{"id":1046,"date":"2020-08-03T08:00:49","date_gmt":"2020-08-03T06:00:49","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1046"},"modified":"2020-08-03T08:00:49","modified_gmt":"2020-08-03T06:00:49","slug":"dagstuk-03-augustus-2020-dien-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1046","title":{"rendered":"Dagstuk 03 Augustus 2020 \u2013  Dien die Here"},"content":{"rendered":"<p>Dagstukkies 03 \u2013 07 Augustus 2020<\/p>\n\n\n\n<p>In Spreuke kry ons kry wyse raad vir ons huwelik,\nwerksituasie, opvoeding, humeur, skinder, eerlikheid en ander.&nbsp; Hiermee\ndie laaste dagstuk in hierdie reeks.&nbsp; Hierna gaan ons verder lees van die\nkoningskap van Salomo en die toepassing van wysheid wanneer ons\nlewensvraagstukke hanteer.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dagstuk 03 Augustus 2020 \u2013  Dien die Here<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte: Spreuke 31:\n1-31&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\nTeks wat tref: v1,30<\/p>\n\n\n\n<p>Aan die einde van \u0149 reeks dagstukkies uit Spreuke sou mens\nwonder wat \u0149 treffende en toepaslike slot sou wees.&nbsp; Dalk \u0149 enkele vers of\nSpreuk wat ek elke dag kan saamneem. Iets van besondere betekenis vir \u0149\nsituasie waarin ek my dalk bevind.&nbsp; Of \u0149 Spreuk met \u0149 boodskap van hoop.\nOns gaan na die woorde van koning Lemuel luister. Hy het die voorskrifte van sy\nmoeder ontvang. (v1) <\/p>\n\n\n\n<p>Hy is \u0149 redelike onbekende koning. Sy naam kom slegs 2 keer\nin die Bybel voor en beteken &#8211;&nbsp; \u201cvir God\u201d.&nbsp; Hy vat talle van die\nvoorafgaande Spreuke vanaf vers 10 pragtig saam.&nbsp; Spreuke 31 het \u0149 paar\ntoepassings moontlikhede. Dit beskryf die deugde van \u0149 knap vrou. Beeldskoon,\npragtig, statig en skatryk. Elkeen sal graag so lewensmaat wil h\u00ea. Die ideale\ndroomvrou. Troumateriaal s\u00ea ek jou.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar tog gaan dit hier oor meer as dit. Daar bestaan \u0149 noue\nband tussen Lemuel en sy Moeder.&nbsp; Vanaf vers 10-31 word in die\noorspronklike taal die 22 letters van die Hebreeuse alfabet gebruik. Dit\nbeteken dat die skrywer poog om \u0149 volledige lys te gee. Met die beskrywing van\ndie ideale vrou se karaktereienskappe is dit duidelik dat sy die koppe laat\ndraai met haar skoonheid. Sy kan feitlik enige iets doen en is invloedryk. <\/p>\n\n\n\n<p>Daar is \u0149 ander bedoeling. Elke mens is te uniek geskape dat\ndaar \u0149 paar stereotipes moet wees. Dit is logies dat ons&nbsp; nie \u0149 soort\nuniversele beeld mag skep nie. Nie elke vrou is soos die vrou in Spreuke 31\nnie. Daar word dikwels in Spreuke na \u201cWysheid\u201d as \u0149 vrou verwys.&nbsp; Die\ninhoud van Spreuke leer ons van \u0149 doelgerigte lewe waarmee ons God eer.&nbsp;\nWysheid word met \u0149 vrou gepersonifiseer.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Spreuke leer mans en vroue oor \u0149 lewe wat God verheerlik.\nDaarom moet ons almal die karaktertrekke van Spreuke 31 vertoon:<\/p>\n\n\n\n<p>V10 \u2013 Ons is KOSBAAR in die Here se o\u00eb. Baie meer as\nedelstene. So kosbaar dat Jesus Christus met sy lewe vir my betaal het. <\/p>\n\n\n\n<p>V11,12 \u2013 Ons moet BETROUBAAR wees. \u2013 Ander mense moet op my\nkan steun.<\/p>\n\n\n\n<p>V13&nbsp; &#8211; Wees HARDWERKEND &#8211; verwerk produkte en bring kos\nin deur vroeg op te staan. <\/p>\n\n\n\n<p>Dan word die belangrikste eienskap in vers 30 genoem. Daar\nis baie dinge wat ophou bestaan en uiteindelik tot niet gaan. Die vrou wat die\nHere DIEN, moet geprys word.&nbsp; Van alles wat ons doen is my verhouding met\ndie Here die belangrikste. Lees weer Spreuke 1:7: \u201c Kennis begin met die dien\nvan die Here.\u201d Spreuke eindig met die duidelike opdrag om die Here te\ndien.&nbsp; Henry Mathew het ges\u00ea: \u201cGebruik hierdie Bybelboek as \u0149 spie\u00ebl\nwaarin jy jou verhouding met die Here meet.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus Christus het ons met God versoen sodat ek aan God se\nopdragte kan voldoen.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dien die Here met jou hele lewe!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Openb 21:9-27<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie vir U oneindige liefde. Dankie dat die Heilige\nGees my leer hoe om elke dag te lewe.&nbsp; Rig my woorde, dade en gedagtes op\nons Here Jesus Christus om my te lei en te bewaar. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dagstukkies 03 \u2013 07 Augustus 2020 In Spreuke kry ons kry wyse raad vir ons huwelik, werksituasie, opvoeding, humeur, skinder, eerlikheid en ander.&nbsp; Hiermee die laaste dagstuk in hierdie reeks.&nbsp; Hierna gaan ons verder lees van die koningskap van Salomo en die toepassing van wysheid wanneer ons lewensvraagstukke hanteer.&nbsp; Dagstuk 03 Augustus 2020 \u2013 Dien [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1046"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1046"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1046\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1047,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1046\/revisions\/1047"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1046"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1046"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1046"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}