{"id":1036,"date":"2020-07-29T06:35:00","date_gmt":"2020-07-29T04:35:00","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1036"},"modified":"2020-07-29T06:35:00","modified_gmt":"2020-07-29T04:35:00","slug":"dagstuk-29-julie-2020-opgewonde-vir-god-met-jou-werk-en-woorde-deel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=1036","title":{"rendered":"Dagstuk 29 Julie 2020 \u2013 Opgewonde vir God met jou werk en woorde!! (Deel 1)"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Spreuke 10:1-32\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v1,2

Sommer met die eerste vers word ons gedwing om twee leefstyle op te weeg – Wyse optrede maak bly en dwase optrede maak hartseer. Dan tref nog \u0149 vergelyking ons. \u201cGoed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God red \u0149 mens van die dood.\u201d\u00a0 Die wysheid wat in Spreuke 10 geleer word wil egter veel meer as dit aanspreek.\u00a0 Ons leer hier meer oor dinge wat my hele dag in beslag neem en let op die woorde wat ek gebruik.\u00a0

Jou werk en woorde beslaan die grootste deel van jou dag. Gemiddeld werk jy dalk \u0149 agtuur skof. Voor Covid 19 het jy moontlik twee ure werk toe en terug in die motor spandeer. Nou is jy van vroegoggend tot laataand voor die rekenaar met vergaderings besig en intussen doen jy skoolwerk of help met die versorging van \u0149 geliefde. Jou dag het net te min ure.

Boonop is die woorde wat ons dan nog gebruik bitsig en vol frustrasie oor die swak regering, korrupsie en sinnelose geweld wat daagliks toeneem. Dit is dan geen wonder dat daar meer as een hoofstuk hieroor in die Bybel geskryf word nie.\u00a0 Dit is maklik om mooi edel verse oor werksetiek voor te hou: – die luiaard sal honger gaan slaap. Die een wat nie sy hande uit sy moue steek nie word arm (v2) en as jy nie die oes insamel nie verdien dit veragting (v5).\u00a0 Met \u0149 paar sedelessies oor jou woorde en woordkeuse kan ons maklik volstaan: – Agter mooi woorde steek daar geweld (v11) en skinderstories en huigelary bring haat (v18).

Jou werk en woorde kan so erg wees dat dit kan doodmaak.\u00a0 Werk en woorde kan ons vreugde steel.\u00a0 Dit maak ons moeg, sat en teleurgesteld. God wil ons in Spreuke 10 leer dat ek wel opgewonde in my werk en met my woorde kan wees.\u00a0 Dit is nie iets wat ek kan doen nie. Anders sou dit maklik gewees het om almal in \u0149 gelukkige werk aan te stel en om almal te leer om \u0149 wag voor hul mond te plaas.

En dit is waarom Spreuke so waardevol en kosbaar is.

Oor God wat jou geskape het\u00a0 – jy is SPESIAAL
Oor Christus wat vir jou gesterf het \u2013 Jy is KOSBAAR
Oor die Heilige Gees wat jou OPPAS \u2013 Jy is Jesus se broer en suster.

Kom ons begin weer by vers 1.\u00a0 Daar is twee moontlike paaie of leefwyses.\u00a0 Op watter pad is jy? Lewe jy volgens God se wil? (v2) Luister saam na al God se beloftes:
V3 –\u00a0 Leef opgewonde want die Here sal jou nie honger laat ly nie
V6 –\u00a0 Leef opgewonde want die Here sal jou se\u00ebn. Letterlik –\u00a0 God sal dit wat jy nodig het op jou kop sit.
V11 – Leef opgewonde want jou woorde bring lewe\u00a0
V27 –\u00a0 Leef opgewonde want God verleng jou dae. Ek kan hiervan seker wees want Christus het die dood oorwin.

Ons lees more verder wat dit in praktyk beteken om met jou woorde en in jou werk opgewonde te wees.\u00a0

Dors vir meer:
Jak 3

Gebed
Here, laat die oordenkinge van my hart en die woorde van my mond U welbehaaglik wees.\u00a0 Plaas \u0149 wag voor my mond sodat ek eers sal dink en dan sal praat. Dankie dat Jesus Christus my woorde suiwer wanneer ek tot U in gebed nader. Amen

Ds Petrus van Blerk
0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Spreuke 10:1-32\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v1,2 Sommer met die eerste vers word ons gedwing om twee leefstyle op te weeg – Wyse optrede maak bly en dwase optrede maak hartseer. Dan tref nog \u0149 vergelyking ons. \u201cGoed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1036"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1036"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1036\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1037,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1036\/revisions\/1037"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1036"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1036"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1036"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}