir-jou-doen-deel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1048","title":{"rendered":"Dagstuk 04 Augustus 2020 \u2013 \u201cWat wil jy h\u00ea moet Ek vir jou doen?\u201d (Deel 1)"},"content":{"rendered":"<p><a>Skrifgedeelte: 1 Kon 3: 2-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5,9<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>In Spreuke het ons geleer dat wysheid begin met\ndie dien van die Here. Baie van daardie Spreuke is deur Salomo opgeteken en is\nvandag nog steeds van onskatbare waarde. Hierna gaan ons verder lees van die\nkoningskap van Salomo en die toepassing van wysheid wanneer ons\nlewensvraagstukke hanteer.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Koning Salomo was een van die mees invloedryke\nkonings van die volk Israel. Tydens sy regering word \u0149 tempel vir die Here\nopgerig, beleef die volk voorspoed en ontvang hy besoeke van ander\nhooggeplaaste w\u00eareldbekendes.&nbsp; Die koningin van Skeba merk na \u0149 besoek op\ndat die helfte van Salomo se wysheid haar nie van vertel is nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit begin met \u0149 droom waarin die Here aan\nSalomo verskyn het terwyl hy na Gibeon gegaan het om daar te offer.&nbsp; Nadat\nDawid opdrag gegee het dat Salomo heerser van Israel en Juda moet wees (1Kon\n1:35), beleef Salomo talle onstuimighede. Eindelik kry hy \u0149 stewige houvas op\ndie koningskap.&nbsp; Hy gee gehoor aan sy vader Dawid se opdrag deur alles te\ndoen wat vir hom voorgeskryf is. Salomo het die waarde van gehoorsaamheid\nbesef. Mag dit ons ook aanspoor om so te leef.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Toe die Here aan Salomo verskyn en vir hom vra\nwat Hy vir hom moet gee, betoon Salomo die nodige eerbied en respek. Hy buig\nvoor God en erken dat alles wat hy ontvang het van die Here kom.&nbsp; Sy\nkoningskap is aan God te danke.&nbsp; Hy vertrou volkome op die Here.&nbsp; Hy\nstel homself onder God se gesag.&nbsp; Hy bely ook sy eie tekortkominge wanneer\nhy erken dat hy nog jonk en onervare was en oor \u0149 groot volk moet regeer. <\/p>\n\n\n\n<p>Wat sou jy vra as jy enige iets kan kry? Die\nark van die Here (simbool van God se teenwoordigheid) het by Gibeon\ngestaan.&nbsp; Salomo het juis daarheen gegaan om hom vir sy verdere koningskap\nvoor te berei. Hy vra die Here vir die dinge wat hy nodig het om sy werk te\ndoen. Ons begeer dikwels dat die Here my van \u0149 situasie sal onttrek of my\nomstandighede sal verander.&nbsp; Dit is dan juis vir daardie dinge wat ons sal\nvra? <\/p>\n\n\n\n<p>Met sy keuse vra Salomo dat hy aan die Here\ngehoorsaam wil wees. Daarmee sal hy oor die volk regeer wat God uitgekies het.&nbsp;\nHy werk waar die Here hom plaas.&nbsp; Hy tree doelgerig op en dui noukeurig\naan presies wat hy nodig het.&nbsp; Sy keuse is gerig op diens aan die Here.\nDan word hy beloon met veel meer as wat hy ooit kon dink.&nbsp; Hy ontvang ook\nwysheid, insig en rykdom in oorvloed soos niemand voor hom gehad het nie of na\nhom sal h\u00ea nie.&nbsp; Salomo se insig in regsake word later oral bekend. <\/p>\n\n\n\n<p>Met sy hele lewe is Christus aan God\ngehoorsaam. Hy openbaar sy insig wanneer Hy die vrae van wetgeleerdes wat Hom\nwil verkleineer beantwoord en hul valsheid en selfsugtigheid ontbloot.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Vra vir God om vir jou die dinge te gee wat jy\nin jou dienswerk in sy Koninkryk nodig het<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mk\n12:13-17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nleer my om die plekke waar U my wil gebruik raak te sien.&nbsp; Help my om aan\nU gehoorsaam te wees. Dankie dat U die w\u00eareld deur U Seun se wysheid en insig\nverander. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: 1 Kon 3: 2-15\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v5,9 In Spreuke het ons geleer dat wysheid begin met die dien van die Here. Baie van daardie Spreuke is deur Salomo opgeteken en is vandag nog steeds van onskatbare waarde. Hierna gaan ons verder lees van die koningskap van Salomo en die toepassing van wysheid wanneer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1048"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1048"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1048\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1049,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1048\/revisions\/1049"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1048"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1048"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1048"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}